肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Naaswenner: beste MSc-tesis in berekenings- en statistiese wetenskap aan ’n Afrika-universiteit
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 07/10/2024

Jacobie Mouton, 'n alumnus van die Universiteit Stellenbosch met 'n MSc in Rekenaarwetenskap, was die naaswenner van die 2023 Grace Alele-Williams Meesterstoekenning vir die beste MSc-tesis in berekenings- en statistiese wetenskappe aan 'n Afrika-universiteit.

Die Alele-Williams Meesterstoekenning is een van verskeie toekennings wat gemaak is tydens die  2024 Deep Learning Indaba wat onlangs by die Amadou Mahtar Mbow Universiteit (UAM) in Dakar, Senegal, gehou is. Die Deep Learning Indaba word beskou as Afrika se voorste geleentheid oor masjienleer en kunsmatige intelligensie. Vanjaar het hierdie geleentheid meer as 600 deelnemers van Afrika en elders gelok.

Mouton, wat einde 2022 haar MSc-graad cum laude aan die US verwerf het, sê haar akademiese reis was 'n mengsel van harde werk en die aangryp van elke geleentheid wat hom voorgedoen het.

Haar navorsing integreer Bayesiaanse netwerke met variasie-outo-enkodeerders (VAEs) om hul interpreteerbaarheid en werkverrigting te verbeter, veral in scenario's met beperkte data. Sy het 'n nuwe grafiese normaliseringsvloei ontwikkel wat VAE's verbeter deur voorwaardelike onafhanklikheid in hul argitektuur in te sluit. Hierdie benadering het gelei tot 'n meer interpreteerbare model wat beter presteer in dataskaars omgewings  en bied mededingende digtheidskattings en afleidingvermo?ns, tesame met meer betroubare inversie.

“Ek voel ge?erd dat ek oorweeg is vir, en die naaswenner is van die  Alele-Williams Meesterstoekenning. Dit beklemtoon vir my die belangrikheid van toewyding en passie in akademiese strewes. Hierdie erkenning inspireer my om voort te gaan om grense te verskuif in my huidige rol om ho?verrigting, robuuste en billike masjienleeroplossings in industrie te dryf," sê Mouton.  

Sy werk tans by Capitec Bank as 'n masjienleer-ingenieur.

Haar studieleier was Prof Steve Kroon, medeprofessor in die Afdeling Rekenaarwetenskap in die Departement Wiskundige Wetenskappe aan die US.