肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bou bande deur die hele Afrika
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 23/05/2024

?Universiteit Stellenbosch (US) Internasionaal se portefeulje vir Afrikavennootskapsontwikkeling vorder fluks met die fasilitering van samewerking en vermo?bou tussen instellings op die vasteland. Die portefeulje, wat in US Internasionaal se Sentrum vir Samewerking in Afrika gele? is, staan onder leiding van Norma Derby.

Vennootskappe vir Afrika

Derby se hoofverantwoordelikhede is om vennootskappe met die res van Afrika te bestuur, studente- en personeelmobiliteit in Afrika te fasiliteer, en US-geleenthede met 'n Afrikafokus te ko?rdineer. “Ons bestuur vennootskappe deur fakulteite met nuwe én hernubare ooreenkomste te ondersteun, en deur besoeke te ontvang en te onderneem," verduidelik sy. Die portefeulje is ook deel van US Internasionaal se werkgroep vir ooreenkomsontwikkeling om op hoogte te bly van sake en in pas te bly met die US se vennootskapsdoelwitte.

“Studente- en personeelmobiliteit verseker op sy beurt vermo?bou en blootstelling," sê Derby. Dít geskied gewoonlik in die vorm van vaardigheidsopleiding vir magister- en doktorale studente van Afrika. “Boonop bied ons jaarliks geleenthede aan om Afrikadag (25 Mei) en Afrika-universiteitsdag (12 November) te vier. Ons gebruik daardie geleenthede as 'n platform om die aandag op pan-Afrikanisme te vestig," voeg sy by.

'n Vinnige kykie na onlangse en beplande werk

Van die meer onlangse intervensies wat die portefeulje gefasiliteer het, was:

  • 'n besoek van 'n afvaardiging van die Universiteit van Luanda (Angola) en die daaropvolgende ontwikkeling van 'n ooreenkoms tussen die twee instellings se visekanseliers, wat in Junie 2024 afgehandel sal word;
  • twee besoeke van die Instituut vir Finansi?le Bestuur in Tanzani?, gevolg deur die ondertekening van 'n verklaring van voorneme in Maart 2024;
  • 'n besoek van 'n afvaardiging van die Jomo Kenyatta Universiteit vir Landbou en Tegnologie (JKUAT) in Kenia in 2023, en 'n teenbesoek deur die US kort daarna; en
  • die aanbieding van die program Intensive English Language vir studente van die Institut National Polytechnique (INPHB), Ivoorkus, in 2023.

Beplande projekte in die maande wat voorlê, sluit in:

  • verdere samewerking om die program Intensive English Language in Junie en Julie 2024 vir studente van INPHB en die Universiteit van Luanda aan te bied;
  • die bywoning van 'n konferensie van die Universiteit van Luanda deur US-personeel;
  • besoeke van bilaterale vennote uit Kenia, Namibi?, Uganda en Ghana om te gesels oor hulle moontlike insluiting by die lys buitelandse semesterprogramme waaruit US-studente kan kies; en
  • samewerking met Tanzani? se Instituut vir Finansi?le Bestuur om 'n personeelmobiliteitsprogram vir daardie land se staatsamptenare te ontwerp.

Ondersteun Afrika se opgang as kernwêreldspeler

Derby sê alle intervensies is daarop gerig om samewerking deur die hele Afrika te bevorder, die akademiese kundigheid van junior vakkundiges op die vasteland te bou, en 'n sterk netwerk Afrika-akademici te ontwikkel. “Dit sal 'n meer bekwame en kundige werksmag help skep en Afrika se opgang as 'n kernwêreldspeler ondersteun."

Ander inisiatiewe in die Sentrum vir Samewerking in Afrika wat bilaterale samewerking met vennote in Afrika fasiliteer, is die Afrikasamewerkingstoekenning en die Intra-Afrika-mobiliteitskema vir Akademici. Eersgenoemde bied toekennings vir navorsingsbesoeke, konferensiedeelname, die ontvangs van senior besoekende vakkundiges, en die ondersteuning van nagraadse studente en nadoktorale genote. Tussen 2010 en 2024 is 'n totale aantal toekennings wat toegeken is 280. Laasgenoemde bevorder studente- en personeelmobiliteit in Afrika deur beursgeleenthede vir nagraadse studente en ontwikkelingsprogramme vir personeel te voorsien.