肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Top regskundige met ? passie vir kuns
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 16/07/2024

Liesl Fichardt is nie net 'n top belastingprokureur nie, maar ook 'n voorstander van die kunste. Sy het haarself as 'n leier in die regswêreld gevestig, maar haar liefde vir kuns loop ook diep, duidelik in haar rolle as 'n trustee, beskermheer en adviesraadslid van verskeie kunsstigtings en -instellings.

Hierdie Matie het haar as 'n prominente figuur in die regswêreld gevestig as voorsitter en hoof van die International Tax Disputes and Resolution-span by Quinn Emanuel Urquhart & Sullivan LLP in die Verenigde Koninkryk (VK). Sy is ook 'n Trustee van die Universiteit Stellenbosch se SA Foundation UK. Liesl is tweeledig gekwalifiseerd in die VK (prokureur van Engeland en Wallis) en Suid-Afrika (advokaat van die hooggeregshof). Voorheen was sy hoof van die belastingdispuut-span by Clifford Chance LLP in Londen en terwyl sy tot 2005 'n advokaat in Kaapstad was - het sy ook in 2004 as regter van die hooggeregshof opgetree.

Liesl en haar span is betrokke by ingewikkelde belasting- en regulatoriese dispute vir globale korporasies en ho?-nettowaarde individue. Sy is ook aktief betrokke by verskeie gesogte organisasies, soos die Internasionale Belastingkomitee van die Prokureursorde en die Adviesraad vir die MSc (Internasionale Belasting) by Oxford Universiteit.

Alhoewel sy oorsee gevestig is, druk Suid-Afrika ook nog soms op haar knoppie. “Later vanjaar sal ek as spreker by die Internasionale Fiskale Vereniging (IFA) se kongres in Kaapstad deelneem," sê sy.

Liesl is egter nie net 'n suksesvolle regspersoon nie, maar ook aktief in die kunswêreld. “My liefde vir kuns kom van my kinderdae af," vertel sy. “Ek het 'n kunsuitstalling in Bloemfontein gesien toe ek vyf jaar oud was, en ek was betower. Oor die jare was van my beste vriende kunstenaars, en hulle het my nog altyd ge?nspireer om te doen wat ek kan doen, na die beste van my vermo?."

Hierdie aangetrokkenheid tot kuns het Liesl aangevuur om 'n aktiewe rol in verskeie kunsgroepe en -inisiatiewe te speel. Sy dien as 'n Trustee en lid van die Internasionale Raad van die Norval-stigting in Kaapstad en is 'n Trustee van die Kontemporêre Kunsvereniging in die VK, waar sy mede-voorsitter is van hul Ontwikkelingsraad en die Frieze Acquisition-raad?.

Haar prokureursfirma,? Quinn Emanuel se verbintenis tot die kunste is ook duidelik deur 'n “in-house artists-in-residence" inisiatief bekend as die QE AIR-program. “Dit is tydens en ná die Covid-inperking? bedink toe prokureurs meer gereeld van die huis af begin werk het," verduidelik Liesl. "Ons het oortollige kantoorspasie gehad, wat ons as kunstenaarsateljees beskikbaar gestel het in ons kantore in Los Angeles, New York, en Londen."

Liesl se passie strek ook wyer as die kunste. Sy besin oor haar betrokkenheid by die AMICUS-fonds en beklemtoon die rol daarvan in die ondersteuning van regstudente. “Daar is geen direkte verbintenis met die kunste nie, maar via die AMICUS-fonds en verskeie kunsinisiatiewe kan ons ander in nood ondersteun."

Vir professionele persone wat daarna streef om hul passies saam met hul loopbane na te streef, bied Liesl wyse raad.

"Ek wou nog altyd glo dat jy suksesvol sal wees as jy doen waarvoor jy lief is – maar die lewe werk nie altyd so nie. Wat vir my gewerk het, is om hard te werk aan wat ek in my regsloopbaan doen. Dit het my weer in staat gestel om te doen waarvoor ek lief is en terug te gee wat ek kan in beide die regs- en kunswêreld – vir my het hulle die perfekte parallelle heelal geword."