肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dinosourus-spesie so groot soos ’n hond, het in ondergrondse gate gewoon
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 10/07/2024

?'n Nuutontdekte voorouer van Thescelosaurus toon dat hierdie diere minstens 'n deel van hul lewe in ondergrondse gate deurgebring het.

Volgens 'n mediavrystelling wat deur North Carolina State 肆客足球 (NCSU) uitgereik is, was die “nuwe" dinosourus, genaamd Fona herzogae, 'n kleinerige, plantetende dinosourus omtrent so groot soos 'n groot hond, bedek met 'n laag donsige, kleurvolle vere.

Fona herzogae v2 credit Jorge Gonzalez.jpg

Fona het omstreeks 99 miljoen jaar gelede in die huidige Utah geleef, terwyl Thescelosaurus net voor die massa-uitsterwingsgebeurtenis sowat 66 miljoen jaar gelede geleef het. Gedurende Fona se leeftyd, was hierdie gebied 'n groot vloedvlakte-ekosisteem wat deur 'n massiewe binnelandse oseaan in die ooste, en aktiewe vulkane en berge in die weste vasgedruk is. Oor die algemeen was dit 'n warm, nat, modderige omgewing met talle riviere.

Dr Ryan Tucker, 'n sedimentoloog van die Universiteit Stellenbosch se Departement Aardwetenskappe, was deel van die span wetenskaplikes van die North Carolina State 肆客足球 en die North Carolina Science Museum (NCSM) wat in 2013 verskeie monsters van dieselfde spesie in die Mussentuchit Member van die Cedar Mountain Formation opgegrawe het.

Dr Tucker wat reeds vir meer as 'n dekade saam met dr Lindsay Zanno van NCSM en NCSU werk, fokus op die beskrywing en datering van die onmiddellike omgewings- en klimaatstoestande van die gebied waar Fona en ander nuutontdekte fossiele gevind is.

Hy het onlangs verskeie goed bewaarde vulkaniese asvalbeddings ontdek wat met hierdie en ander belangrike fossielvondse (soos Moros intrepidus en Iani smithi) verbind word. Die vulkaniese asvalbeddeings vergemaklik meer akkurate datering aangesien die neergelegde as relatief oombliklik in geologiese tyd neergelê word. Hierdie nuutgeformuleerde tydsraamwerk is onlangs in die vaktydskrif Geology gepubliseer.

Tucker dui aan dat daar nog baie werk gedoen moet word in die middel-Kryt Wes-binnelandkom om klimaatsverandering gedurende hierdie tydperk van die Aarde se geskiedenis beter te verstaan. Bogenoemde pogings word tans deur die National Science Foundation in die Verenigde State van Amerika ondersteun.

Tucker en nagraadse student Kira Venter sal weer by Zanno en 'n internasionale, diverse multidissiplinêre span aansluit vir 'n twee maande lange veldekspedisie na die Oos-Gobi-kom in Mongoli?. Hierdie ekspedisie wat deur National Geographic befonds word, maak deel uit van 'n grootskaalse studie om paleoklimaatsneigings  van 125 tot 83 miljoen jaar gelede in Oos-Asi? te verstaan.

"As dit suksesvol is, sal ons klimaatsverandering op 'n hemisferiese skaal (in vergelyking met Noord-Amerika) beter kan verstaan, tesame met die generering van data wat betekenisvolle klimaatvoorspellings vir ons eie nabye toekoms kan fasiliteer – indien huidige neigings natuurlik onveranderd bly," verduidelik hy.

Klik hier om die volledige mediavrystelling van North Carolina State 肆客足球 oor die nuutbeskryfde dinosourus, Fona herzogae, te lees -  https://naturalsciences.org/calendar/news/life-underground-suited-new-dinosaur-fine/??