肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-verpleegleier ingehuldig as genoot van Amerikaanse Akademie van Verpleegkunde
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 15/11/2024

Prof Portia Jordan, Uitvoerende Hoof van die Departement Verpleegkunde en Verloskunde aan die Universiteit Stellenbosch, het 'n merkwaardige prestasie behaal toe sy vroe?r vandeesmaand as 'n genoot van die Amerikaanse Akademie van Verpleegkunde (AAV) in Washington ingehuldig is.

Sy is slegs die vierde Suid-Afrikaner om die afgelope tien jaar tot dié prestigeryke organisasie toegelaat te word. Die AAV is internasionaal bekend vir invloedryke bydraes tot gesondheidsorgbeleid en navorsing. Jordan sê sy is diep ge?erd deur die erkenning. “Dit was 'n wonderlike ervaring en 'n groot voorreg om my land by so 'n gesogte internasionale geleentheid te verteenwoordig. Dit was ook fantasties om verpleegleiers te ontmoet en te hoor wat hulle doen, hoe hulle in die gesondheidstelsel inpas en watse invloed hullle werk wêreldwyd op die verpleegkunde het," vertel sy.

Die AAV dien as 'n kritieke platform vir bewysgebaseerde beleidsformulering en die bevordering van gesondheidsorg. Oor die afgelope vyf dekades is die meer as 3 000 genote van die AAN erken vir hulle beduidende bydraes tot verpleegbeleid en -praktyk, navorsing en administrasie. Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake by die US, was die eerste Suid-Afrikaner om by die AAV aan te sluit toe sy in 2015 ingehuldig is.

Klopper het Jordan na Amerika vergesel en haar gelukgewens met die “merkwaardige prestasie". "Om ingehuldig te word as 'n genoot van die AAV is 'n bewys van jou toewyding, leierskap en visie," het Klopper gesê. “Jou werk inspireer uitnemendheid in verpleegonderrig en gesondheidsorg, en hierdie mylpaal beklemtoon jou wêreldwye impak. Die Universiteit Stellenbosch en Suid-Afrika vier jou sukses!"

Toelating tot die Akademie is hoogs mededingend en vereis benoeming deur twee bestaande genote en 'n streng evalueringsproses. Jordan is vanjaar een van slegs 220 suksesvolle kandidate uit 450 aansoeke.

As deel van die inhuldiging het Jordan by die Akademie se gesondheidsbeleidskonferensie 'n referaat gelewer wat spruit uit haar fokusgebied in die verpleegkunde – pasi?ntveiligheid en die gebruik van bewysgebaseerde praktyk in kritiekesorgverpleging.

Jordan het 'n PhD in Verpleegkunde, 'n meestersgraad in Sakeadministrasie, 'n Curationis-meestersgraad in Kritieke Sorgverpleegkunde (cum laude), 'n Baccalaureus Curationis, 'n Diploma in Verpleegonderwys (cum laude) en 'n Diploma in Nefrologieverpleegkunde. Sy is ook 'n lid van die 17de Raad van die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad.

"Ek was nog altyd lief daarvoor om mense te versorg en ek het van jongs af in gesondheidsorg belang gestel," verduidelik Jordan. “Ek het kritiekesorgverpleging gekies omdat jy, afgesien van hoogs gespesialiseerde kundigheid en tegnologiese vaardighede, noodsaaklike en holistiese sorg aan ernstig siek pasi?nte verskaf."

Nadat sy as 'n verpleegster ondervinding in kliniese praktyk opgedoen het, het Jordan die hospitaal vir die akademie verruil en in 2019 die Uitvoerende Hoof van die Departement Verpleegkunde en Verloskunde aan die US geword – 'n uitdagende tyd as gevolg van die 肆客足球-pandemie wat gevolg het. “Dit was 'n keerpunt, want ons het die splinternuwe Baccalaureus in Verpleegkunde-program en agt nuut ontwikkelde nagraadse diplomas begin. Dit was belangrik om die Universiteit Stellenbosch as 'n leier in verpleging te posisioneer," sê Jordan.

Die departement het sedertdien met rasse skrede gevorder – akademiese uitsette het van twee doktorsgrade in 2019 tot 22 PhD's gegroei wat ingeskryf en/of toegeken is oor die afgelope vyf jaar.

Jordan beoog om die verpleegprogramme verder uit te brei om die kritieke tekort aan spesialis-verpleegkundiges in die Suid-Afrikaanse gesondheidsektor die hoof aan tespreek. "Ons gesondheidsorgstelsel kan nie funksioneer sonder hierdie kaliber verpleegkundiges nie," beklemtoon sy, en wys op 'n voorlegging wat onlangs ingedien is om die US se opleidingskapasiteit te vergroot.

“Ek kan met trots sê dat die Universiteit Stellenbosch die voortou geneem het wat die opleiding van spesialisverpleegkundiges betref. Ons lewer tussen 220 en 280 gegradueerdes per jaar in agt spesialiseringsrigtings." Die verpleegdepartement dra ook by tot beurs- en navorsingsontwikkeling in Afrika met studente van Ghana, Kenia, Ethiopi?, Lesotho, Swaziland, Nigeri? en selfs so ver as Saoedi-Arabi?.

“Ons het ook personeel- en studente-mobiliteitsprogramme met ons internasionale vennote in Noorwe?, Japan, Amerika, Spanje en Swede om kennis oor verpleging te deel. Ons het onlangs aan 'n seminaar deelgeneem wat gefokus het op globale konflik en oorlo? en hoe om verpleegsters vir sulke omstandighede op te lei," verduidelik Jordan.

Hierdie globale perspektief, glo sy, is van kritieke belang om "studente toe te rus met 'n meer omvattende begrip van gesondheidsorguitdagings." Haar benadering tot verpleegopleiding integreer tegnologie en innovasie.

Jordan sê haar visie is om verpleegonderrig, opleiding en navorsing te fasiliteer wat daarop gemik is om gesondheidsorglewering plaaslik én in die internasionale konteks te verbeter.

“Wat vir my belangrik is van my AAV-genootskap, is die impak wat dit op die Suid-Afrikaanse verpleegopleidinglandskap sal hê. Om wêreldwye beste praktyke en navorsing te deel, sal tot die verbetering van verpleegopleiding, kliniese praktyk en akademiese navorsing bydra. Ek wil die wêreldwye flair van waaroor verpleging gaan, plaaslik toepas."