肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US ontvang R28 miljoen-toekenning om immuunstelsels van MIV-positiewe moeders, pasgeborenes te ondersoek
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 20/05/2024

Prof Clive Gray van die Afdeling Immunologie in die Biomediese Navorsingsinstituut aan die Universiteit Stellenbosch (US) het ? toekenning van R28 miljoen oor vyf jaar van die Fogarty- Internasionale Sentrum aan die VSA se National Institutes of Health (NIH) ontvang om ? opleidingsprogram van stapel te stuur om die immuunstelsels van MIV-positiewe moeders en hulle pasgeborenes in Afrika te verstaan.

Die toelaag is vir die multidissiplinêre, internasionale en interkontinentale MIV-opleidingsprogram vir Afrika bekend as Volgendegenerasie-opleiding in MIV-navorsing: Immuniteit in die eerste 1 000 dae van moeder-kind pare (TIGRIS).

TIGRIS sal deur streng kliniese en basiese wetenskaplike laboratoriumopleiding spesifieke hipoteses ondersoek wat verband hou met hoe MIV-infeksie by swanger vroue tot nadelige geboorte-uitkomste en gevolglike immuundisfunksie by kinders lei. Die primêre perseel sal by die US wees, met die Mayo-kliniek in Rochester in die VSA as die hoofvennoot.

“Reproduktiewe immunologie (interaksies tussen die immuunstelsel en voortplantingsprosesse) in die konteks van MIV-infeksie is ? totaal onderontwikkelde veld wêreldwyd en spesifiek in Afrika, waar die meeste van die wêreld se swanger vroue met MIV leef. TIGRIS se fokus is om die impak van die oordrag van MIV-infeksie van die ma na die ontwikkelende baba in die baarmoeder en ná geboorte te verstaan," sê Gray. Hy is ook die Hoof van die RIRCA-groep (die navorsingsentrum vir voortplantingsimmunologie in Afrika by die US). Dit is ? konsortium van immunolo? en pediaters wat navorsing doen oor merkers en meganismes van swak geboorte- en perinatale uitkomste met ? immunologie-etiologie (die studie van die oorsake van immuunverwante toestande).

Gray voeg by dat die NIH-toekenning “ons in staat sal stel om RIRCA tot ? dinamiese navorsings-, opleiding- en onderrignis uit te bou. Dit bou voort op die stewige navorsingsruggraat wat my span oor die afgelope 3 jaar aan die US tot stand gebring het en brei dit uit na opleiding en onderrig regoor Afrika en deelnemende navorsingslaboratoriums in die Verenigde Koninkryk (VK) en die VSA.

“Ons sal hierdie opleidingstoelaag as hefboom kan gebruik om vir verdere navorsingsbefondsing by die NIH en ander skenkingsbefondsers aansoek te doen om ons navorsingsportefeulje te versterk. Sodoende kan ons meer opleidingsgeleenthede aan MMed- en PhD-studente bied, asook aan na-doktorale genote."

TIGRIS word bygestaan deur talle mede-navorsers van die VSA (Morehouse School of Medicine, Stanford-universiteit, Duke-universiteit, die Weill-Cornell Medical College, die Cincinnati Children's Hospital Medical Centre, die Seattle Children's Research Institute en Harvard-universiteit); Kanada (die Universiteit van Toronto); en die VK (Universiteite van Cambridge, Oxford en Surrey). Die wye spektrum van globale immunologiekundiges sal as mentors dien deur kort- en mediumtermyn-laboratoriumopleiding te bied aan geregistreerde MMed- en PhD-studente en na-doktorale genote in Suid-Afrika, Benin, Kenia, Malawi en Uganda.

Gray sê hulle sal na verwagting gesamentlik 45 studente by die US en sy Afrika-vennote oplei. “Die studente sal ook ons begrip bevorder oor hoe MIV die gesondheid van moeders en pasgeborenes, sowel as die funksies van die plasenta, ontwrig."

  • ?Klik hier om meer oor prof Clive Gray te lees.?