肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Clive Gray ontvang prestigeryke Harry Oppenheimer-genootskapstoekenning
Outeur: Flow Communications
Gepubliseer: 04/07/2024

Die immunoloog prof Clive Gray van die Universiteit Stellenbosch het op 3 Julie 2024 die prestigeryke Harry Oppenheimer-genootskapstoekenning ontvang. Die toekenning erken wêreldklasnavorsing met 'n verreikende impak.

“Prof Gray se navorsing kan 'n omwenteling teweegbring in hoe ons die werking van die menslike plasenta verstaan, wat op sy beurt kan lei tot nuwe maniere om ma's en kinders se gesondheid te verbeter," sê Rebecca Oppenheimer, voorsitter van die Oppenheimer-gedenktrust (OMT). “Ons is opgewonde om te sien hoe hierdie verhaal ontvou. Ons het immers al aanskou hoe vorige Harry Oppenheimer-genote hulle stempel op allerlei terreine, van onder meer biochemie en biologie tot ingenieurswese, geskiedenis en dierkunde, afdruk."

Die genootskap en die toekenning van R2,5 miljoen wat daarmee saamgaan, gaan aan vakkundiges van die hoogste kaliber wat voorpuntnavorsing van internasionale belang onderneem. Genote bevorder gewoonlik kennis, onderrig, navorsing en ontwikkeling in Suid-Afrika en elders.

“Om hierdie toekenning te ontvang beteken ongelooflik baie," sê prof Gray. “Dit dien as erkenning van my en my navorsingsgroep se jare lange werk. Dat die OMT die belang van ons werk raaksien, is uiters bemoedigend én bevredigend."

Met sy werk wil prof Gray die gevare van voortydige geboorte, lae geboortegewig en leerprobleme help bestuur deur na 'n merker te soek wat nadelige geboorte-uitkomste kan voorspel. “Ons doen gespesialiseerde, laboratoriumgebaseerde navorsing met behulp van gevorderde tegnieke en instrumente. Ons moet verstaan hoe siektes soos MIV by swanger vroue met die groei van die plasenta inmeng, en hoe dít dan nadelige geboorte-uitkomste be?nvloed en die ma se gesondheid ontwrig," verduidelik prof Gray. “Hierdie nadelige uitkomste het 'n verwoestende uitwerking op die Suid-Afrikaanse samelewing, waar gesondheidsprobleme by kinders en hulle ma's met swak vroe?kinderontwikkeling verbind word."

Hoewel daar groot sukses behaal is om deur middel van antiretrovirale behandeling vir MIV-ge?nfekteerde ma's virusoordrag na hulle kinders te voorkom, is daar steeds baie uitdagings. Hierdie vroue se babas is dikwels minder gesond as kinders van ma's sónder MIV. Hulle ly dikwels aan vertraagde groei, is meer vatbaar vir virale en bakteri?le infeksies, en party word vroeg gebore. Op lang termyn sukkel hierdie kinders ook met leerprobleme. Dit is nie bekend of die antiretrovirale middels 'n rol in hierdie uitkomste speel en of dit eerder aan 'n kombinasie van die ma se MIV-status en die uitwerking van die middels te wyte is nie.

Prof Gray en sy span het getoon dat vroue met MIV wat vóór hulle swangerskap reeds met antiretrovirale behandeling begin, 'n toestand genaamd moederlike vaskulêre wanperfusie – oftewel swak bloedvaatontwikkeling in die plasenta – ontwikkel. Dié toestand verhoog hierdie ma's se risiko van 'n voortydige geboorte en van babas met 'n lae geboortegewig. Die ma's sukkel oor die algemeen ook met ho? bloeddruk, wat op sy beurt 'n gevaar van kardiovaskulêre probleme en uiteindelik erge hartkwale inhou.R5C_0837.jpg

Prof Gray se navorsing het vir die eerste keer 'n verband gelê tussen langtermyn- antiretrovirale behandeling en voortydige geboorte. Sy navorsingsgroep het afgekom op 'n molekule in die plasenta wat verantwoordelik is vir swak bloedvaatontwikkeling in die plasenta en moontlik met hartprobleme by die ma verband hou. Die genootskapstoekenning sal gebruik word om hierdie hipotese verder te ontwikkel en te staaf.

