肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Francisca Darkoh: Deernis versinnebeeld, een bord kos op ? slag
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 13/06/2025

?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Danksy die vindingrykheid en visioenêre leierskap van ? merkwaardige student gaan Jeugdag op die US-kampus weer eens met ? sopkombuis gevier word, waar ? warm, stewige maaltyd aan studente bedien sal word.

Toe Francisca Darkoh, ? nagraadse student, haar eerste sopkombuis aangebied het, het sy net twee sakke meel gehad en ? droom om vetkoek aan sowat 20 honger studente voor te sit. Voor sy haar o? kon uitvee, het Greenpeace Foundation SA ? bakkievrag kos aan haar geskenk – van heel hoenders en vars produkte tot koeke en melkterte. “Ek het nie eens potte gehad wat groot genoeg was nie," lag sy. “So ek het ? paar geleen, ? paar vriende byeengebring en ons het dit laat gebeur."

Meer as 100 studente is middel 2024 by daardie sopkombuis by Huis Russel Botman gevoed en dit was die begin van ? groeiende beweging onder leiding van studente om die gebrek aan voedselsekerheid by die US te bestry. Darkoh staan tans aan die hoof van ? gereelde sopkombuis wat deur haar kosonderneming, FOODBYFRANNIDEE, in samewerking met die Listen, Live and Learn (LLL)-program honderde maaltye gedurende kritieke tye soos eksamens en registrasie bedien, wanneer studente dikwels nie meer geld het of nie kan bekostig om huis toe te reis nie.

Vir Darkoh, ? Mandela Rhodes-beurshouer wat aan haar MSc in fisiologiese wetenskappe werk, is dit ? liefdestaak wat waardigheid en gemeenskap bevorder. “Ek glo nie daaraan om vir mense oorskietkos of goed te gee wat ek self nie sou eet nie," sê sy. “Ek wil kos bedien wat heerlik en voedsaam is – kos wat ek vir die Rektor sou voorsit." Studente eet nie net by die sopkombuis nie; maar leer mekaar ook ken. “Ons speel musiek, ons lag, ons bou gemeenskap. Dis die kern daarvan."

Gebore uit swaarkry

Dit is nie net Darkoh se deernis wat haar laat uitstaan nie, maar ook haar buitengewone veerkragtigheid. Sy het aan die Ho?rskool Stirling in Oos-Londen gematrikuleer en kon danksy ? hokkiebeurs in 2019 aan die US begin studeer. Sy het op die US besluit toe sy Stellenbosch gedurende ? hokkietoer besoek het terwyl sy nog op skool was. “Ek hoef nie eens elders aansoek te doen nie; dis waarheen ek kom," het sy besluit nadat sy op die dorp verlief geraak het.

As ? Matie het sy haarself vinnig akademies en op sosiale gebied bewys deur biochemie en fisiologie as hoofvakke te neem en verskeie leiersrolle in die koshuis te beklee.

Maar in 2022 het Darkoh ? skokkende terugslag ervaar. Gedurende haar honneursjaar was sy vyf maande lank in die hospitaal met sepsis nadat sy bakteri?le meningitis opgedoen het. “Aanvanklik het hulle nie geweet wat my makeer nie. Ek het gereeld CrossFit gedoen en was gesond en aktief. Skielik was ek in die ho?sorg-eenheid van die Tygerberg-hospitaal met organe wat nie meer wou werk nie." Sy het dele van haar voete weens dro? gangreen verloor en ses operasies ondergaan, insluitend ? gedeeltelike voetamputasie. “Ek was amper ? jaar lank in ? rolstoel," sê sy. “Dit was angswekkend. Die pyn was intens, maar ek het soveel ondersteuning van vriende, dosente en dokters gekry. My verpleegster het selfs my gradeplegtigheid bygewoon."

Darkoh, wat tans haar meestersgraad voltooi, doen navorsing oor bloedgebaseerde diagnostiek vir sepsis. Sy bestuur ook steeds haar mobiliteit deur weeklikse afsprake met ? biokinetikus en die aanpassing van haar leefstyl om liggaamlike beperkings die hoof te bied. “Ek doen dit net stap vir stap. Letterlik."

