?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig..
Chloe Farinha, ? BScAgric-student in haar laaste jaar, het gedurende haar studies aan die US akademiese noukeurigheid en ge?nspireerde leierskap gekombineer. Sy is in 2024 met die Rektorstoekenning vir Uitnemendheid in Leierskap bekroon ter erkenning van haar omvattende bydraes tot die studentelewe. Farinha is van Johannesburg afkomstig en haar hoofvakke is plantpatologie en entomologie.
“Toe ek by die US begin het, het ek ? persoonlike eed afgelê om elke ruimte beter agter te laat as wat ek dit gevind het," sê sy. Daardie eed sou die kompas vir ? merkwaardige reis word – een wat in 2021 as ? mentor in die Olympus-pendelstudentegemeenskap begin het. In 2023 het sy Primaria van Olympus geword en sy is verlede jaar as die eerste Primaria van die US se nuwe voorgraadse koshuis, Khayalethu, aangewys.
Hierdie rolle illustreer Farinha se missie om meer inklusiewe en doelbewuste studenteleierskap te bevorder. “Elke leierskapservaring het my iets nuuts geleer en my liefde vir groei het my aangespoor om aan te hou leer en vir nuwe rolle aansoek te doen."
Transformasie van die verwelkomingservaring
Farinha is veral passievol oor die verbetering van die verwelkomingsperiode vir nuwe studente. As die huidige Hoofmonitor van die verwelkomingsprogram lei sy ? span wat werk om te verseker dat alle nuwelinge met waardigheid, sorg en toerekeningsvatbaarheid verwelkom word.
Die Monitors se verslag, wat tradisioneel nakoming vereis, is onder haar leierskap in ? opvoedkundige hulpmiddel omskep wat op groei en nabetragting fokus. Sy en haar span wou verder as bloot regmerk-kassies gaan om studenteleiers met terugvoer toe te rus wat hulle help om beter te dien. “Hierdie rol het my die waarde van empatie, aktiewe luister en die viering van individualiteit geleer. My fokus was nog altyd op groei en leer – nie net verantwoordbaarheid nie."
Haar betrokkenheid by die vorming van die inhoud van die verslag vir 2024 én 2025 weerspie?l haar toewyding aan stelselwye verandering en haar oortuiging dat leierskap responsief en mensgesentreerd moet wees. “Ons herhaal te dikwels tradisies sonder om opnuut te oorweeg of dit ons steeds dien. Ek wil hê leiers moet vra of dit steeds met ons waardes strook. En of dit steeds ons gemeenskap se behoeftes ondersteun."
Deur kritiese nabetragting en aanpasbare leierskap te bevorder glo Farinha dat nuwelinge gesien, ondersteun en veilig sal voel. Sy wil ook ander leiers inspireer om norme uit te daag, openlik te deel en in ander te belê. “Ontwikkeling is aansteeklik en wanneer ons diegene rondom ons ophef, skep ons gemeenskappe wat gedy," merk sy op.
Ruimtes van behoort
Hoewel sy oor ? uitgebreide leierskap-CV beskik, is Farinha net so toegewy aan die stiller, alledaagse werk van gemeenskapsbou. Sy beskou gesprek as ? kragtige instrument en neem aktief deel aan paneelbesprekings, werksessies en informele byeenkomste waar betekenisvolle dialoog kan floreer.
“Ek het met angs, twyfel en bedrie?r-sindroom gesukkel," vertel sy. “Maar ek het nog altyd probeer om gemak in ongemak te vind en ten volle teenwoordig te wees in elke ruimte wat ek beset." Daardie kwesbaarheid het haar in staat gestel om op outentieke maniere met ander te skakel en ruimtes te skep waar almal gesien en ondersteun voel.
Farinha is veral bedag op die studente wat steeds probeer om hul plek te vind. “Goeie resultate beteken min as mense agtergelaat word. Ware impak lê in die manier waarop ons diegene rondom ons koester."
Sorg en ondersteuning
Die oorsprong van haar veerkragtigheid is haar ondersteunende gesin. “My ma is my grootste inspirasie," sê Farinha. Sy is in 2023 met borskanker gediagnoseer en om te sien hoe sy daardie reis met krag en grasie aangepak het, het Farinha lesse in moed en deernis geleer wat haar leierskap ten diepste be?nvloed het. “Sy is nou in remissie, en ek het deur haar geleer hoe ware dapperheid lyk."
Mentors en vriende het ook ? belangrike rol gespeel. Zandile Gando, ? goeie vriend en mentor uit haar kinderjare, het aanvanklik haar belangstelling geprikkel om ? verskil te maak. Sy het op die kampus ? tweede familie gevind, bestaande uit mede-leiers en personeellede wie se leiding steeds haar groei rig.
Selfs wanneer die werk moeilik raak, word Farinha deur doelgerigtheid geanker. “Ek gee diep om vir my projekte en streef daarna om werk te lewer waarop ek trots kan wees," sê sy. “Verandering met impak neem tyd en hoewel dit stadig kan voel, word vordering altyd deur kollektiewe pogings versnel."
Een uitdagende aspek van leierskap is die vrees dat jou werk dalk nie ? blywende impak sal hê nie, erken Farinha. “Daarom was die ontvangs van die Rektor se Toekenning vir Uitnemendheid in Leierskap in 2024 so betekenisvol vir my. Dit was ? oomblik van bevestiging dat die saad wat ek gesaai het, wortel geskiet het."
Raad vir toekomstige spelbrekers
Farinha se raad vir studente wat hoop om ? verskil te maak? “Begin met twee vrae: Waarvoor gee ek om? Wie kan ek dien?" Sy voeg vinnig by dat leierskap nie ? titel vereis nie. “Dit begin met gesprekvoering, aksie en om konsekwent vir ander teenwoordig te wees."
Farinha help om ruimtes by die US te bou waar behoort, uitnemendheid en empatie hand aan hand gaan. “Saam maak ons Stellenbosch beter as wat ons dit gevind het. Ons behoort trots daarop te wees."
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman