肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldtelekommunikasiedag: Aspirasies en teleurstellings van digitale onderwys
Outeur: Dr Sonja Strydom
Gepubliseer: 13/06/2024

Talle uit lae-inkomstehuishoudings of landelike gebiede het nie toegang tot digitale leer of die toestelle wat daarvoor geskik is nie.

Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsgemeenskapsdag word jaarliks op 17 Mei gevier. Vanjaar se tema, “digitale innovasie vir volhoubare ontwikkeling", benadruk die belang van digitale oplossings om groot globale uitdagings aan te pak en vordering in sleutelareas te versnel. Een so 'n area is die onderwys.

Die VN het 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte ge?dentifiseer, met gehalte-onderwys vierde op die lys. Hierdie aspirasie behels inklusiewe en regverdige onderwys en die bevordering van lewenslange leergeleenthede vir almal.

?Die grondslag waarop hierdie doelwit berus is die bevordering van konstruktiewe transformasie met die klem op die vermo? van die onderwys om tot 'n volhoubare en regverdige wêreld by te dra. Die uitgangspunt met hierdie doelwit is om die aandag te vestig op die transformerende krag van die onderwys om positiewe verandering teweeg te bring, wat uiteindelik vordering na 'n volhoubare en regverdige globale samelewing wil aandryf.

Digitale onderwys word dikwels uitgesonder as die vernaamste dryfkrag agter die modernisering van onderwysstelsels. Dit wil regverdige leergeleenthede vir almal verseker en skoolgebaseerde leerders en studente toerus met die nodige vaardighede om in die professionele wêreld te gedy.

Talle voorbeelde in ons onlangse geskiedenis getuig hiervan. Die Massive Open Online Course- (MOOC-)beweging het onder meer in die vroe? 2010's momentum gekry en kan na die Stanford Universiteit se aanbieding van gratis aanlyn kursusse in 2011 teruggevoer word. Hierdie beweging het die belofte ingehou om die onderwys te demokratiseer — wat dit toeganklik sou maak vir individue, ongeag hul geografiese ligging, sosio-ekonomiese status of finansi?le beperkings.

Die oogmerk daarmee was terselfdertyd om skaalbaarheid te bereik, wat die lewering van opvoedkundige inhoud aan groot getalle studente beteken. MOOC's is voorts as 'n bekostigbare en buigsame alternatief vir tradisionele opvoedkundige modelle voorgehou en sou vir uiteenlopende studentebehoeftes en -skedules voorsiening maak.

Ondanks die aanvanklike entoesiasme kon die beweging egter nie momentum behou of aan die ambisieuse verwagtinge voldoen nie. Swak voltooiingsyfers is oor verskeie MOOC-aanbiedings heen waargeneem, wat twyfel oor die doeltreffendheid van hierdie leerervaring laat ontstaan.

Boonop het MOOC-verskaffers geworstel met die uitdaging om volhoubare inkomstestrome te vestig.

Hierdie kwessies is vererger deur die gebrek aan wye geloofwaardigheid en erkenning rakende MOOC-bekwaamhede onder werkgewers en tradisionele akademiese instellings.

Die enorme omvang van MOOC's het dit inherent onmoontlik gemaak om verpersoonlikte ondersteuning en terugvoer aan studente te bied.

'n Vergelykbare situasie het in die 肆客足球-pandemie ontvou toe opvoedkundige instellings met 'n skielike oorgang na aanlyn leer gekonfronteer is. Skole en ho?ronderwysinstellings met die nodige finansi?le hulpbronne en tegnologiese infrastruktuur kon met relatiewe sukses van tradisionele aangesig-tot-aangesig-onderrig na afstandsonderrig oorskakel.

Opvoedkundige instellings met min hulpbronne het egter uitdagings ervaar wat betref die diep digitale kloof onder leerders en studente. Talle uit lae-inkomstehuishoudings of landelike gebiede het geen toegang tot digitale leer of die toestelle wat daarvoor geskik is nie.

Ander uitdagings sluit in diegene met leergestremdhede en spesiale behoeftes, asook taalhindernisse waar studente uit nie-Engelssprekende agtergronde, of dié met beperkte taalvaardigheid, vir verskeie bykomende struikelblokke gesorg het.

Verdere probleme is veroorsaak deur onderwysers en/of dosente se gebrek aan paraatheid, asook die impak wat aanlyn leer op assesseringspraktyke gehad het.

Die huidige opvoedkundige landskap ervaar 'n herlewing van belangstelling en investering in digitale leermodaliteite, en die snelle vooruitgang in kunsmatige intelligensie (KI) word as die katalisator beskou. Hierdie hernieude entoesiasme vir KI-gedrewe opvoedkundige oplossings dryf innoverende benaderings en kan die manier waarop ons onderrig en leer, in geheel transformeer.

Die integrasie van KI in die onderwys hou geweldige potensiaal vir die transformering van tradisionele leerbenaderings in. 'n Oortuigende saak kan uitgemaak word vir die gebruik van KI om verpersoonlikte leerbane te skep wat vir elke student se unieke behoeftes aangepas is. Intelligente tutorstelsels, deur KI aangedryf, kan intydse terugvoer en leiding voorsien en die rol naboots van 'n menslike tutor wat studente op hul opvoedkundige reis ondersteun.