? Missie wat uit dankbaarheid spruit

Darkoh skryf haar vasberadenheid en doelgerigtheid aan die vrygewigheid van ander toe. “Ek het nie op my eie so ver gekom nie," benadruk sy. “Ek is deur wonderlike mense gehelp wat my deur dik en dun ondersteun het. Van my ma, Ruth, wat ons alleen grootgemaak het nadat my pa ons verlaat het toe ek ses was, tot onderwysers, vriende en selfs vreemdelinge." Een van hulle is ? voormalige onderwyser, Raydene, wat haar sedert matriek ondersteun het en gehelp het met alles van ? dansrok tot beddegoed en reise.

Hierdie ervarings het ? diep gevoel van dankbaarheid ontlok, asook die ontwikkeling van ? filosofie om terug te ploeg. “Dit gaan nie daaroor om die 'hoofmeisie' te wees nie. Ek wil hê ander moet ook groei en gemeenskap bou." Sy straal wanneer sy gesels oor haar span vrywilligers wat met die sopkombuis help. “Aanvanklik het hulle net opdragte uitgevoer. Nou kom hulle met idees en kreatiewe insette na vore. Hulle word leiers."

As Primaria van Huis Russel Botman in 2024 en nou ? intern in die LLL-program, werk Darkoh ook doelgerig aan opvolging. Sy is verlig dat haar vriend Nothando Ndlovu, ? student in maatskaplike werk wat van meet af saam met haar ? storm losgekook het, die sopkombuisprojek by haar sal oorneem. “Die idee is om dit lank nadat ek weg is aan die gang te hou."

Werk vir verandering

Ofskoon haar werk wye erkennning onder studente en personeellede geniet, was dit nie maklik om dit te formaliseer nie. “Daar is soveel struikelblokke om kos aan mense te verskaf," sug Darkoh. “Veiligheids- en regskwessies beteken dat die Universiteit se amptelike strukture nie direk betrokke kan wees nie en dit maak dit moeilik."

Sy het haar eie risikomaatre?ls soos vrywaring- en toestemmingsvorms vir foto's in werking gestel, maar droom steeds daarvan om die sopkombuisprojek te institusionaliseer. “Daar is soveel mense wat wil skenk of deur vrywilligerswerk wil bydra. Ek is net dankbaar dat ons daarin geslaag het om daardie welwillendheid en positiewe energie in iets betekenisvols te kanaliseer."

Darkoh sê sy voel gese?nd oor die geleenthede wat sy by die US gekry het om ? positiewe bydrae te lewer. Dit het haar ge?nspireer om in die toekoms steeds op werk met ? sosiale impak te fokus. “My hoofinspirasie vir harde werk en om sukses te behaal is om ? beter lewe vir my gesin te skep en my ma te ondersteun. Ek wil haar lewe makliker maak, want sy verdien rus ná alles wat sy deurgemaak het. My ma sal altyd my rolmodel en held wees. Sy het nooit moed opgegee nie. Sy het so ? vergewensgesinde gees."

Raad vir ander sosiale entrepreneurs

Darkoh se raad aan studente wat ? verskil wil maak? Begin klein. “Jy hoef nie die hardste in die vertrek te raas nie. Klein aksies maak saak. En as jy nie in iemand anders se boksie pas nie, maak jou eie. Jy sal jou eie nis vind." Sy waarsku ook daarteen om vir perfekte omstandighede te wag. “Jy sal nooit gereed voel nie. Begin net. Jy sal leer deur te doen – deur foute te maak, deur die verkeerde mense te vertrou, deur te val en weer op te staan."

Op hierdie Jeugdag is Darkoh se storie ? kragtige herinnering aan wat moontlik is wanneer veerkragtigheid, deernis en Ubuntu paaie kruis. Ons eer haar nie net vir die maaltye wat sy bedien nie, maar ook vir die toekoms wat sy voorberei – een bord op ? slag.

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman