?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Hulle help deur hulle leierskap, deernis en toewyding om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele plaas die kollig op die impak en energie van ? nuwe generasie studente val wat verandering aan die Universiteit Stellenbosch (US) bewerkstellig.
In ? land waar werkloosheid onder die jeug van die hoogste ter wêreld bly en armoede steeds geleenthede beperk, werk Abigail Larsen (21) aan ? oplossing wat jongmense direk met die kern van verandering verbind. Dié derdejaar BCom-student in internasionale besigheid aan die US is die mede-ontwikkelaar van ? grensverskuiwende digitale platform wat ontwerp is om ? nuwe generasie vrywilligers, leiers en maatskaplike entrepreneurs te mobiliseer.
Larsen is die meesterbrein agter die ontwikkeling van Thallo, ? sosialemediaplatform wat vrywilligers met liefdadigheidsorganisasies verbind en ten doel het om die gaping tussen sosiaal bewuste individue en nie-regeringsorganisasies (NGO's) te oorbrug. Larsen beskryf Thallo as ? mengsel tussen Instagram en LinkedIn – dié app sal ook ? mark bied vir NGO-produkte.
Larsen, wat van KwaZulu-Natal afkomstig is, het by die US aangekom met ? hart vir mense en ? toenemende passie vir sosiale entrepreneurskap. Sy wou oorspronklik in die geneeskunde studeer, maar het besef sy kan ander mense se lewe ook op ander maniere positief be?nvloed. Larsen lei tans die sosiale impakportefeulje by die Lydia-koshuis, waar sy geleenthede vir vrywilligers, ? spenskas met noodsaaklikhede vir studente, asook ? reeks uitreikinisiatiewe geskep het. “Ons het byvoorbeeld goed soos ? DBV-veldtog, ? voedingskema en sosiale impakdae by plaaslike skole gedoen. Dit was so ? vreugde en ? voorreg," sê sy.
Passievolle vrywilliger
Larsen se passie vir sosiale impak spruit uit haar eie omvattende ondervinding as ? vrywilliger. Nadat sy vrywillige werk by NGO's in Indi?, Rwanda en regoor Suid-Afrika gedoen het, het sy ? groeiende frustrasie onder jongmense bemerk wat wou bydra, maar nie geweet het waar om te begin nie. “Daar is ? gaping tussen mense wat ? verskil in die wêreld wil maak en organisasies wat vaardige vrywilligers nodig het," merk sy op.
Die idee vir Thallo, genoem na die Griekse woord vir groei, het gestalte gekry toe sy vir ? wêreldwye sosiale entrepreneurskapkompetisie, die Hult-prysuitdaging, ingeskryf het waartydens deelnemers ? sakeonderneming moes opbou wat een van die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling aanspreek.
Larsen en haar ontwikkelingspan het onlangs hulle konsep vir Thallo in Johannesburg as deel van die nasionale rondte van die Hult-prysuitdaging aangebied en hulle wag nou om te hoor of hulle projek gefinansier gaan word.
Volgens Larsen sal die app ook jongmense in staat stel om hulle eie gemeenskapsgedrewe oplossings te inisieer, wat aan hulle ? gesentraliseerde platform sal bied om hulle pogings te bevorder en te ko?rdineer. Sy het gesien hoeveel plaaslike inisiatiewe, byvoorbeeld ? Stellenbosch-fondsinsameling vir kinderskoene, dikwels informeel deur WhatsApp-statusse en mondelings georganiseer word.
Bevordering van gesondheidsinisiatiewe
Larsen glo Thallo sal dit vir mense makliker maak om betrokke te raak deur ? toegewyde ruimte te bied waar vrywilligersgeleenthede sigbaar is en nagespeur kan word. “Dit beskik nie net oor die potensiaal om Suid-Afrika transformeer nie, maar ook om ons generasie vir werklike, volhoubare impak te mobiliseer. Of jy nou mensehandel wil beveg, vrywillig by ? diereskuiling wil werk, of opheffingsprogramme vir vroue se wil ondersteun, bied die app pasgemaakte strategie? vir aksie. Mense wil deel wees van iets groter as hulleself," voeg Larsen by. “Hulle wil weet hulle lewe het ? invloed op iemand anders s?."
Individue én organisasies sal profiele op Thallo kan skep, wat dit maklik maak om sake te ontdek wat met gebruikers se passies en ligging ooreenstem. “Ons het besef sommige liefdadigheidsorganisasies sukkel met bewusmaking. Hierdie is ? platform waar jy jou ligging kan aandui en dan kan sien waar die nabygele? organisasies is wat gemeenskapswerk doen."
? Belangrike innovasie is hoe Thallo die impak van sy gebruikers erken en bekragtig. “Geestesgesondheid is een van ons generasie se grootste uitdagings," merk Larsen op. “Daar is statisties bewys dat om ander te help of iemand te dien, die beste manier is om uit ? dal van depressie te kom."
Om betrokkenheid aan te moedig, omskep Thallo die ervaring in ? speletjie. Gebruikers verdien kentekens en kan ? digitale CV van hulle vrywilligerswerk saamstel. Thallo se beta-weergawe sal einde vanjaar bekend gestel word, en Stellenbosch sal die aanvanklike toetsterrein wees danksy sterk verhoudings met die Universiteit se Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT). “Hulle is baie opgewonde," sê Larsen. “Hopelik sal alles teen die begin van aanstaande jaar in plek wees."
Gebou op geloof, aangespoor deur aksie
Ofskoon Thallo van ho?vlak-tegnologie gebruik maak, is die wortels diep persoonlik. Larsen se geloof in die krag van diens word deur haar Christelike geloof gevorm. “Alles in hierdie lewe, alles wat ek doen, is tot eer van die Here," sê sy. “Dit is nie my krag nie, dit is nie my wil nie. As die Here wil hê dit moet gebeur, sal Hy dit laat gebeur."
Daardie geloof rus haar met veerkragtigheid en perspektief toe. “Ek open met elke geleentheid wat ek kry die deur, stap binne en probeer my bes. As dit nie uitwerk nie, weet ek die Here het ? ander plan."
Larsen huiwer nie om erkenning te gee aan die mense wat haar ondersteun te nie. “Daar is vier van ons in die Thallo-span en my gesin én vriende is ongelooflik ondersteunend."
Sy glo haar generasie het geweldige potensiaal. “Ons is die mees sosiaal bewuste, sosiaal betrokke generasie. Hulle wil weet dat hulle nie net ? erfenis nalaat nie. Hulle wil ? nalatenskap nalaat."
Haar raad aan ander? “Doen dit net. Begin net. Kyk wat tot jou beskikking is en dink wat jy kan doen met dít wat jy in jou hande het. Dit voel dalk soos ? berg, maar al wat jy hoef te doen, is om een tree te gee en dan nog ? tree en nog een ... Voor jy jou o? uitvee, is jy letterlik halfpad op teen die berg met hierdie pragtige uitsig en kan jy jou nie eens indink hoe jy daar gekom het nie!
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman