肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Spes Bona-inisiatief bied hupstoot aan mediese studente
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 09/07/2024

Terwyl hulle vir 'n jaar in Kaapstadse hospitale gewerk het, is Belgiese mediese dokters en Universiteit Stellenbosch (US) internasionale mediese gegradueerdes Edouard Hosten en Charlotte Maillard getref deur die swak lewensomstandighede van sommige plaaslike mediese studente. Hulle het besluit om iets daaraan te doen.

¡°Ek en my vrou (Charlotte) het in 2019-'20 in US-geaffilieerde hospitale in Kaapstad gewerk waar ons eerstehands die swak lewens- en opleidingsomstandighede van sommige mediese studente gesien het. Ons wou 'n verskil maak deur hierdie studente finansieel te ondersteun om hul lewensomstandighede te verbeter en hulle in hul studies te ondersteun. Ons het dus twee niewinsorganisasies in Belgi? en Suid-Afrika gestig om geld in te samel en beurse aan behoeftige mediese studente beskikbaar te maak."

Dit het gelei tot die stigting van die Spes Bona-inisiatief vir Mediese Onderwys in 2020 deur Ed saam met 15 ander jong Suid-Afrikaanse en Belgiese kollegas en vriende.

¡°Byna almal wat by die inisiatief betrokke is, het in 'n stadium in Suid-Afrika gewoon en gewerk en het 'n ingebore liefde vir die land en sy mense," vertel Ed.

Die Spes Bona-inisiatief bied aanvullende beurse aan kwalifiserende Baccalaureus in Geneeskunde en Chirurgie, BSc in Fisioterapie en Baccalaureus in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-studente  van verskeie Suid-Afrikaanse universiteite, insluitend die US, vir die duur van hul studies. Die beurs dek verblyf, kos en ander basiese uitgawes soos toiletware, skryfbehoeftes of handboeke. Hulle ontvang ook mentorskap en morele ondersteuning. Tot dusver het 16 studente sedert 2020 by die inisiatief baat gevind.

Die Spes Bona-inisiatief vir Mediese Onderwys het in Junie vanjaar 'n verdere ses beurse aan mediese studente aan die US toegeken.

Studente word gekies gebaseer op hul finansi?le situasie, maar hulle moet ook hul toewyding tot altru?sme toon, insluitend betrokkenheid by liefdadigheidswerk, gemeenskapsprojekte of akademiese mentorskap.

¡°Ons samel geld in deur liefdadigheidsgeleenthede te re?l en deur ons eie bier en sjokolade te verkoop (ons is immers Belgies!). Ons hoofbron van befondsing kom egter van verskeie Belgiese en internasionale private skenkers," s¨º Ed. ¡°Ons het onlangs 'n 20 km-wedloop in Brussel gere?l waaraan 35 mense deelgeneem het en wat meer as 5000 € (R95 000) ingesamel het."

Die gesertifiseerde noodgeneeskunde-dokter wat vir die afgelope sewe jaar by akute kliniese sorg betrokke is, het ges¨º sy betrokkenheid by die Spes Bona-inisiatief vir Mediese Onderwys het hom groot vreugde en vervulling gebring.

¡°Dit het my in staat gestel om baie van my vriende bymekaar te bring rondom die belangrike kwessies van gesondheidsorgstudies, toeganklikheid en werksmagontwikkeling."

Benewens die feit dat Hosten 'n sterk voorstander is van ho? gehalte noodgeneeskunde-inwonende onderwys in Belgi?, het hy ook 'n belangstelling in die gesondheidsimpakte van klimaatsverandering en hoe gesondheidstelsels daarby aanpas, ontwikkel.

?¡°Die ontwikkeling van sistemiese en multidissiplin¨ºre denke rondom hierdie fundamentele kwessies ten einde ondersteunende, veerkragtige en volhoubare gesondheidsorg te bou, is die fokus van my belangstelling," s¨º hy.