肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SACEMA haal kortlys vir NNS se toekenning vir gemeenskapsimpak
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 01/07/2024

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Ontleding (SACEMA) by die Universiteit Stellenbosch (US) het die kortlys vir die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se gesogte toekenning vir gemeenskapsimpak gehaal. Die wenners sal by die NNS se toekenningsgeleentheid in Augustus vanjaar aangekondig word.

Die nuwe toekenning vir gemeenskapsimpak gee erkenning aan NNS-befondsde navorsers en navorsingsentiteite wie se werk tot tasbare en voordelige gemeenskapsimpak gelei het, hetsy maatskaplike, ekonomiese, innovasie- of omgewingsimpak.

SACEMA is op die kortlys vir sy beduidende bydraes die afgelope 18 jaar om te help om MIV, tuberkulose (TB), menslike papillomavirus (MPV), masels, polio, tripanosomiase (slaapsiekte) en ander aansteeklike siektes beter te verstaan. Die Sentrum het ook 'n deurslaggewende rol in die reaksie op die 肆客足球-pandemie gespeel deur deurslaggewende voorspellings oor 肆客足球 se vroe? verspreiding oor Afrika te verskaf, wat streeks- en openbare gesondheidstrategie? be?nvloed het. Daarbenewens het SACEMA 'n belangrike rol in wêreldwye MIV-modellering en -skatting gespeel, navorsing gedoen oor die impak van HPV-voorkomingstrategie?, en bygedra tot die ontwerp van baanbrekerstudies wat roetine-TB-waarneming ondersteun.

SACEMA werk nou saam met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, die Verenigde State se Sentrums vir Siektebeheer, die Wêreldgesondheidsorganisasie se Servikale Kanker-uitroeiingsmodelleringskonsortium en die Desmond Tutu TB-sentrum. Dit lei ook die sekretariaat van die UNAIDS-verwysingsgroep oor skattings, modellering en projeksies.

Prof Frank Tanser, Direkteur van SACEMA, het in sy kommentaar op SACEMA se prestasie gesê dit is 'n reuse-eer vir SACEMA om op die kortlys vir hierdie gesogte toekenning te wees. "Dit is 'n aanduiding van die ho? agting wat daar vir SACEMA bestaan en is 'n bewys van die uitstekende navorsing en groot gemeenskapsbydrae wat SACEMA die afgelope 18 jaar gelewer het.

"SACEMA sal op hierdie erkenning voortbou en ons sal voortgaan om 'n wesenlike impak op die vakgebied en die samelewing in samewerking met die span by die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI) te hê," het Tanser, wat ook die Direkteur: Bevolkingsgesondheidsinnovasie by SERI in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke aan die US is, bygevoeg.

Gesondheidsorgpraktisyns, beleidmakers, internasionale regerings, openbare gesondheidsamptenare, navorsers, gemeenskappe wat deur MIV/vigs en TB geraak word, en vroue wat die risiko van servikale kanker loop, het almal al by SACEMA se werk baat gevind.

  • Foto deur Stefan Els (Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking)