肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Reagan Johnson: Dinamiese raakvatter lei met oortuiging
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 10/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Geklee in sy maroen baadjie is Reagan Johnson ? bekende figuur by die US – hy glimlag maklik, is altyd gereed met skerp kommentaar en is bekend vir sy dryfkrag om die kampuslewe te verbeter. Johnson kom van Kuilsrivier en is ? BA Geesteswetenskappe-student met geskiedenis, politieke wetenskap en sosiologie as hoofvakke. Sy teenwoordigheid word nie net in lesingsale en debatte gevoel nie, maar ook in die gange van institusionele bestuur waar studentestemme versterking nodig het.

Johnson het van jongs af as ? leier uitgestaan. By die Ho?rskool DF Malan was hy ? baanbreker deur die eerste swart Adjunk-hoofleier te word – ? keerpunt wat die toon aangegee het vir sy verbintenis tot transformasie. “Ek was sedert laerskool aktief by studentebestuur betrokke," vertel hy. “Ek is baie passievol oor sosiale geregtigheid en die transformasie van studente-ervarings in ho?r onderwys. Ek is daartoe verbind om omgewings te skep waar studente gehoor en ondersteun word en bemagtig voel om te gedy."

Johnson het sy leierskapsreis by die US voortgesit, waar hy gedurende die 2023/'24-termyn as die Kommunikasie- en Sigbaarheidsbeampte in die Studenteraad (VSR) gedien het. In daardie rol het hy belangrike studente-uitdagings aangepak, van akademiese ondersteuning en huisvesting tot geestesgesondheid en institusionele verantwoordbaarheid. “Ek het ook gehelp om institusionele reaksies op nasionale en globale kwessies wat studente raak, te bestuur deur te verseker dat leierskap toeganklik en verantwoordbaar bly," verduidelik hy.

Empatiese transformasie van instellings

Wat Johnson van ander onderskei, is sy benadering tot leierskap wat gevorm is gedurende ? besonder moeilike tydperk. “My passie het gedurende my eerste jaar in die VSR vlamgevat, toe ek eerstehands ervaar het hoe kompleks en emosioneel veeleisend studenteleierskap kan wees," onthou hy. Hy het terselfdertyd ernstige persoonlike uitdagings by die huis met die gesondheid van sy ma én ouma ervaar. “Daardie kruispunt tussen persoonlike en openbare verantwoordelikheid het gehelp om my geloof in leierskap gegrond op empatie en aksie te rig."

Johnson het in verskeie belangrike institusionele liggame gedien, insluitend die US se Senaat, die US se Ko-kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF), die SUNKOM-advieskomitee en die Institusionele Advieskomitee oor Internasionalisering. Sy stem in hierdie ruimtes word aangevuur deur die oortuiging dat studente-ervarings die kern van die Universiteit se besluitneming moet wees.

“Ek wil ? ho?ronderwysruimte sien wat meer regverdig, deernisvol en responsief jeens studente se werklike ervarings is," sê hy. “My werk dra hiertoe by deur te verseker dat studentestemme nie net gehoor word nie, maar reaksie ontlok – of dit nou deur voorspraak in besluitnemingsruimtes of ondersteuning op grondvlak tydens krisistye is. Uiteindelik gaan dit daaroor om ? stelsel op te bou wat nie net funksioneer nie, maar wat omgee."

Fasilitering van betekenisvolle verandering

Hoewel sy institusionele betrokkenheid uitgebreid is, is dit die oomblikke van opregte menslike betrokkenheid wat die diepste by Johnson aanklank vind. “Die lonendste deel was om die werklike impak van studentgesentreerde voorspraak te sien, veral wanneer studente in staat is om hul studies voort te sit of stabiliteit te ervaar omdat iemand ingespring het om te help." Die keersy, erken hy, is die geestelike uitputting wat met sulke verantwoordelikheid gepaard gaan.

“Die uitdagendste deel was om die emosionele tol van leierskap te bestuur, veral wanneer institusionele verantwoordelikhede met persoonlike probleme en akademiese druk gepaard gaan."

Johnson het dwarsdeur sy reis krag uit sy eweknie? en gesin geput. “My eweknie? en voormalige VSR-kollegas was ? groot bron van bemoediging, veral gedurende moeilike tye. Hul verbintenis tot geregtigheid en aanspreeklikheid inspireer my steeds," sê hy. “Die belangrikste is dat my gesin, veral my ma en ouma, vir my die waarde van deursettingsvermo?, deernis en integriteit op elke lewensgebied geleer het."

Daardie deursettingsvermo? het ook sy pad buite die US gekenmerk. Johnson het aan verskeie jeugleierskapsprogramme van die Wes-Kaapse regering deelgeneem en as ? Jeugambassadeur vir Sport, Kuns en Kultuur gedien. Sy pogings is formeel erken toe hy in 2022 ? eretoekenning vir uitstaande jeugleierskap van die Premier van die Wes-Kaap ontvang het.

Johnson probeer ? gesonde balans in sy besige program handhaaf en maak tyd vir selfsorg. “Een van my gunsteling-maniere om te ontspan is om in die Coetzenburg-berge te gaan stap – ver weg van die gewoel en gewerskaf van die kampus. Dis my tyd om asem te skep en perspektief te kry. Iets wat nie baie mense van my weet nie, is dat ek van musiek en kultuur hou. Ek is mal daaroor om te sing. Ek is sedert my skooljare by kore en dramaproduksies betrokke en het selfs musiek en drama as vakke gehad. Dit is steeds deel van wie ek is – ? plek vir kreatiewe uitdrukking waar ek net myself kan wees."

Vir Johnson is die beste deel van Matie-wees hoe tradisie en verandering saambestaan. “Dis ? plek waar jy krities kan dink, vrae kan vra en tegelyk ongelooflike mense kan ontmoet wat jou inspireer. Vir my is die lekkerste deel die gesprekke wat ek voer, die projekte waarby ek betrokke is en die lug wat met ? gevoel van moontlikhede gevul is. Hier studeer jy nie net vir ? graad nie – jy leer lesse vir die lewe!"

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman