肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-koor verower goud by internasionale koorkompetisie
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Wayne Muller]
Gepubliseer: 07/07/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) Koor het sy status as een van die wêreld se voorste amateurkore bevestig nadat hy Sondag (6 Julie 2025) drie goue medaljes by die Interkultur Europese Koorspele en Grand Prix of Nations 2025-kompetisie in Aarhus, Denemarke, verower het.

Altesame 132 kore uit 33 lande het in verskeie kategorie? in die internasionale koorkompetisie, wat van 28 Junie tot 6 Julie gehou is, meegeding. Terwyl slegs Europese kore aan die Europese Koorspele deelgeneem het, het kore van regoor die wêreld aan die Grand Prix of Nations-afdeling deelgeneem. Die US-koor is genooi om aan die Grand Prix of Nations deel te neem en was die enigste koor wat Suid-Afrika en die vasteland van Afrika verteenwoordig het.

Die koor het in drie kategorie? meegeding, naamlik "Volwasse Kore", "Jazz, Pop, Show" en "Musica Sacra a Cappella". Hulle is in al drie kategorie? met 'n goue medalje (topvlak) met punte bo 95% bekroon.

Die US Koor het in die kategorie "Volwasse Kore" 'n punt van 96,56% – die tweede hoogste punt – behaal en is slegs deur 'n Noorse koor geklop wat 97% gekry het.

In die kategorie "Jazz, Pop, Show" het die US Koor ook 'n tweede plek behaal met 'n punt van 95,69%, met 'n Deense koor wat hierdie kategorie met 96,06% verower het.

In die kategorie "Musica Sacra a Cappella" het die koor 'n punt van 95,31% behaal en is derde in hierdie kategorie geplaas, met 'n Nieu-Seelandse koor in die tweede plek met 96,25% en 'n Deense koor wat die kategorie met 98,31% gewen het. ?

 


André van der Merwe, wat sedert 2003 die dirigent van die US-koor is, sê: "Ek is so trots op my studente, want dit was 'n lang reis. Hulle sing in die koor vir die liefde vir sang. En ons punte van meer as 95% in al drie kategorie? is 'n ongelooflike kompliment op internasionale vlak. Ek is 'n uiters trotse koorleier."

Koorkomiteevoorsitter Talyah Greyling, 'n meestersgraadstudent in aktuari?le wetenskap aan die US, sê hierdie toer na Denemarke was 'n verrykende ervaring vir die koorlede wat van regoor Suid-Afrika kom, verskillende tale praat en uit uiteenlopende agtergronde kom.

"Ons slagspreuk is ''n familie van stemme', en gedurende hierdie kompetisieweek het ons die geleentheid gehad om saam te woon, saam te eet, saam avonture te beleef en saam 'n hele nuwe land en kultuur te leer ken," sê Greyling.

SUPOPFinalComp-6 (1).jpg

Koorlid Lambert Tuyishime, 'n MBChB-student aan die US, voeg by: "As ek terugkyk op hoe ons hierdie week gevaar het, sal ek niks verander nie, want dit was 'n ongelooflike ervaring en 'n ongelooflike leergeleentheid."

Die US-koor was vir twaalf agtereenvolgende jare tot 2024 nommer een op die Interkultur-wêreldranglys. Daarom is hulle genooi om saam met die Akademisk Kor ?rhus by 'n spesiale vieringskonsert op te tree wat deur Interkultur aangebied is. Die US-koor het 'n dawerende staande toejuiging by hierdie optrede in die Musikhuset, die hoofkonsertlokaal in Aarhus, ontvang.

Van der Merwe sê die US-koor het 'n merkwaardige reputasie by die Interkultur-kompetisies verwerf op grond van die uitstekende uitslae en talle toekennings wat die koor oor verskeie jare ontvang het.

"Ek knyp myself nog steeds na hierdie week. Benewens ons kompetisiekategorie?, het ons 'n konsert aangebied en bande met soveel koorsangers van regoor die wêreld gesmee. Oral waar die koorlede in Aarhus geloop het, kon ek sien hoe mense met hulle omgaan. Dit is ongelooflik dat hierdie klein koor uit Suid-Afrika so bekend en geliefd regoor die wêreld is. Die koor bring werklik 'n bietjie hoop en lig in ons donker wêreld vandag," sê Van der Merwe. 

Fotos en videos: Stefan Els