肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale Impak: Helpende hand vir Dowe leerders kry erkenning by US
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 23/07/2024

?In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ? betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning verleen aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienstepersoneel (PASS) van die US wat positiewe verandering in uiteenlopende lewensgebiede bevorder. Vanessa Reyneke en die Handlab-span het ? toekenning ontvang vir die grensverskuiwende opvoedkundige werk wat hulle vir die Dowe gemeenskap doen.

Stel jou voor daar was ? plek waar Dowe leerders en hulle onderwysers ho?-gehalte opvoedkundige materiaal in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) kon gaan soek om hulle leerervaring te verbeter. Wel, danksy die toegewyde span wat by die US se Handlab werk, kan Dowe leerders regoor Suid-Afrika toegang tot noodsaaklike leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM) bekom wat by hulle behoeftes aangepas is. Dit is ? broodnodige hulpbron in die lig van die skaarste aan SAGT- opvoedkundige materiaal voor die stigting van Handlab.

As projekko?rdineerder is Vanessa Reyneke uiters trots op die erkenning wat Handlab vir hul werk ontvang het. Die span, wat uit Dowe en horende individue bestaan, werk nou saam met skole vir Dowes en hardhorendes. Die projek, wat aanvanklik tussen 2010 en 2012 ? loodsprojek vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement was, het ten doel gehad om ? kurrikulum te ontwikkel wat spesifiek vir Dowe leerders voorsiening gemaak het.

“Ons het met soveel passie gewerk en die Sosiale Impak-toekenning bied erkenning dat ons stryd om toegang tot onderwysmateriaal van gehalte vir die Dowe gemeenskap die moeite werd was. Dit is wonderlik om ? verskil in die lewe van soveel Dowe kinders in Suid-Afrika te kan maak," sê Reyneke.

Die projek is in 2017 by die Departement Algemene Taalwetenskap aan die US gevestig. Die Taalsentrum is ook deur sy SAGT-tolkportefeulje by Handlab betrokke. Handlab het gefloreer en is een van slegs twee eenhede in die land wat innoverende leer- en onderrigmateriaal vir Dowe skole skep.

Oor die jare het die Handlab-span ? reeks opvoedkundige materiale ontwikkel, insluitend video's, oorspronklike tekste en onderrighulpbronne en vakspesifieke terminologie, wat alles in lyn met die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is. Handlab se invloed strek nou verder as die Wes-Kaap en bereik al 40 skole vir Dowes regoor Suid-Afrika.

Samewerking met skole is die sleutel tot hul sukses, sê Reyneke. “Ons toets eers die materiaal in ? klasopset en kry waardevolle terugvoer van die onderwysers. Ons deel dit ook met die Departement van Basiese Onderwys om seker te maak dit voldoen aan die nasionale standaarde. Ons materiaal het danksy hierdie samewerking aansienlik verbeter."

In ag genome die dialektiese verskille binne gebaretaal verseker die projek se aanpasbaarheid groter sukses, vertel Reyneke. “Net soos gesproke tale, het gebaretaal streeksvariasies. Ons probeer materiale skep wat al hierdie variante insluit."

Kampvegter vir Dowe mense

Die oorsprong van Reyneke se passie vir Dowe onderwys is diep persoonlik. Sy is die vierde geslag in haar familie wat Doof is en haar twee kinders is ook Doof. Sy het die uitdagings van diegene wat dikwels in opvoedkundige omgewings gemarginaliseer word, eerstehands ervaar. “Ek het ? skool vir Dowes bygewoon en dit was gedurende my tyd daar dat ek die beduidende leemte in taaltoegang en onderrig vir Dowe kinders besef het," vertel Reyneke. “Ek was baie bevoorreg omdat ek my moedertaal by gesinslede geleer het."

Haar reis van ? Dowe onderwysassistent by haar alma mater tot die projekko?rdineerder van Handlab word gekenmerk deur haar vasberadenheid om te verseker dat Dowe kinders onderwys van dieselfde gehalte as hul horende maats ontvang. “Ek voel dit is belangrik om ? kampvegter vir my taal te wees," benadruk sy.

Reyneke verduidelik dat baie Dowe kinders uit horende gesinne kom wat nie in gebaretaal kommunikeer nie en dat dit hulle veral in die vroe? kinderontwikkelingsfase benadeel. Die meeste onderwysers in skole vir Dowes kan hoor en daar word nie van hulle verwag om enige vorm van gespesialiseerde opleiding of kwalifikasie in Dowe onderwys te hê nie. Handlab probeer hierdie gaping oorbrug deur pasgemaakte hulpbronne te verskaf en sodoende Dowe leerders se opvoedkundige ervaring te verbeter.

