肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Brandall Swartz: Dinamiese leier baan die weg vir ander
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 03/06/2025

JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Deur hulle leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Toe Brandall Swartz by universiteite aansoek begin doen het, het hy nie oor ? padkaart beskik nie – net oor vasberadenheid en ? rekenaar wat hy by die openbare biblioteek geleen het. Synde ? eerstegenerasie-student van Atlantis aan die Weskus, was die proses uitputtend en het dit ure se aanlyn navorsing, daaglikse oproepe na instellings en eindelose vrae geverg. Hy is tans ? tweedejaarstudent in internasionale studies aan die US en sien toe dat ander nie daardie pad alleen hoef te stap nie.

Swartz is die stigter van die UniDreams-stigting, ? organisasie sonder winsbejag wat daaraan toegewy is om matrikulante uit gemeenskappe met ? tekort aan dienste te help om by tersiêre instellings aansoek te doen. “Ek help ook met aansoeke vir beurse en verblyf," verduidelik hy. Sy doel is om ho?r onderwys meer toeganklik te maak deur die hindernisse van verwarring, isolasie en ? gebrek aan inligting waarmee soveel eerstegenerasie-studente te kampe het, uit die weg te ruim.

“Ek het as ? eerstegenerasie-student geen leiding of hulp met my aansoekproses gekry nie," vertel hy. “Ek onthou hoe uitmergelend dit was. Al my pogings het uiteindelik vrugte afgewerp, maar ek het plegtig onderneem om die proses baie makliker vir iemand anders te maak."

Een aansoek op ? slag

Die UniDreams-stigting het sedert die bekendstelling daarvan reeds talle studente deur persoonlike ondersteuning en stap-vir-stap leiding deur die aansoekdoolhof gelei. Benewens hulp met die administrasie, streef Swartz ook daarna om selfvertroue te kweek en aan studente te wys dat tersiêre opleiding ongeag hulle agtergrond moontlik is.

“As ten minste een voornemende student die aansoekproses makliker vind, veral as dit ? eerstegenerasie-student is, is dit die moeite werd," sê hy.

Swartz glo die meeste skole is reeds goed met rekenaarlaboratoriums, internettoegang en infrastruktuur toegerus om studente te ondersteun, maar kan dit weens ? gebrek aan ko?rdinering en ondersteuning nie doeltreffend gebruik nie. Hy hoop om hierdie gaping in die toekoms te oorbrug deur met tersiêre instellings saam te werk, insluitend die US se eie werwingskantoor, asook deur regstreeks met skole te werk.

“Die moeilikste deel is die groot getalle aansoekers en leerders wat om hulp vra. Dit is ? uitdaging om almal te bereik, maar dis nie onmoontlik nie. As daar ander studente of individue daar buite is wat geleenthede vir vrywillige werk soek, sal ek baie dankbaar vir die hulp wees!" merk hy met ? bre? glimlag op.

Doelgerigte diens

Swartz se toewyding tot maatskaplike opheffing strek verder as UniDreams. Hy is die Werwings- en Sosialemediabestuurder van Rotaract Stellenbosch, ? Rotari?r-geaffilieerde klub onder leiding van jongmense wat op leierskap, ontwikkeling en diens fokus. In hierdie rol verseker hy dat werwing inklusief is en met die waardes van “diens bo self" strook.

Hy is ook ? handelsmerkambassadeur vir die Suid-Afrikaanse Geloofs- en Gesinsinstituut (Saffi), ? organisasie wat ten doel het om geslagsgebaseerde geweld deur geloofsgebaseerde voorspraak te be?indig. In hierdie rol bepleit hy die bevordering van veiliger en meer inklusiewe gemeenskappe, iets wat hom na aan die hart lê.

Maar dit is die individuele suksesverhale wat hom doelgerig hou. “Die lonendste deel tot dusver was die ouers se dankbaarheid," merk hy op. “Ek kan my net hulle verligting indink nadat hulle soveel stres ervaar het om te verseker dat hulle kinders hulp met aansoeke kry, veral omdat baie van hierdie ouers nog nooit self by universiteite aansoek gedoen het nie."

Swartz skryf ? groot deel van sy inspirasie toe aan Joy Petersen, die koshuishoof van Nerina en medestigter van die US se SOAR-program vir eerstegenerasie-studente. “Haar liefde vir die ontwikkeling van eerstegenerasie-studente het my ge?nspireer en my laat besef dat hierdie organisasie ? sukses kan wees as ek my passie om ander te help koester."

Onderrig vir almal

 ? Sterk oortuiging onderskraag Swartz se werk: dat toegang tot onderwys ge?wenaar moet word deur toegang tot die toerusting en inligting wat daardie onderwys moontlik maak. “Wat is die nut van onderwys vir almal as die hulpbronne om dit te bekom nie vir almal beskikbaar is nie?" wil hy weet.

Persoonlike erkenning speel geen rol in Swartz se missie nie. “Ek doen dit nie vir myself, vir roem of erkenning nie," benadruk hy. “Iemand daar buite sal die geleentheid kry om te studeer, sal dalk selfs die eerste in hulle familie wees om dit te doen, alles te danke aan die bietjie werk wat ek nou in my organisasie insit."

Sy raad aan ander studente wat ? verskil wil maak, is eenvoudig: “As jy ? probleem identifiseer, begin by die oplossing. Dit maak nie saak hoe klein of hoe groot dit is nie, ? positiewe impak in een mens se lewe is meer as genoeg."

Swartz se eie akademiese loopbaan het dalk maar pas begin, maar die nalatenskap wat hy bou baan reeds die weg vir ander om te volg.

·  Belangstellendes kan Swartz per e-pos kontak by 28054156@sun.ac.za of UniDreams.foundation@outlook.com

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman?