肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US verwelkom nuwe kampvegter vir kampusgesondheid
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 18/02/2025

Die Universiteit Stellenbosch (US) het in Februarie ? nuwe era vir Kampusgesondheidsdiens (KGD) betree toe dr Pierre Viviers deur dr Kathy Grammer as Senior Direkteur opgevolg is. Grammer, ? gesoute openbare gesondheidswerker met meer as drie dekades se ervaring, beskou hierdie rol as ? eer én ? uitdaging.

“Dr Viviers se nalatenskap, veral op die gebied van sportgeneeskunde, is ongelooflik," sê sy. “Hy het die kampuskliniek 22 jaar gelede met net twee mense begin. Gesondheidstelsels groei altyd en ek beskou my aanstelling as ? geleentheid om op daardie fondament voort te bou."?

? Loopbaan gegrond op maatskaplike geregtigheid

Grammer se reis in openbare gesondheid het gedurende Suid-Afrika se oorgang na demokrasie begin. Toe sy in die vroe? 1990's ? mediese intern by die Livingstone-hospitaal was, het sy die skreiende ongelykhede in gesondheidsorg gedurende die apartheidsera aanskou. “Dit het my denke gevorm," onthou sy. “Die aanskoue van gefragmenteerde gesondheidstelsels en mense wat sukkel om toegang tor sorg te bekom het ? sterk gevoel van maatskaplike geregtigheid in my ontketen."

Nadat sy haar MBChB aan die Universiteit van Kaapstad (UK) verwerf het, het sy sewe jaar lank multidissiplinêre primêre sorgklinieke vir die klerebedryf se gesondheidsorgfonds bestuur, wat fyn voetwerk tussen haar kliniese pligte en navorsing oor tabakbeheerbeleide in fabrieke geverg het. Sy was later sowat sewe jaar lank hoof van die Valsbaai-hospitaal, waar sy haar vaardighede in gesondheidstrategie en -dienslewering geslyp het. Sy het ? nagraadse kwalifikasie in gesondheidstelsels en ? MPhil in ontwikkelingsbeleid en -praktyk verwerf.

As die langsdienende direkteur van die Wes-Kaapse regering se Gesondheid- en Distrikgesondheidsdienste het sy toesig oor ? netwerk van hospitale en klinieke gehou en vennootskappe met die akademiese wêreld, nieregeringorganisasies, gemeenskapsleiers en die private sektor bevorder. Hoogtepunte van haar loopbaan sluit die bekendstelling van antiretrovirale dienste gedurende  ? era van vigs-ontkenning, die uitbreiding van toegang tot omvattende gesondheidsorg in hospitale en primêre gesondheidsentrums, asook die ingebruikneming van die Du Noon- en Distrik Ses- Primêre Gesondheidsentrums in. Gedurende die 肆客足球-pandemie het sy ook die UK se Community of Hope-inentingsentrum help ontwerp.

? Oorlewende se perspektief op gesondheid

Grammer se professionele prestasies is met haar persoonlike ervarings verweef. Sy het kanker oorleef en het in 2024 ? dekade van remissie gevier. Haar diagnose was ? wekroep, vertel sy. “As gesondheidswerkers verwaarloos ons dikwels ons eie sorg. Maar wanneer jy jou gesondheid verloor, is dit moeilik om dit terug te kry. Jy moet doelbewuste besluite neem wanneer jy ? tweede kans kry."

Hierdie ervaring het tot haar verbondenheid tot voorkomende gesondheid gelei. “Sifting en vroe? opsporing – hetsy vir MIV, TB, diabetes, ho? bloeddruk of kanker – is van kardinale belang vir personeel- en studentewelstand. Geestesgesondheid is net so belangrik soos liggaamlike gesondheid en geestessorg moet gedestigmatiseer word om mense te help om die lewe se kompleksiteite te hanteer."

Grammer glo daarin om ? kultuur van welstand te bevorder eerder as om net siektes te behandel. “Gesondheid is tot voordeel van die publiek en almal vind by die prioritisering van welstand baat."

Hoewel sy in Kaapstad woon, bly sy gedurende die week op Stellenbosch sodat sy nie te veel hoef te pendel nie. “Ek het nou ? dubbele lewe. Oor naweke bring ek tyd by die huis naby die berg deur." Haar man, ? ingenieur, werk as ? projekbestuurder in IKT-dienste by die UK en haar dogter is BSc-student in haar eerste jaar.

Grammer glo sosiale bande is belangrik vir gesondheid en welstand en verhoog langlewendheid. “In ? toenemend eensame wêreld moet ons maniere vind om kontak te maak – hetsy deur gesins-, gemeenskaps- of werkplekverhoudings."

Visie vir Kampusgesondheidsdiens

Ná ? aanvanklike fase waartydens sy kollegas en belanghebbendes ontmoet het, fokus Grammer nou daarop om bestaande stelsels te verstaan, terugvoer te bekom en onvervulde behoeftes te identifiseer om ? KGD-strategie in ooreenstemming met die US se Visie 2024 te ontwikkel.

Haar benadering is holisties en fokus op die individu. “Ons kyk na die hele lewensloop – van jong volwassenes wat vroe? volwassenheid navigeer tot personeel in hulle middel- of senior jare. Ons moet ? wye reeks behoeftes aanpak: seksuele en reproduktiewe gesondheid, geestesgesondheid, nie-oordraagbare siektes soos diabetes en hipertensie en aansteeklike siektes soos TB en MIV."

Danksy klinieke op die hoofkampus en die Tygerberg-kampus spog die US se Gesondheidsdiens met ? ervare span wat kliniese verpleegkundiges, sportgeneeskunde-spesialiste, ? huisarts-praktisyn en ? beroepsgeneeskunde spesialis insluit, asook vennootskappe met die Eenheid vir Gestremdhede en die Departement Kliniese Sielkunde. “Ons is gelukkig om ? ongelooflik talentvolle en toegewyde groep klinici en ondersteuningspersoneel te hê," sê Grammer.

Die bevordering van personeel en studente se agentskap deur gesondheidsgeletterdheid, veral oor kwessies soos seksuele en reproduktiewe gesondheid, geestesgesondheid en dwelmgebruik, is ? belangrike benadering tot welstand, sê Grammer.

Sy is gretig om netwerke met eksterne gesondheidsverskaffers te versterk. “Ek het reeds ? vergadering met dr Natasha Blankenberg, bestuurder van mediese dienste by die Stellenbosch-hospitaal, gere?l. Ons sal ook voortbou op die bestaande verhouding tussen die US en die Departement van Gesondheid."

Ho?ronderwysinstellings speel ? belangrike rol in die vorming van jongmense se perspektief op gesondheid en welstand soos wat Suid-Afrika na universele gesondheidsdekking beweeg, sê Grammer. “Ek sien daarna uit om saam met veelvuldige belanghebbendes te werk en na die stemme van studente, personeel en die bre?r gemeenskap te luister."

FOTO: Stefan Els