?
AvOL-konferensie 2025: Voorlegging van opsommings en registrasie nou OOP!
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Leer- en Onderrigverryking sal op
3 en 4 November 2025 by die Protea Hotel Stellenbosch en die Konferensiesentrum
in Technopark as gasheer optree vir die 18de jaarlikse Akademieskap van Onderrig
en Leer (AvOL) konferensie.
Die US bied die AvOL-konferensie aan as ? ruimte waar personeel hulle navorsing
en besinning oor onderrig-leer-assesseringspraktyke (OLA-) ten toon kan stel en deel.
Ons doen ? beroep op US-personeel om vir die konferensie te registreer en opsommings
vir mondelinge en plakkaataanbiedings vir die 2025 konferensie in te dien.
Vanjaar se tema is “Taal en akademiese geletterdhede in onderrig-leer-assessering: Konsepte en praktyke”.
Hoewel dit die fokus van die konferensie is, is aanbiedings oor ander OLA-verwante onderwerpe, soos gewoonlik, ook welkom. Lees hier meer oor vanjaar se tema.
Vanjaar se tema bied ? geleentheid om die komplekse verbande tussen OLA, wetenskaplike kommunikasie, akademiese geletterdhede, epistemologiese toegang en kurrikulum te verken. Die konferensie sal aan afgevaardigdes ? platform bied om hierdie elemente deur middel van paneelbesprekings, kleingroepinteraksies en aanbiedings te verken.
Besoek die AvOL-konferensiewebwerf vir meer inligting: https://www0.sun.ac.za/sotl/2025/af/
Klik hier om vir die konferensie te registreer.
Klik hier vir inligting oor die voorlê van opsommings vir die konferensie.
Ons sien daarna uit om jou op 3 November 2025 by die konferensie te verwelkom!
Navrae:??sotl@sun.ac.za