Met die navorsingsprojek wil prof Gray boonop vermo? bou in die Suid-Afrikaanse navorsingsgemeenskap deur meester- en doktorale studente te betrek.

“Ek is al meer as 25 jaar besig om studente in immunologie- en laboratoriumtegnieke op te lei. Ek sal die toekenning gebruik om die volgende geslag wetenskapleiers verder toe te rus, en terselfdertyd ons vermo? uit te brei om ma's en kinders se gesondheid te verbeter," sê hy.

Hierdie aspek van die projek strook met een van die OMT se doelwitte, naamlik om Suid-Afrikaanse akademiese navorsingsvermo?ns te bou en te versterk.

Die projek is multidissiplinêr en behels MIV-klinici, kardiolo?, immunolo?, virolo? en statistici, sê prof Gray. Hy en die Suid-Afrikaanse span van die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad sal met die Universiteit van Surrey saamwerk. 'n Adviesraad van akademici van verskeie universiteite in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk sal toesig hou oor die bestuur en wetenskaplike rigting van die projek, sê hy.

Die OMT het die genootskap in 2001 ingestel ter ere van Harry Oppenheimer se werk om menslike en intellektuele ontwikkeling in Suid-Afrika te ondersteun, akademieskap te bevorder en idees aan te moedig.

Prof Elmi Muller, dekaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het prof Gray met die toekenning gelukgewens.

“Prof Clive Gray se invloedryke navorsing oor MIV-immunologie is voorwaar 'n hoogtepunt van wetenskaplike prestasie op die Afrikavasteland en dien as 'n baken van hoop vir ma's en kinders wat deur MIV geraak word," sê sy. “Die prestigeryke Harry Oppenheimer-genootskap bevestig die beduidende bydraes wat hy al sy hele loopbaan deur tot die terrein van MIV-wetenskap lewer."

In sy gelukwensing aan prof Gray het die Universiteit se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, gesê: “Hierdie erkenning onderstreep dat prof Gray se werk om nadelige geboorte-uitkomste en kardiovaskulêre probleme by ma's te voorspel waarlik grense verskuif en van internasionale belang is. Sulke toekennings vier nie net individuele uitnemendheid nie, maar beklemtoon ook die kernrol van finansiering in die bevordering van navorsing wat 'n diepgaande impak op openbare gesondheid in Suid-Afrika en die res van die wêreld kan hê."

Prof Gray is die leier van RIRCA, die konsortium vir navorsing oor reproduktiewe immunologie in Afrika. RIRCA bring immunolo? en pediaters byeen om navorsing te doen oor merkers en meganismes van swak geboorte- en perinatale uitkomste, met die klem op kinders van ma's met MIV en ander infeksiesiektes.

“Ons verwelkom prof Gray graag in ons groep Harry Oppenheimer-genote, wat almal tot die bevordering van kennis binne en buite Suid-Afrika bygedra het. Navorsingsvermo?bou is die kern van die Trust se verbintenis om akademiese uitnemendheid te ondersteun," sê Oppenheimer.

Hooffoto: Prof Clive Gray by die toekenningsgeleentheid. Foto 1: Jonathan Oppenheimer, Professor Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die Universiteit Stellenbosch, Professor Clive Gray, Rebecca Oppenheimer, voorsitter van die Oppenheimer Gedenk-trust en Nicky Oppenheimer. Krediet: Strike a Pose Studios

  • Uitgereik deur Flow Communications namens die Oppenheimer-gedenktrust. Vir verdere inligting of om 'n onderhoud te re?l, kontak Edwin Reichel by edwin@flowsa.com of 082 558 3645.

?Meer oor die Oppenheimer-gedenktrust

Om in mense te belê om hulle volle potensiaal deur die onderwys te bereik was nog altyd die spil waarom die Oppenheimer-gedenktrust (OMT) draai. Harry Oppenheimer het die OMT in 1958 as 'n skenkingstrust opgerig ter nagedagtenis van sy pa, sir Ernest Oppenheimer. Die Trust streef daarna om relevant te bly vir huidige omstandighede en het daarom onlangs 'n strategiese verskuiwing ondergaan om beter bystand te bied aan die sektore wat die OMT ondersteun, naamlik onderwys, sosiale geregtigheid, en kuns en kultuur. https://www.omt.org.za/  ?