?Suid-Afrika worstel al langer as twee dekades met uitdagings in die openbare administrasie, veral op die senior leierskapsvlak van direkteurs-generaal en departementshoofde. ? Onlangse rondetafelgesprek by die Presidensi?le Gastehuis in Pretoria het die kollig met hernieude dringendheid en ? duidelike verbintenis tot verandering op hierdie kwessie laat val.
Die rondetafelgesprek, wat deur die Presidensie byeengeroep is, het op die versterking van die koppelvlak tussen politiek en administrasie – ? knaende bron van spanning en wanfunksionering in die leierskorps van die openbare sektor – gefokus.
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Beleidsinnovasielaboratorium werk nou saam met die Presidensie om maniere te ondersoek waarop digitale instrumente en kunsmatige intelligensie tot vernuwing kan bydra. “Ons is dankbaar vir die voortgesette geleentheid om die intellektuele hulpbronne by die US in diens van ? beter openbare sektor te ontsluit," het prof Willem Fourie, Hoof van die Beleidsinnovasielaboratorium, gesê. Hy het die belangrikste bevindings by die laaste sessie van die rondetafelgesprek opgesom.
Die Beleidsinnovasielaboratorium, wat in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke gesetel is, het ter voorbereiding ? reeks webinare aangebied oor onderwerpe wat met hierdie geleentheid verband hou. “Die webinare het ? sterk platform gebied vir oop en eerlike besprekings oor hoe om van die belangrikste uitdagings in die openbare administrasie te identifiseer en aan te pak," het Monique Bennett van die Laboratorium en organiseerder van die webinare gesê.
Onstabiliteit ? uitdaging
Die kern van die besprekings was die konsep-bevindings van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se verslag oor hulle studie getiteld “Sintese-evaluering van staatskapasiteit".
Die RGN se evaluering skets ? ontnugterende prentjie. ? Ho? omset van senior leiers, wat dikwels deur politisering en onduidelike wetsraamwerke veroorsaak word, ondermyn kontinu?teit en verswak institusionele geheue, wat moontlik dienslewering kan ontwrig. Die gevolglike onstabiliteit word vererger deur onduidelikheid oor die rol van uitvoerende owerhede en senior administrateurs.
Inkosi Mzamo Buthelezi, Minister van Staatsdiens en Administrasie, het in sy openingsrede hierdie uitdagings erken en ? beroep vir daadwerklike stappe gedoen om die staatsdiens te professionaliseer. Adjunk-president Paul Mashatile het in sy hoofrede die noodsaak vir die vestiging van vertroue, kontinu?teit en bevoegdheid op die hoogste vlakke van staatsadministrasie benadruk.
Die rondetafelgesprek het ? aanbieding van die RGN se bevindings deur prof Narnia Bohler-Muller en adv Gary Pienaar ingesluit, wat die dringendheid van die inwerkingstelling van strukturele hervormings benadruk het. Die belangrikste aanbeveling van die verslag is die vestiging van die pos van ? Hoof van Openbare Administrasie – ? sentrale figuur om oor die loopbaanvordering, aanspreeklikheid en prestasie van DG's en departementshoofde toesig te hou en sodoende hierdie rolle teen onbehoorlike politieke inmenging te beskerm.
Prof Mashupye Maserumule, ? kenner op die gebied van regering en openbare administrasie, het hierdie bekommernisse beaam en daarop gewys dat Suid-Afrika se grondwetlike en beleidsargitektuur reeds oor die gereedskap vir ? professionele, verantwoordbare openbare administrasie beskik. Hy het egter gewaarsku dat die volgehoue gaping tussen beleidsontwerp en -implementering onstabiliteit by die koppelvlak tussen politiek en administrasie laat voortduur, wat bestuur ondanks goed bedoelde raamwerke ondermyn.
Goeie praktyke
Verskeie gevallestudies is om die ronde tafel bespreek, insluitende ? aanbieding deur die voormalige Minister van Handel en Nywerheid, prof Rob Davies, oor die stabilisering van leierskap in ontwikkelingslande. In ? ander sessie is interregeringsamewerking vir dienslewering ondersoek, wat die waarde van gedeelde doelwitte en aanspreeklikheid oor verskillende regeringsfere heen versterk.
Daar is in wegbreeksessies later in die dag op praktiese temas soos die vestiging van robuuste regulatoriese raamwerke, die versterking van leierskap- en vaardigheidsontwikkeling en die ho? personeelomset gefokus. Hierdie besprekings het die weg vir konkrete voorstelle gebaan oor hoe om werwingsprosesse te verbeter, mentorskap- en induksieprogramme uit te brei en etiese leierskapbeginsels soos ubuntu beter in staatsdiensopleiding te inkorporeer.
Van dialoog tot inwerkingstelling
Terwyl Suid-Afrika die vestiging van ? bekwame, etiese en ontwikkelingstaat nastreef, bly stabiliteit van leierskap ? belangrike bron van kommer. Die hervormings wat in die RGN-verslag voorgestel en by die rondetafelgesprek in Mei onderskraag is, verteenwoordig ? waagmoedige dog noodsaaklike verskuiwing in die regeringsargitektuur.
“Ons sien uit na die versterking van ons samewerking met staatsdepartemente en hoop om hervormings te ondersteun wat ambisieus én geaard is," het dr Itai Makone, navorser by die Beleidsinnovasielaboratorium, oor dié Laboratorium se betrokkenheid besin.
Onderskrif:
Prof Willem Fourie, Voorsitter van die US se Beleidsinnovasielaboratorium, aan die woord by die ho?vlak-geleentheid wat deur die Presidensie, ministers en direkteurs-generaal bygewoon is.