Die Handlab-span kry gereeld komplimente van onderwysers wat dankbaar vir die bykomende hulp is. Die praktiese SAGT-voorbeelde verhoog leerders se kreatiwiteit, begripsvaardighede en geletterdheid, soortgelyk aan die aanmoediging wat horende kinders kry wanneer hulle lees. Die materiaal open ? nuwe wêreld vir Dowe leerders en daar is ? merkbare verbetering in hul woordeskat, wat hulle in staat stel om hul gevoelens uit te druk en hul ervarings meer effektief te deel.

Die onlangse erkenning van SAGT as die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika is ? belangrike mylpaal vir die Dowe gemeenskap. Reyneke en haar span by Handlab het dié prestasie gevier, asook die voorspraak wat daartoe gelei het. “Ons het almal gejubel," onthou sy. “Dit is ? groot stap vooruit."

Sy sê dit is ? geleentheid vir die bykans 4 miljoen Dowe mense in Suid-Afrika (van wie 600 000 SAGT-gebruikers is) om behoorlike toegang tot hul menseregte te kry in ? taal wat hulle verstaan. Daardie reis moet in die klaskamer begin, hou Reyneke vol.

Bemagtiging van Dowes

Talle Dowe mense raak weens onvoldoende opvoedkundige ondersteuning dwarsdeur hul lewe agter. Navorsing het getoon dat net een uit elke drie Suid-Afrikaanse Dowe volwassenes funksioneel geletterd is in 'n gesproke of geskrewe taal (hul tweede taal).

In die jaar sedert SAGT se amptelike status toegeken is, het Handlab merkwaardige vordering gemaak. Meer as 100 van hul nuwe tekste is deur die Departement van Basiese Onderwys gekeur en goedgekeur. Die Handlab-span het pragtige nuwe stories en gedigte geskep en dramas begin vervaardig om by die SAGT-kurrikulum te voeg.

Reyneke se visie strek verder as kurrikulumontwikkeling – sy en haar span is daartoe verbind om ? gevoel van geborgenheid en doelgerigtheid by Dowe leerders te kweek. “Die drama-projek is baie opwindend. Ons het dramakampe gehad waar ons na die skole gaan en die kinders leer hoe om ? draaiboek te lees en ? toneelstuk op te voer. Ons leer hulle ook die nodige vaardighede om verskillende karakters uit te beeld en dialoog te voer. Die opnames word dan as onderrigmateriaal gebruik. Ons maak goeie vordering met die bereiking van ons doelwit om vanjaar meer as 20 nuwe SAGT-dramas te skep.

“Ons leer die kinders ook tegniese vaardighede. As hulle hulleself byvoorbeeld tuis wil opneem terwyl hulle ? gedig in gebaretaal opsê, wys ons hulle hoe om praktiese goed te doen soos om die opnameruimte in te rig om seker te maak hulle het die regte agtergrond en beligting. Ons help hulle om die teks in Engels of Afrikaans te lees en dit dan in gebaretaal oor te dra."

Handlab pak ook bewustheid oor geestesgesondheid aan en werk saam met vooraanstaande rolspelers soos die radio- en TV-persoonlikheid Lise Swart. “Inligting oor geestesgesondheid is dikwels ontoeganklik vir Dowe mense. Ons werk daaraan om dit te verander deur broodnodige hulpbronne in SAGT te verskaf," merk Reyneke op.

Sy is dankbaar vir die stappe wat die US al geneem het om Dowe studente meer tegemoet te kom, soos die twee tolke wat hulle in die klas ondersteun. Maar toegang tot ho?r onderwys is steeds ? uitdaging vir talle van hulle, sê Reyneke. “Dowe studente wat by Suid-Afrikaanse universiteite aansoek doen, moet aan dieselfde akademiese kriteria as horende studente voldoen. Hierdie stelsel maak geen voorsiening vir die talle struikelblokke wat Dowe leerders moet oorkom nie en dat hulle gevolglik dikwels weens onvoldoende ondersteuning en opvoedkundige geleenthede agter die res van die studente is."

Terywl Handlab sy impak voortsit, moedig Reyneke ander aan om by die beweging vir verandering aan te sluit. En sy het ? spesiale boodskap vir Dowe kinders: “Moenie moed opgee nie en moet nooit hoop verloor nie. Werk hard en jy sal jou drome kan verwesenlik."

FOTO: Die Handlab-span van links na regs: Alex Nwayo?, dr Simone Conradie, Vanessa Reyneke, Lenka Knoetze en prof Frenette Southwood. (Foto: Anesh Magan)