肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-joernalistiekstudente se dokumentêr debuteer by gesogte Encounters-rolprentfees
Outeur: Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Anél Lewis]
Gepubliseer: 27/05/2024

?? Projek van vier alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Joernalistiek wat hulle verlede jaar voltooi, is by die 26ste Suid-Afrikaanse internasionale dokumentêre fees Encounters vertoon. Die dokumentêr, Van Brood en Water, is die eerste projek deur studente van die Departement wat by ? internasionale fees soos hierdie vertoon is.

Die dokumentêr is deur Stefani Terblanche, Sebastian Paulus, Keziah Bailey en Jodi-Mari Adams vervaardig en wat dit nog merkwaardiger maak, is dat dit binne net drie weke voltooi is, sê Jurg Slabbert, ? dosent in dokumentêre rolprentvervaardiging by die Departement. Die kortkursus was net drie weke lank en in daardie tyd het die studente lesings bygewoon en die voorstel vir die film gedoen, dit vervaardig, verfilm, geredigeer en self aangebied. “Ek is so bly dat hul harde werk buite die klaskamermure erken word en ek is seker dit sal aanklank vind by ? wyer gehoor wat die film gaan sien. Ek kan nie wag om te sien waarmee vanjaar se studente vorendag gaan kom nie."

Encounters-word as Afrika se voorste dokumentêre fees bestempel en is een van die langs bestaande sodanige feeste op die vasteland. Prof Herman Wasserman, Voorsitter van die Departement Joernalistiek, het die studente met hul prestasie geluk gewens. “Dit is veral indrukwekkend as mens in ag neem dat dokumentêre rolprentvervaardiging slegs een van vele multimedia-vaardigheidsmodules is wat ons studente vir hul honneursgraad moet voltooi. Hulle het as volslae beginners begin en het daarin geslaag om hierdie kortfilm binne ? paar weke suksesvol te voltooi. Dit is ? bewys van hul talent, harde werk en toewyding, asook die kundige mentorskap van hul dosent, Jurg Slabbert."

Portret van ? visgemeenskap

Die dokumentêr van 11 minute speel in ? vissersgemeenskap aan die Weskus af en verken die daaglikse lewe, werk en verhoudings van ? plaaslike visserman. Christiaan se bynaam is Witbrood en hy deel insigte oor sy daaglikse lewe en ondersoek die uitbuiting van ? bedryf waarby hy al langer as 50 jaar betrokke is. Die film boekstaaf ook die hoofstukke van sy lewe, met inbegrip van mylpaal-oomblikke soos toe hy sy vrou, Monica, by ? domino-speletjie ontmoet het, asook die aanneming van ? kind uit die buurt. Die film is ? intieme en roerende portret van familie, doelwitte en om ondanks alles te se?vier.

'Dis in die sterre geskryf'

Terblanche sê hulle het dit aanvanklik oorweeg om Adams se pa, ? visserman, as die onderwerp van die dokumentêr uit te beeld. Bailey kom ook van ? vissersdorpie waar haar familie by die bedryf betrokke is. Sy sê dit was derhalwe “in die sterre geskryf" dat die groep iets sou doen wat met visvang verband hou. Maar toe het ? besoek aan die Houtbaai-hawe daartoe gelei dat die plaaslike inwoners Witbrood as ? interessante gevallestudie voorgestel het. “Hy was so vermaaklik dat ons die idee gekry het om op hom en sy vrou te fokus," verduidelik Paulus. “Ons wou lig werp op die visbedryf en kleinskaalse vissers se daagliks uitdagings."

Opoffering en beloning

Oor die kort produksiespertyd sê Terblanche joernalistiekstudente is gewoond daaraan om snags laat en oor naweke te werk as deel van hul veeleisende kursus. Maar sy het ? bykomende persoonlike uitdaging ervaar omdat die produksieskedule met ? tyd van verlies vir haar gesin saamgeval het. “Gelukkig het ons span baie goed saam gewerk en was passievol oor die dokkie, so dit het die gemoedere gelig."

Adams verwys ook na die laat nagte en persoonlike opofferings wat dit geverg het om die film te voltooi. “Ek dink die redigering was een van die stresvolste dele, omdat ons almal individue met verskillende kreatiewe idees is." Hulle stem almal saam dat die ervaring self die kort skedule meer hanteerbaar gemaak het. “Ons het langs die pad ? vriendskap en nuwe verhoudings met van die mense van Houtbaai gesmee, veral met tannie Monica en oom Witbrood, die sterre van die dokumentêr," voeg Bailey by.

Die vier studente, wat in Maart met ? BA Honneurs gegradueer het, is “nederig" dat dít wat as ? klasprojek begin het, by soveel mense aanklank gevind en aan ? wyer gehoor vertoon word. “Om hierdie projek te skep was werklik iets spesiaal en tegelyk uitdagend, aangesien nie een van ons al voorheen ? dokumentêre program geskep het nie," sê Paulus. “Dit beteken eerlikwaar die wêreld dat Encounters in hierdie projek geglo het en dit met die wêreld wil deel."

  • Die dokumentêr sal op Sondag 23 Junie om 10.30 by Encounters in Kaapstad by die Labia-teater vertoon word en op Saterdag 29 Junie om 13:30 in Johannesburg.
  • Vir meer inligting, besoek Encounters.