肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Katlego Letlonkane stort passie vir sosiale geregtigheid in LLD-navorsing uit
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 09/04/2025

Katlego Letlonkane is ? bekende gesig op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US). Baie personeellede ken haar as die dinamiese fasiliteerder van die Siyakhula-werksessies en ander transformasie-inisiatiewe. Sy is die Programbestuurder: Diversiteitskapasiteitsontwikkeling by Menslike Hulpbronne (MH), maar ook ? gewilde radio-aanbieder van SiyakhulaLive op MFM92.6, ? program wat op US-personeel en -studente gemik is.

Waarvan mense dalk nie bewus is nie, is dat ons kollega se titel onlangs verander het – sy is nou dr Letlonkane!

Die pas gegradueerde dokter is duidelik nie lief vir fanfare nie. Toe sy onlangs met ? LLD in handelsreg gegradueer het, was dit ? stil geleentheid. “Ek wou nie hê my doktorsgraad moes my lewe oorneem nie en het derhalwe nie gereeld daaroor gepraat nie. Ek het myself doelbewus grasie gegun sodat ek nie deur verwagtinge oorweldig sou voel nie," verduidelik Letlonkane.

Hierdie beskeie benadering weerspie?l egter nie die belang van haar navorsing nie. Letlonkane se prestasie is veral merkwaardig aangesien sy die eerste doktorale kandidaat is wat prof Thuli Madonsela, die gerespekteerde voormalige Openbare Beskermer en huidige Direkteur van die US se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid, as toesighouer gehad het. Prof Theo Broodryk, Bestuurder van die US se Regskliniek, was die mede-studieleier.

Letlonkane se proefskrif het die sosiale geregtigheidsmandaat ondersoek van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), ? uiters belangrike instelling in Suid-Afrika se arbeidslandskap, asook die rol van KVBA-kommissarisse in die aanpak van ongelykheid in die werkplek krities ontleed.

Letlonkane se navorsing maak voorspraak vir ? transformerende benadering wat die filosofie van Ubuntu integreer, die onderlinge verbondenheid van mense benadruk, en poog om KVBA-kommissarisse as aktiewe agente van sosiale geregtigheid te bemagtig.

? Passie vir sosiale geregtigheid was nog altyd ? dryfveer in haar lewe, verduidelik Letlonkane en voeg by dat haar perspektief deur haar ervaring as ? arbeidsprokureur gevorm is. “Ek het nie net aan arbeidswetgewing in die sin van re?ls en prosesse gedink nie, maar ook hoe billike werkplekke geskep word. As ons werkplekke as ? mikrokosmos van die samelewing beskou en hulle kan regkry – deur gelykheid te bevorder en die werkplekkultuur te transformeer – sal dit die fondament vir bre?r geregtigheid en sosiale verandering lê."

Trulli
Prof Thuli Madonsela was dr Katlego Letlonkane se studieleier. Foto deur: Stefan Els.
?

Hoe maatskappye en organisasies hulle personeel behandel, kan rimpeleffekte in die bre?r samelewing hê, sê sy. “As mense billik betaal word en werkplekkulture werklik billikheid en inklusiwiteit omarm, sal waardes soos regverdigheid, billikheid en geregtigheid wat ons gedurende ons werksure beoefen, natuurlikerwys na ons huise en gemeenskappe oorgedra word."

Anders as die meer wettiese arbeidshowe, bied die KVBA ? platform vir bemiddeling en versoening wat werkers en werkgewers byeen bring om geskille op te los. Letlonkane voer aan dat die KVBA ? unieke mag het om billikheid en gelykheid in die werkplek te bevorder. “Die KVBA kan kwessies op voetsoolvlak aanpak en betekenisvolle verandering sodoende daar laat begin," merk sy op.

Haar LLD het die kompleksiteite van sosiale geregtigheid binne die arbeidskonteks bekyk en kwessies soos interseksionaliteit en magsdinamika ondersoek. Sy het kritiese vrae gestel oor hoe KVBA-kommissarisse regverdigheid kan verseker in situasies waar beduidende ongelykmatighede van mag en vooroordeel in arbeidsverhoudinge voorkom.

Met die ondersteuning van haar studieleiers het sy haar navorsing met ? unieke mengsel van akademiese strengheid en mensgesentreerde deernis benader, wat nuwe lewe in die konsep van gelykheid in die werkplek geblaas het. “My toesighouers was baie tegemoetkomend en het my stem gerespekteer," sê sy. “Dit verg baie grasie om die rou, ongeredigeerde dele van jou skryfwerk te sien en te help om dit in ? proefskrif te omskep."

Madonsela sê dit was ? eer om Letlonkane deur haar “merkwaardige" doktorale navorsing te lei. “Dit is ons oortuiging dat dit groter bewustheid van KVBA-kommissarisse en howe se mandaat vir maatskaplike geregtigheid sal skep en aan praktisyns die nodige hulpmiddels sal gee om ? Ubuntu-sentriese maatskaplike geregtigheidsetos in diensgeskilbeslegting as deel van die hoofstroom te vestig," merk sy op.

Dit was 'n uitdaging om haar studie met haar rol in MH te balanseer, maar Letlonkane het maniere gevind om haar akademiese werk met haar professionele verantwoordelikhede te integreer. In haar MH-rol bestuur sy die Siyakhula-diversiteitskapasiteit-ontwikkelingsprogram, wat diversiteit en insluiting bevorder. “Alles sluit mooi aan by mekaar," verduidelik Letlonkane wanneer sy die onderlinge verband tussen haar werk en studie benadruk.

Letlonkane het oor die afgelope paar jaar groot klem op selfversorging begin plaas. Joga en gim-klasse is deel van haar daaglikse roetine. “Oefening het ? manier geword om dinge letterlik uit te werk. Dit het my laat briek aandraai. Dit het my geleer dat ek net kan doen wat ek vandag kan doen. M?re kom ek terug en probeer weer."

Letlonkane voel nederig oor die voorreg wat sy gehad het om haar LLD gratis as ? US-personeellid te verwerf. “Dis iets wat ek nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek sê altyd vir kollegas: As jy by die Universiteit Stellenbosch werk, hoekom nie tyd aan ? graad aan die US bestee nie?"

Wat die nuwe titel betref, lag sy: “Ja, ek dink ek sal dalk 'Dr' op my bankkaart laat aanbring! En beslis op die bordjie op my kantoordeur. Ek het nie baie daarvan gehou om mejuffrou genoem te word nie. So, as mense my volgens my titel moet aanspreek, sal dr Letlonkane doen. So nie werk my pragtige naam, Katlego, baie goed."

FOTO: Stefan Els