肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US mikrobioomnavorser vereer vir sy bydrae tot dié veld
Outeur: Faculty of Science (media & communication)
Gepubliseer: 28/05/2024

?Prof. Thulani Makhalanyane is vereer met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Biochemie en Molekulêre Biologie (SASBMB) se gesogte Silwer Medalje vir sy uitstaande bydrae tot hierdie veld.

Prof. Makhalanyane is 'n wêreldbekende mikrobioomnavorser met 'n gesamentlike aanstelling in die Departement Mikrobiologie, en die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke by die Universiteit Stellenbosch (US).  

Die SASBMB Silwertoekenning word elke jaar toegeken aan 'n jonger lid van die vereniging  met 'n nasionale en internasionale rekord van navorsingsuitnemendheid én 'n aktiewe deelnemer aan die aktiwiteite van die SASBMB. Die medalje sal oorhandig word tydens die 28ste SASBMB-kongres wat in Julie vanjaar by die Universiteit van Limpopo plaasvind.  

Prof. Makhlanyane sê hy is sedert sy studentedae 'n lid van die vereniging: “Ek is oor die jare ge?nspireer deur die vergaderings by te woon en die werk wat  aangebied is het my loopbaan gevorm. Dit is werklik ? eer om hierdie nuus te ontvang en ek is dankbaar vir die erkenning."

Hy het onlangs by die geledere van 'n groep Afrika-navorsers aangesluit wat hul beywer vir meer gelyke navorsingsvennootskappe om die unieke en diverse mikrobiome wat in Afrika-populasies en -omgewings voorkom, te verken.  Hierdie verklaring is in Nature Medicine  gepubliseer.

Ons het voorheen die behoefte aan verdere studies oor Afrika-mikrobiome beklemtoon. As Afrikane moet ons aan die voorpunt van hierdie studies wees omdat dit 'n direkte impak op ons eie gemeenskappe en ekosisteme het. Ons het billike vennootskappe nodig om betekenisvolle en volhoubare navorsingsuitkomste te bereik," het hy gesê.  

Prof. Alf Botha, hoof van die Departement Mikrobiologie, sê hulle is uiters trots op hierdie prestasie van een van hul akademici. ?