肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Chevaan Peters
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 24/05/2024

Chevaan Peters staan aan die stuur van Kennisbestuursfunksie van Sosiale Impak aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy hou toesig oor die Sosiale Impakplatform en hanteer bemarking en kommunikasie, wat belyning met die US se strategiese doelwitte verseker. Peters se dinamiese rol moedig samewerking aan en bevorder inisiatiewe met impak regoor die Universiteit, wat tot betekenisvolle samelewingsverandering bydra. Aangesien ons aan die begin van Mei Werkersdag gevier het, dra ons hierdie reeks profiele aan ons personeel en hulle belangrike bydraes tot die Universiteit op.

Wat behels jou rol by die US?

Ek is verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van die Kennisbestuursfunksie van Sosiale Impak (SI) aan die Universiteit. Dit behels onder meer die bestuur en institusionalisering van die webtoepassing van die SI-platform en die bestuur van die bemarking en kommunikasie van die US se SI-strategie? en -inisiatiewe.

?  
Hoe lyk ? tipiese dag by die werk? 

? Tipiese dag is dinamies, varieer en bestaan uit ? mengelmoes van emosies en verwagtinge. Die rol strek oor en is verbind met verskillende velde en wissel van administrasie tot strategiese beplanning, samewerking en praktiese projekbestuur, prioritisering van uitkomste, oorsig en uitnemende uitvoering.

Al word ? dag hoe goed beplan, kan alles soms verander en dan moet mens by die omgewing en die dringendste behoeftes aanpas. Dit is die aard van ? ondersteuningsomgewing.

Dit is van kardinale belang om toeganklik te wees. ? Sleutelfunksie van my rol is om die bestuur van die SI-kennisplatform, kommunikasie en bemarking te verseker, asook belyning met die US se Institusionele Strategiese Voorneme en Strategie en die SI- Strategiese Plan.

My rol behels dikwels leiding, ondersteuning, advies, betrokkenheid, voortdurende verbetering, mobilisering, aanmoediging van samewerking, ontwerp, kreatiwiteit, ontleding en skakeling met SI-inisieerders, administrateurs, departementshoofde en dekane, asook om die assimilasie van sosiale impak regoor die Universiteit te bevorder.

Soms vereis my rol die vermo? om te luister of ? stem van rede te wees. Maar wanneer ek aan die einde van elke dag nabetragting doen, word ek herinner aan die belangrikheid van hierdie werk, die toewyding en die waardes van ons instelling en dat die beloning nie net lê in die doen nie, maar in die impak daarvan en die lewens wat dit raak. Die ware beloning van ons pogings spruit nie uit die optrede self nie, maar in die betekenisvolle verandering wat dit teweeg bring, die positiewe invloed wat dit op ander het en die verskil wat dit in die samelewing maak.

Uiteindelik lê die beloning daarin om te weet dat my pogings daartoe bydra dat die fakulteite en omgewings hulle SI-mandaat vervul en prosesse, planne en beleide vir ? beter en transformerende US be?nvloed en bevorder.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir hierdie werk voorberei? 

Ek glo in die filosofie van deurlopende leer om transformerende impak te bewerkstellig, en my opleiding en ervaring het die grondslag gelê om my vir my rol by die US voor te berei. ? BA in gemeenskapsontwikkeling het my toegerus met ? diepgaande begrip van die sosiale dinamika en uitdagings wat gemarginaliseerde gemeenskappe in die gesig staar. Dit is van onskatbare waarde vir hierdie werk.

Voorts het my dekade lange betrokkenheid by gemeenskapsbetrokkenheid in Suid-Afrika se ho?ronderwyssektor praktiese insigte verskaf in die kompleksiteite met betrekking tot die aanpak van maatskaplike ongelykhede en die bevordering van onderwystoegang.

Ek dink ek het danksy aktiewe deelname aan verskeie gemeenskapsinisiatiewe leierskaps-, kommunikasie- en samewerkingsvaardighede ontwikkel, wat alles deurslaggewend vir my huidige rol is.

Nog belangriker as opvoeding en ervaring is die passie om ? positiewe impak te maak en ? toewyding om die Universiteit se missie uit te dra om positiewe maatskaplike verandering teweeg te bring en kennis in diens van die samelewing te bevorder. Ek het die begeerte om te leer en in ? rol soos hierdie moet mens oop wees vir leer, relevant bly en ? voorbeeld wees. Bruce Lee het eens gesê: “Knowing is not enough, we must apply. Willing is not enough, we must do."

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?

Ek het ? magdom kennis, ? ryk geskiedenis, skoonheid en lewenstransformerende stories by die US ontdek, mense wat gedrewe en passievol is oor wat hulle doen en hoekom hulle dit doen, asook innoverende en impakvolle inisiatiewe wat ? beter m?re belowe.

Wat in my rol bevredigend is, is die vermo? om inkrementele en betekenisvolle waarde toe te voeg, die geleentheid om ? tasbare verskil te maak, om by te dra tot inisiatiewe wat maatskaplike ongelykhede aanpak, die geleentheid om te leer, af te leer en weer te leer, die geleentheid om saam te werk, die geleentheid om te ontdek, die vestiging van lewenslange verhoudings, die herstel van hoop, die uitdrukking van vreugde.

Tiger Woods het eens gesê: “No matter how good you get you can always get better, and that's the exciting part."

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag. 

Ek is ? superheld-fanatikus: Daar is niks soos die opwinding van die epiese gevegte tussen goed en kwaad nie, waar moed ondanks alles oor vrees en geregtigheid se?vier. Van die bladsye van strokiesprentboeke tot die grootskerm inspireer superhelde ons om te glo in die krag van hoop, veerkragtigheid en die menslike gees.

Wat my werklik van die wêreld van superhelde boei, is nie net hulle buitengewone vermo?ns nie, maar ook hulle onwrikbare toewyding om van die wêreld ? beter plek te maak. Of hulle nou deur die lug vlieg, deur stede se strate swaai, of in die aangesig van te?spoed opkom vir wat reg is, herinner hierdie helde ons daaraan dat selfs die kleinste gebaar van vriendelikheid kolossale verandering kan meebring.

En dit gaan nie net oor die windmakerige kostuums en superkragte nie — dit gaan oor die waardes wat hulle verteenwoordig. Van Superman se verbondenheid tot waarheid en geregtigheid tot Wonder Woman se deernis en krag, beliggaam elke held tydlose deugde wat aanklank by gehore van alle ouderdomme vind.

Buiten die opwinding van die aksiebelaaide gevegte, is dit die onderliggende boodskap van hoop wat my telkens teruglok.

FOTO en VIDEO: Stefan Els