Boonop kan KI-gedrewe aanpassende leervermo?ns die inhoud, tempo en moeilikheidsgraad van leermateriaal dinamies verstel op grond van 'n student se vordering en begrip, wat 'n meer betrokke en effektiewe leerervaring verseker.

Verder kan KI-groottaalmodelle en generatiewe KI (GenKI) bydra tot die skep van opvoedkundige inhoud, wat toeganklikheid kan verbeter en die koste verbonde aan inhoudontwikkeling kan verminder.

Alhoewel daar ag geslaan word op die uitdagings en beperkings van vorige opvoedkundige inisiatiewe soos dié van MOOC's en die vinnige oorgang na aanlyn leer tydens die 肆客足球-pandemie, ontstaan daar ook 'n kritiese vraag: Kan hierdie jongste golf entoesiasme rondom KI in die onderwys werklik tot die bereiking van regverdige en ho?gehalte-leerervarings vir alle studente bydra, of gaan dit bloot bestaande ongelykhede laat voortbestaan?

Die belofte van KI- opvoedkundige tegnologie? is onteenseglik fassinerend, maar hul ware potensiaal om opvoedkundige geleenthede te demokratiseer en te verbeter bly onseker indien lesse uit die verlede ge?gnoreer word.

In Suid-Afrika moet daar nog heelwat gedoen word om die digitale kloof te oorbrug. Slegs deur inagneming van behoorlike, volhoubare infrastruktuur; kundige, digitaal-geletterde studente en dosente; en pedagogies gesonde praktyke kan die impak van KI in die onderwys verder bepaal word.

Daar is reeds bre? aanbevelings oor die gebruik van KI vir opvoedkundige doeleindes, soos die oorweging van etiese raamwerke; dosenteopleiding en -ondersteuningsinisiatiewe; en die ontwikkeling van robuuste assesseringspraktyke. 

Meer moet egter gedoen word om verdere ontnugtering met digitale tegnologie te voorkom. Bykomende en daadwerklike stappe moet pogings insluit om vooroordele te temper deur te verseker dat KI-algoritmes en -stelsels ontwikkel word wat op diversiteit, gelykheid en insluiting toegespits is.

Dit behels uiteenlopende en verteenwoordigende datastelle, streng toetsing vir vooroordeel, en die insluiting van kultureel-responsiewe en inklusiewe pedagogiese benaderings. Voorts is die ontwikkeling van bewysgebaseerde insig in die mens-KI-medewerking – veral in die plaaslike konteks – van deurslaggewende belang.

Om kennis en begrip te bevorder moet interdissiplinêre medewerking in die opvoedkundige sfeer geprioritiseer word. Die aanmoediging van medewerking tussen KI-kundiges, akademici in die opvoedkunde, kundiges in die dissipline, sosiale wetenskaplikes, en beleidmakers wat nie alleen tegnologie gedrewe is nie, maar ook in grondige pedagogiese beginsels en sosiale impakoorwegings onderlê is, moet prioriteit geniet.

Ter bevordering van die strewe na lewenslange leer kan oop opvoedkundige hulpbronne uitgewys word as hulpmiddels om koste te verminder en toeganklikheid te verhoog, veral in hulpbronbeperkte instellings en gemeenskappe.

Opvoedkundige innovasie en eksperimentering moet geprioritiseer word waar proefprojekte, sandbakke (areas waar mense nuwe idees kan uittoets) of inkubasieruimtes aanmoedig word ten einde nuwe toepassings te verken in 'n omgewing bevorderlik vir verantwoordelike innovasie en voortdurende verbetering.

Studente is belangrike belanghebbendes en rolspelers. Deur studente-agentskap en medeskepping aan te moedig kan studente as aktiewe deelnemers by die ontwerp en ontwikkeling van KI-bemiddelde opvoedkundige oplossings en inisiatiewe betrek word.

Die snelle vooruitgang van digitale tegnologie?, met GenKI aan die voorpunt, het 'n wêreld van moontlikhede in die opvoedkundige veld geopen. Te midde van hierdie opwindende tegnologiese revolusie is alle belanghebbendes – opvoeders, dosente, tegnologiekundiges en beleidmakers – egter verplig om hierdie immer-ontwikkelende landskap met 'n kritiese oog te bestuur.

Ons moet hierdie voorpunt-innovasies voortdurend en konsekwent bevraagteken, en bepaal of dit werklik geleenthede vir regverdige en lewenslange leer bevorder, sodat geen leerder of student agterbly nie.

Deur voortgesette deelname aan dialoog en die omarming van 'n holistiese, konteks-spesifieke, inklusiewe benadering kan ons probeer om uit vorige foute te leer, en die krag van KI inspan om regverdige leerervarings en toegang tot onderrig vir almal te bied.

Dr Sonja Strydom is die Adjunkdirekteur van die Sentrum vir Leertegnologie? en 'n navorsingsgenoot aan die Sentrum vir Ho?r en Volwassene Onderwys by die Universiteit Stellenbosch. Die menings wat uitgespreek word, is dié van die skrywer en weerspie?l nie noodwendig dié van die Universiteit nie.

?Foto deur Desola Lanre-Ologun op Unsplash