?Nadat haar aanhouding op die lughawe in Zimbabwe verlede jaar haar verhoed het om die 12de jaarlikse Frederick Van Zyl Slabbert-gedenklesing te lewer, kon die demokrasie-aktivis Namatai Kwekweza verlede week haar gedagtes oor 30 jaar van demokrasie deel as die eerste spreker in die FVZS-gespreksreeks.
Die demokrasie-aktivis en wenner van die wenner van die 2023 Kofi Annan NextGen-demokrasieprys het verduidelik hoe Afrika-jeug burgerleierskap deur konstitusionalisme kan demonstreer. Op grond van haar ondervindings – insluitende die onlangse 35 dae wat sy in die tronk deurgebring het vir beweerde wanordelike gedrag tydens 'n vroe?re betoging buite die hof – het sy gevra vir meer gesprekke oor die "grondwetlike belofte". Die werk eindig nie met die grondwet nie, het sy gesê. "Die werklikheid is dat die verlede verby is, die verlede is weg. En ons is nou hier. Wat doen ons as jong Suid-Afrikaners om tot die verwesenliking van die grondwetlike belofte by te dra?"
Sy het bygevoeg dat diegene wat aan bewind wil kom, die grondwet sal gebruik om hul mag te verwesenlik, eerder as om hulleself tot verantwoording te roep. Maar sy het die jeug daaraan herinner dat hulle hierdie krag kan te?werk. "Ons het ons liggame, ons het ons verstand, ons het ons stemme en ons het die gees van ons stryd." Selfs al is jy in die tronk opgesluit, laat die gees van die stryd ons toe om op te daag, het sy bygevoeg.
"Grondwette is net so kragtig soos hoe goed ons dit ken, en hoe ons dit glo, en (deur) wat ons doen om te verseker dat dit gelewer word." Omgekeerd het Kwekweza gesê sonder geloof in die grondwet word dit tot 'n stuk papier sonder impak gereduseer. Sy het die jeug aangemoedig om te help om "'n grondwetlike toekoms te skilder" deur hulle stemme te gebruik en hulle boodskap te deel om 'n verskil te maak. "Ons het nie toestemming nodig om te organiseer nie, en ons het nie toestemming nodig om op te tree nie."
Dr Heidi October, hoof van die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling en Adjunkdirekteur: Sentrum vir Studentelewe en -leer) het in haar slotopmerkings na Kwekweza se aangrypende aanhaling verwys wat sê: "Ons moet altyd van die koste van die stryd om demokrasie bewus wees, en afhangende van watter deel van die wêreld jy aan behoort en waar jy woon, mag die koste selfs ho?r wees."