肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste beraad van sy soort aangebied deur die US se Sentrum vir Inligtingsintegriteit in Afrika
Outeur: Daniel Roodt
Gepubliseer: 30/07/2025

Die eerste beraad van sy soort oor inligtingsintegriteit, met aanbiedings deur vooraanstaande navorsers, beleidsaktiviste, rolspelers in die bedryf en mediapraktisyns, is vandeesweek deur die Sentrum vir Inligtingsintegriteit in Afrika (CINIA) aangebied om die dwingende vraagstukke waarvoor die integriteit van die inligtingsekostelsel tans te staan kom, aan te pak.

Die beraad was die eerste groot geleentheid wat deur die onlangs gevestigde Sentrum, in die Universiteit Stellenbosch se Departement Joernalistiek, gere?l is. Die CINIA is ? medewerkende navorsingsentrum aan die voorpunt van die stryd teen die proliferasie van waninligting en skadelike inhoud op digitale platforms.

Die beraad is van 23 tot 24 Julie by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied. Daar was meer as 40 deelnemers en die beraad het feitekontroleerders, joernaliste, beleidsvoorstanders en ander kernfigure in die bedryf byeen gebring. Verteenwoordigers van organisasies soos Meta, die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Media Monitoring Africa, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, en die Departement van Kommunikasies en Digitale Tegnologie? was teenwoordig.

Die direkteur van die CINIA en voorsitter van die Departement Joernalistiek, prof Herman Wasserman, het die behoefte aan ? beraad van hierdie aard beklemtoon en gesê: “Die CINIA wil help om bedreigings vir inligtingsintegriteit teen te werk deur innoverende navorsing, interdissiplinêre samewerking en openbare betrokkenheid. Ons wil dit doen deur met ? groot verskeidenheid belanghebbendes saam te werk om kragte saam te snoer om demokratiese waardes en samelewingsvertroue regoor die vasteland te beveilig."

Drie vrae is gestel om die paneelbesprekings tydens die beraad te rig: die huidige navorsing wat gedoen word; die gapings in die bestaande navorsing; en die uitken van geleenthede vir moontlike samewerking.

Die eerste dag van die beraad het begin met ? inleidende sessie deur die lede van die CINIA, wat ? oorsig van die Sentrum se werk gelewer het. Dit is gevolg deur besprekings oor kubersekuriteit, kunsmatige intelligensie en die hantering van inligtingsintegriteit binne ? internasionale regulatoriese en politieke konteks.

Die besprekings op die tweede dag het gehandel oor digitale geletterdheid, teenmaatre?ls teen misleidende inligting, ondersoekende joernalistiek en aanlyn haat- en gendergebaseerde geweld.

? Nuwe boek onder redaksie van prof Sahana Udupa van die Ludwig Maximilian Universiteit van München en prof Wasserman, getiteld WhatsApp in the World, is ook aan die einde van die tweede dag bekend gestel. Die boek bevat veldgebaseerde en multidissiplinêre navorsing wat uitlig hoe kerneienskappe van die platform die versterking van disinformasie en vrye spraak moontlik gemaak het.

Prof Udupa het gesê: “Ons boek bied ? globale aansig van hierdie uiters belangrike kommunikasievorm. Deur verskillende globale gevallestudies begryp ons dat die ge?nkripteerde stuur van boodskappe vol teenstrydighede is en dat ? gegronde perspektief ons sal help om te sien hoe om uiterste spraak op die platform te hanteer." ?

  • Foto: Van die afgevaardigdes by die beraad, van links na regs: prof Herman Wasserman (Direkteur van CINIA), me Yossabel Chetty (Navorser CINIA), prof Priscilla Boshoff (Rhodes Universiteit), dr Tigist Hussen (Feministiese Internetnavorsingsnetwerk) en prof Sahana Udupa (Ludwig-Maximilians Universiteit).