肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US se nuwe welweesbassadeurs gaan personeelgesondheid en -geluk bevorder
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 03/06/2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Gesondheid- en Welweesplan het onlangs ? hupstoot gekry toe ? groep “ambassadeurs", bestaande uit professionele, administratiewe en akademiese personeel van verskillende fakulteite en verantwoordelikheidsentrums, aan die fyner besonderhede van die Universiteit se Welweesprogram bekend gestel is.

Die bekendstelling het die eerste groep Welweesambassadeurs persoonlik byeengebring om hulle rol binne die instelling uit te lig, om mekaar en die US se Gesondheids- en Welweesbestuurspan te ontmoet en om ? interne US-opleidingsprogram van stapel te stuur.

Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel, het die groep verwelkom en konteks aan die inisiatief gegee. Hy het daarop gewys dat gesondheid en welstand ? institusionele prioriteit vir die US is en in die lig van die vele uitdagings wat weens dringende sosio-ekonomiese en geopolitieke faktore meegebring word, het die Universiteit besluit om die fokus op gesondheid en welwees te verskerp.

Een van die doelwitte van die Gesondheid- en Welweesplan vir personeel is om ? portuuropvoedingsprogram van stapel te stuur, het Koopman gesê. Die Institusionele Komitee vir Personeelgesondheid en -welstand het op die konsep van welweesambassadeurs besluit om hierdie doelwit te bereik.

Versterking van welwees

Die hoofrol van die Welweesambassadeurs is om die Universiteit se welweesaanbod te versterk. Ambassadeurs sal opleiding en inligting oor die US se welstandsaanbod ontvang, wat hulle in staat sal stel om te luister en personeellede na die toepaslike hulpbronne en dienste te verwys. Hulle sal die US ook met die identifisering van kommerwekkende areas kan help.

Welweesambassadeurs sal die aanlyn ko-kurrikulumaanbieding van Ho?r Gesondheid van Universiteite Suid-Afrika deurloop en interne US-personeel sal by hulle opleiding betrokke wees.

Deelnemers is by die bekendstellingsgeleentheid ? oorsig gegee van die dienste wat deur die belangrikste interne US-belanghebbendes aangebied word en na wie hulle personeellede kan verwys, verduidelik Joanne Williams, Verantwoordelikheidsentrumbestuurder by die Kantoor van die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel. “Ons het beklemtoon dat die rol van Welweesambassadeurs nie is om personeellede raad te gee nie, maar om na hulle bekommernisse te luister en hulle dan na die toepaslike dienste binne die instelling te verwys."

Voorleggings is deur verskillende spesialiste gelewer, waar onder Jaco Greeff-Brink van die Eenheid vir Gelykwaardigheid, Andiswa Zwelibanzi van Maties Sport en dr Lynne Julie van die US se Kampusgesondheidsdiens. Katlego Letlonkane het insigte oor diversiteit en insluiting by die US verskaf en Leilani Kruger het oor die Life Health Solution-tolvrylyn gepraat.

Francis Layman, ? Welweesambassadeur wat as administratiewe beampte by die Departement Chemiese Ingenieurswese werk, sê sy is baie opgewonde oor die inisiatief. “Almal wat die bekendstellingsgeleentheid bygewoon het, was baie entoesiasties daaroor om betrokke te raak om die omgewing vir alle personeel te verbeter. Dit was fantasties om die entoesiasme te sien, asook die behoefte om te leer om dinge te help verbeter."

?Volgens Layman is sommige personeellede nie bewus van al die welweeskanale wat beskikbaar is om hulle met daaglikse uitdagings en hanteringstrategie? te help nie. “Ons het so baie geleer en weer eens ontdek hoe belangrik dit is om goed na jouself te kyk. Tradisioneel is sorg hoofsaaklik daarop gefokus om die liggaamlike kant in stand te hou, maar ons besef nou dat daar ook na die geestelike kant omgesien moet word."

Hulp is beskikbaar

Layman sê sy sien daarna uit om kollegas te ondersteun om toegang tot nuttige hulpbronne op kampus te kry. “Dit is fantasties om te weet dat hulp binne bereik is. Ek glo die hierdie opleidingsprogram sal die Welweespan toerus om suksesvol met personeel om te gaan. Ons kan en wil, waar moontlik, help en die nodige aanbevelings doen om na professionele hulp uit te reik."

Die bekendstellingsgeleentheid was nie net insiggewend nie, maar het ons ook aan ons kollektiewe verantwoordelikheid herinner, sê Liezl Williams van die Sentrum vir Onderrig en Leer. “As Welweesambassadeurs het ons die voorreg om ons werkplekkultuur te vorm – een wat gesondheid, geluk en produktiwiteit voorop stel. Elke klein poging dra tot ? gesonder en gelukkiger US by."

Fadhwa Patel van Navorsing en Ontwikkeling sê sy het dit geniet om mede-Welweesambassadeurs te ontmoet en sien daarna uit om by te dra en die positiewe impak van die inisiatief te sien. “Om die program se impak verder te verbeter, sal dit wonderlik wees om gereelde opvolggeleenthede te hê met genooide sprekers wat werksessies aanbied," het Patel bygevoeg.

Williams verduidelik dat ? Microsoft Teams-webblad as ? hulpmiddel vir Welweesambassadeurs opgestel is om te kommunikeer en mekaar in die rol te ondersteun. “Dit sal ? vertroulike betrokkenheidsruimte vir uitdagings en idees wees en ons sal ook toepaslike inligting en hulpbronne deel."

Shibu Mamabolo, hoof van Werknemerwelwees in die Afdeling Menslike Hulpbronne, ontwerp tans ? deurlopende opleidingsprogram met aanlyn opleidingsessies wat dieper sal delf in aspekte soos diversiteit; insluiting en gestremdheid; voorkoming van dwelmmisbruik; seksuele en reproduktiewe gesondheid; geestesgesondheid; selfversorging en fisiese welstand; asook die Werknemerwelweesprogram.

Welweesambassadeurs sal ook later vanjaar die geleentheid kry om deel te neem aan ? voldagprogram wat deur die Eenheid vir Gelykwaardigheid aangebied sal word. Dit sal sessies oor geslagsgebaseerde geweld en geslagsgelykheid, geslagsdiversiteit en LGBTQIA+-kwessies, asook afknouery in die werkplek en die aanmelding van gevalle van onbillike diskriminasie dek.

  • Klik hier vir 'n lys van al SU se Welweesambassadeurs.