肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wiskunde- en wetenskaponderwysers kom by die US bymekaar om gaping tussen ho?rskool en uni aan te pak
Outeur: Faculty of Science (media and communication)
Gepubliseer: 21/11/2024

?Meer as vyftig wiskunde- en fisiese wetenskap-onderwysers van Wes-Kaapse ho?rskole het vandeesweek by die Universiteit Stellenbosch (US) bymekaargekom vir die jaarlikse Wiskunde- en Wetenskap-onderwysersforum.

Die forum is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om die gaping tussen onderwysers en eerstejaarsdosente in die velde van die fundamentele wetenskappe te oorbrug.

MSTF_1.png

Mariétta van den Worm, Direkteur: Fakulteitsbestuur, sê die primêre doelwitte van die forum is om die kurrikulumkennisgaping tussen onderwysers en dosente te oorbrug; om betekenisvolle en impakvolle verhoudings te bou wat kan help met die werwing, keuring, toelating en gereedheid van voornemende eerstejaarwetenskapstudente; en die bevordering van samewerking vir kurrikulumbetrokkenheid en sosiale impak.

“Ons wil geleenthede skep vir insiggewende interaksie tussen onderwysers en eerstejaardosente. Saam kan hulle moontlike uitdagings aanspreek wat eerstejaarstudente in die kurrikulum te?kom," verduidelik sy.

Dit is die tweede sodanige geleentheid vanjaar wat in vennootskap met die US se Afdeling Studentewerwing aangebied word. Volgens Christelle Feyt, Senior Direkteur: Studentewerwing, is die vennootskap met die Fakulteit Natuurwetenskappe in lyn met die ge?ntegreerde werwingstrategie wat aan die einde van 2023 deur die Rektoraat goedgekeur is. 

“Die Ge?ntegreerde Studentewerwingstrategie berus op vyf pilare, waarvan samewerkende vennootskappe met fakulteite en eksterne belanghebbendes, soos onderwysers, prominent voorkom. Die strategie maak ook voorsiening vir die vestiging van praktykgemeenskappe vir studentewerwing en uitbreiding van deelname," voeg sy by.

Die eerste praktykgemeenskap vir werwing van voorgraadse studente is in Junie gestig: “Alle fakulteitspersoneel betrokke by werwing en die Afdeling Studentewerwing is bymekaar gebring om kollegas oor fakulteite heen in staat te stel om beste praktyke in studentewerwing, institusionele kennis en hulpbronne te deel, en om oop kommunikasie, buigsaamheid en behendigheid te bevorder. Die einddoel is om te voldoen aan die verwagtinge en behoeftes van voornemende studente en hul be?nvloedersgroepe, soos ouers en onderwysers," sluit sy af.

MSTF_2.png

Tydens hierdie week se geleentheid is onderwysers verwelkom deur prof. Bertie Fielding, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, terwyl eerstejaarstudente stories gedeel het oor hoe hulle deur hul primêre en sekondêre onderwysers ge?nspireer is om wiskunde en fisiese wetenskappe te studeer. Eerstejaarsdosente soos dr Philip Southey het van die vele beroepsgeleenthede in die natuurwetenskappe gedemonstreer (wat nié in die velde van ingenieurswese of geneeskunde is nié), terwyl dr Riana Roux grafieke getoon het van die vele studierigtings waar wiskunde 'n vereiste is.

“Met ander woorde," het sy benadruk, “indien leerders aangesê word om eerder Wiskunde Geletterdheid te kies, sal dit hul studie-opsies drasties verminder."

Na afloop van die geleentheid het verskeie onderwysers hul waardering vir die inisiatief uitgespreek. Meer as een het vir soortgelyke geleenthede in die toekoms gevra. Terwyl hulle die “aansteeklike entoesiasme" van die eerstejaarsdosente en studente waardeer het, het hulle ook beklemtoon dat onderwysers se bekommernisse meer erken moet word, en dat dit in die toekoms voordelig kan wees om vakadviseurs van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys in te sluit.

Foto's: Henk Oets