肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Irshaad se pad na sukses
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 17/04/2024

Irshaad Ahmad Parker se deelname aan die Universiteit Stellenbosch se SciMathUS universiteitsvoorbereidingsprogram het sy lewe verander en hom hierdie belangrike lewensles geleer: waar jy begin, sal nie noodwendig bepaal waar jy sal eindig nie.

?Die SciMathUS-program gee ho?rskoolleerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir ho?ronderwyskeuring kwalifiseer nie, 'n tweede kans om hul Nasionale Senior Sertifikaat resultate in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Dit stel hulle dan in staat om weer vir universiteitsprogramme aansoek te doen. 

Irshaad, wat afkomstig is van die Kaapse Vlakte-voorstad Grassy Park, verduidelik: “Die gemeenskap waarin ek grootgeword het, is nie baie ondersteunend wanneer dit kom by jongmense wat studeer nie en 'n mens kan maklik vasgevang raak in die euwels wat die gebied teister. Maar deur my toe te rus met eienskappe soos stiptelikheid en aandag aan detail, het die SciMathUS-program my laat besef dat ek verantwoordelik is vir my eie sukses. Dit het my gehelp om af te sien van daardie verkeerde oortuiging 'dat die omstandighede waarin ek grootgeword het, sou bepaal waar ek sou eindig'. Dit was 'n moeilike les om te leer, maar ek is bly ek het dit gedoen, want nou glo ek dat ek enigiets in die lewe kan bereik."

?Hy huiwer ook geensins om ander aan te raai om die SciMathUS-program te oorweeg nie.

“Dié program gee jou die geleentheid om jou punte te verbeter terwyl jy ook die volle studente-ervaring kan geniet. Dit is 'n groot voordeel as jy besluit om by Stellenbosch te studeer. Verder weet baie matrikulante selde wat hulle as 'n loopbaan wil volg en wat hul belangstellings is. SciMathUS bied jou die geleentheid om jou nis te vind, en wat jy akademies wil nastreef." 

Irshaad sê SciMathUS het hom gehelp om sy akademiese nis en die dissipline te vind om daarin suksesvol te wees.

“Die program het my gehelp om te besef dat ek 'n passie vir Biologie het, en nadat ek my wiskunde- en fisikapunte verbeter het, het ek in 2017 vir 'n BSc in Menslike Lewenswetenskappe aan die US ingeskryf. Hierdie opsie was 'n goeie manier om die wetenskappe te betree en het my gehelp om biologiese verskynsels te verstaan. Daarna het ek 'n honneursgraad in Biochemie nagestreef. Dit was 'n sinvolle opsie, aangesien Biochemie 'n groot verskeidenheid velde bied om te verken."

Gedurende daardie tyd het hy hom ook op ander gebiede onderskei en sodoende die program se filosofie om afgeronde, bekwame studente en individue te lewer, uitgebeeld.

“Gedurende my voorgraadse jare was ek van 2017 tot 2020 by Helderberg-manskoshuis. Daar was ek twee jaar lank 'n mentor, voorsitter van 'n kritiese gespreksforum en het ek op die eerstejaar se komitee gedien. Daarbenewens het ek in 2020 op die Natuurwetenskappe-komitee as 'n sosiale verteenwoordiger gedien. Ek was klasverteenwoordiger vir talle Biochemiemodules (214, 315, 345). Aan die einde van my voorgraadse studies het ek my graad met 'n gemiddelde van 73% voltooi en 'n beurs vir my honneursjaar losgeslaan. Gedurende my honneursjaar het ek by Huis De Villiers tuisgegaan en 'n toekenning ontvang vir my bydraes as afdelingverteenwoordiger. Ek het my honneursjaar suksesvol voltooi en cum laude gegradueer. Ek het dit alles gedoen terwyl ek deeltyds vir 'n internasionale maatskappy (Systeme.io) gewerk het, 'n besigheid (Local Cape Roots) geloods het, 'n ander besigheid (Sprout Smart) ontwikkel het en op 'n kontrakbasis as projekbestuurder by familiebesigheid Churchill gewerk het."

In Desember 2023 het Irshaad sy meestersgraad in biomediese ingenieurswese cum laude verwerf, ook aan die US.

“Na die voltooiing van my BSc Hons, het ek my visier daarop gerig om 'n MIngWet in Biomediese Ingenieurswese te volg. Hierdie keuse het gevolg na diepe oorweging van toekomstige loopbaanvooruitsigte en persoonlike ontwikkeling.

“Wanneer jy aan 'n meestersgraad dink, dink 'n mens dadelik aan navorsingsartikels en eksperimente. Alhoewel dit 'n groot mate van bemeestering is, is die werklike bemeestering dié van jouself. Beginsels soos dissipline, tydsbestuur en aanspreeklikheid is eintlik waaroor die meestersgraad gaan, ten minste vir my."

Hy het 'n kontrak met die Panthera-bewaringsorganisasie geteken, waar hy as hul bewaringsondersteuningsko?rdineerder sal werk. Deur die vaardighede van sy navorsingsprojek te gebruik, sal hy by die Panthera-span aansluit in die stryd teen die verlies van grootkatte-biodiversiteit. "Ons span sal die nuutste masjienleertegnieke implementeer om groot katspesies op te spoor, te monitor en te beskerm," sê hy.

“As ek terugdink aan my SciMathUs-dae, was ek beslis 'n heel ander persoon. Die transformasie oor hierdie jare was ongelooflik. Ek is so dankbaar vir die geleenthede en harde werk van die SciMathUS-personeel (jy weet wie jy is). Ek hoop my sukses het vir jou vreugde gebring, en jy kan gerus wees met die wete dat al daardie geduld werklik my akademiese loopbaan aangevuur het."

?Hy hoop om op sy manier 'n voorbeeld te wees vir die jongspan van sy tuisdorp wat steeds vasgevang is in die siklus waarvan hy gelukkig kon ontsnap.