Prof Juliana Claassens, 'n vooraanstaande vakkundige by die Departement Ou en Nuwe Testament van die Universiteit Stellenbosch (US), het 'n gesogte Humboldt-navorsingstoekenning van die Alexander von Humboldt-stigting ontvang ter erkenning van haar lewenslange prestasies in teologie en genderstudies.
Die Humboldt-navorsingstoekenning, wat 'n geldelike toekenning van €80 000 (ter waarde van meer as R1,6 miljoen) het, is een van Duitsland se mees gerekende internasionale navorsingstoekennings. Dit stel ontvangers in staat om langtermynnavorsingsprojekte by instellings van hulle keuse in Duitsland in samewerking met plaaslike vakkundiges te onderneem.
Die toekenning word toegeken ter erkenning van 'n navorser se algehele prestasie tot op hede en aan akademici wie se fundamentele ontdekkings, nuwe teorie? of insigte 'n beduidende impak op hulle vakgebied gehad het en wat na verwagting in die toekoms sal voortgaan om baanbrekerprestasies te lewer.
Claassens, wat aan die hoof van die Gendereenheid in die US se Fakulteit Teologie staan, s¨º sy is verheug en ge?erd om op hierdie manier erkenning vir haar toewyding aan Bybelnavorsing te kry. "My opregte dank ook aan die Fakulteit Teologie en die Afdeling Navorsingsontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch vir die volgehoue ondersteuning van my werk wat hierdie belangrike toekenning moontlik gemaak het."
Die Humboldt-navorsingstoekenning kan oor die volgende vyf jaar in korter navorsingsbesoeke aan Duitsland verdeel word. Claassens s¨º sy sal die geleentheid gebruik om haar werk saam met prof dr Christl Maier by die Philipps-universiteit in Marburg voort te sit. Haar komende projek sal op 'n kommentaar op die Bybelboek Nahum fokus, wat sy beplan om deur die lens van trauma-, geslags-, postkoloniale en queer-interpretasie te lees.
Die toekenning is 'n voortvloeisel van 'n jare lange akademiese verhouding tussen Claassens en Maier, wat voorheen Claassens se gasheer gedurende haar vorige Alexander von Humboldt-navorsingsbesoeke aan Marburg in 2019 en 2022 was. "My voortgesette samewerking met prof Maier bou voort op die werk wat ek in my onlangse kommentaar op Jona vir die Ou Testamentiese Biblioteek, sowel as in my monografie, Writing and Reading to Survive: Biblical and Contemporary Trauma Narratives in Conversation, gedoen het," verduidelik Claassens.
Haar vakkundige reis het in 1991 by die US begin, kort nadat die NG Kerk sy bediening vir vroue oopgestel het. Claassens se akademiese pad het haar van Stellenbosch na die Princeton Teologiese Kweekskool in die Verenigde State gelei, waar sy aan feministiese teologie blootgestel is en agt jaar lank gedoseer het voordat sy in 2010 na Suid-Afrika teruggekeer het. Sy het in 2014 slegs die tweede vroulike volle professor in die US se Fakulteit Teologie geword.
Die dekaan van die US se Fakulteit Teologie, prof Reggie Nel, het Claassens vir haar baanbrekerswerk geloof. "Prof Claassens se navorsingsuitnemendheid het deurgaans die grense van haar vakgebied en verder verskuif deur verskeie vakgebiede en kollegas bymekaar te bring. Sy doen dit met passie en toewyding aan geregtigheid en inklusiwiteit. In hierdie verband is die Fakulteit en die Universiteit ge?erd om haar in ons midde te h¨º. Ek is vol vertroue en opgewonde oor haar werk, ten minste oor die volgende vyf jaar en die nuwe projekte wat sy saam met haar kollegas gaan aanpak ¨C wat saak maak, is die impak wat dit nie net op die akademie sal h¨º nie, maar ook die gemeenskappe by wie sy betrokke is. Sy is 'n baken van hoop vir die rol wat vakkundigheid kan speel om die samelewing te transformeer en op 'n konkrete manier hoop te gee," s¨º Nel.
Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, het bygevoeg dat die Universiteit werklik baie trots is op Claassens se prestasie om die Humboldt-navorsingstoekenning te ontvang. "Hierdie erkenning stem met ons strewe na navorsingsuitnemendheid en impak ooreen wat die relevansie beklemtoon van wat ons vir en saam met die samelewing doen. Ons bedank die Alexander von Humboldt-stigting, wat voortgaan om wetenskaplikes en navorsers se navorsingswerk te erken en te bevorder, ongeag die vakgebied en nasionaliteit. Die US het ook by die Duitse Navorsingsleerstoel by die Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) in Suid-Afrika baat gevind. Saam vorentoe, prof Juliana Claassens!"
Claassens se bydrae l¨º nie net in die bevordering van feministiese interpretasies van heilige tekste nie, maar ook in die kweek van kruiskulturele akademiese netwerke. As hoof van die Gendereenheid by die US se Fakulteit Teologie het sy gehelp om 'n navorsingsgemeenskap te kweek wat aan die bevraagtekening van mag, die bevestiging van waardigheid en die bou van inklusiewe teologiese vakkundigheid toegewy is.
FOTO: Stefan Els