肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Pierre Goussard hardloop om kinderlewens te red
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 24/06/2025

Prof Pierre Goussard sal op 5 Julie aantree vir een van die wêreld se mees uitdagende drafroetes, die Gornergrat Zermatt-marathon in Switserland. Dié roete van 45km klim meedo?nloos opwaarts deur die Switserse Alpe en eindig op ? hoogte van bykans 2 600m op Riffelberg. Die meeste hardlopers sal tevrede met hul prestasie voel as hulle hierdie uitmergelende bergmarathon voltooi. Vir Goussard is dit net nog ? stap in ? veel groter missie: om kinders se lewe te red.

As Hoof van die Eenheid Kliniese Pediatriese Pulmonologie en die Eenheid Pediatriese Intensiewe Sorg by die Tygerberg-hospitaal en die Universiteit Stellenbosch (US), beleef Goussard die uiters dringende behoefte aan gevorderde mediese toerusting eerstehands. Hy en sy span behandel elke dag van Suid-Afrika se mees kwesbare pasi?nte – babas en kinders met ingewikkelde respiratoriese toestande, tuberkulose, MIV-verwante komplikasies en lewensgevaarlike longontsteking. Talle van dié jong pasi?nte kom van regoor Suider-Afrika, aangesien die Tygerberg-hospitaal as ? verwysingsentrum vir die streek se mees komplekse gevalle dien.

Sy Departement het dringend ? Olympus-bronkoskoop nodig – ? gesofistikeerde instrument wat dokters in staat stel om die lugwe? te ondersoek van babas en kinders wat dodelik siek is. Gegewe die prys van R400 000, is die toerusting ongelukkig buite die bereik van huidige openbare gesondheidsorgtoewysings.

Aanhou en uithou

Sedert die bekendstelling van sy Given Gain-veldtog het Goussard sowat 11 000km tydens oefeninge en wedlope afgelê en self vir al die kostes verbonde aan sy deelname betaal. Hy oefen daagliks en sy lang oefensessies oor naweke sluit dikwels afstande van 50km in. Sy wedren-CV lyk soos ? wêreldwye uithouvermo?-toer: meer as 50 marathons, insluitend in Parys (vier keer), Berlyn (twee keer), Londen, Rome (drie keer) en Praag, asook ultra-marathons soos die Stoos-roete in Switserland.

“Dit was moeilik om mense aan te moedig om geld te skenk, veral met soveel ander veldtogte wat om aandag meeding," erken Goussard. Ondanks dié uitdagings het hy tot dusver R46 760 ingesamel – ongeveer 12% van sy teiken. Die organiseerders van die Stoos-wedloop in Switserland, waaraan hy twee keer deelgeneem het, het ruim ondersteuning gebied.

Transformerende impak

As hy sy doelwit behaal, sal die impak daarvan transformerend wees. Goussard se span voer jaarliks sowat 350 bronkoskopieprosedures by die Tygerberg-hospitaal uit. Daarvan hou sowat ? derde met tuberkulosegevalle in MIV-positiewe en -negatiewe pasi?nte verband, en sowat 25% met chirurgiese ingrepe. In hulpbronbeperkte omgewings waar aansteeklike siektes soos MIV en TB algemeen voorkom, bly die diagnose van toestande by kinders uitdagend.

“Dit bly moeilik om tuberkulose by kinders te diagnoseer en dit kan met ander aansteeklike siektes oorvleuel," verduidelik Goussard. Die inaseming van vreemde voorwerpe is nog ? kritieke area omdat hierdie gevalle dikwels in ? laat stadium en met ho? komplikasiekoerse aangemeld word, wat die bestuur daarvan sonder behoorlike toerusting uiters moeilik maak.

? Nuwe bronkoskoop sal gevorderde tegnieke soos endobrongiale ultraklank (Ebus), radiale Ebus en krioterapie moontlik maak, wat diagnostiese én terapeutiese vermo?ns drasties sal verbeter. Benewens onmiddellike pasi?ntsorg, sal die toerusting die behoefte aan verwysings na ho?sorgsale verminder, gesondheidsorgkoste verlaag en opleidingsprogramme vir junior personeel en dokters van regoor Afrika versterk.

Hierdie opvoedkundige aspek lê Goussard veral na aan die hart. “Ons onderrig baie Suid-Afrikaanse dokters, asook dié van ander Afrika-lande, wat dan hul gemeenskappe kan bystaan wanneer hulle terug huis toe gaan," merk hy op.

As Voorsitter van die Tygerberg-hospitaal se Kindertrust verstaan Goussard dat duur mediese toerusting vir dodelike siek kinders dikwels buite standaardbegrotings val. Sy drafveldtog verteenwoordig meer as bloot atletiese prestasie; dis ? kreatiewe oplossing vir ? dringende gesondheidsorgbehoefte wat deur persoonlike vasberadenheid en gemeenskapsondersteuning momentum kry.

Goussard sal die Gornergrat Zermatt-uitdaging die tweede keer aandurf nadat hy dit voorheen in 2022 voltooi het. Maar hetsy hy teen die berg wen of verloor, duur sy groter wedloop voort. Elke kilometer wat hy hardloop, bring hom nader aan ? doelwit wat talle jong lewens kan transformeer.

Diegene wat deur Goussard se missie ge?nspireer word, kan skenkings deur middel van die Given Gain-platform maak: https://www.givengain.com/ap/pierre-goussard-raising-funds-for-stellenbosch-university-south-africa/#timeline