肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toekomstige professore aan die US kry ? groot hupstoot met SUNRISE
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 04/04/2024

? Hipermoderne program om top-akademici te ondersteun op hulle pad om professors te word, is onlangs by die Universiteit Stellenbosch (US) bekendgestel. Die bekendstelling van die inisiatief het die begin van die SUNRISE-program (dit staan vir strategiese uitnemendheid in navorsing en innovasie) gevier, asook die keuring van die eerste groep van 35 genote wat bestaan uit akademiese personeel van regoor die US se fakulteite.

By dié geleentheid, wat op 13 Maart by Lanzerac aangebied is, het institusionele rolspelers aan die US, lede van die Rektoraat en die fakulteitsleierskap, asook vakkundige rolmodelle van reg oor die US aangesluit by die genote wat danksy hulle uitsonderlike akademiese prestasie en kennis gekies is.

Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het gesê dit is ? vreugde om so ? bekwame groep akademici te verwelkom.

Hy het verduidelik die SUNRISE-program het ten doel om ? energieke gemeenskap van presterende eweknie? te vestig wat die kern kan word van ? inklusiewe en ondersteunende US- akademiese gemeenskap, gekenmerk deur uitnemendheid en vakkundige samewerking.

“Ons is by ? beslissende oomblik in die trajek van die Universiteit Stellenbosch se akademiese landskap. ? Aansienlike groep van ons professore gaan oor die volgende dekade aftree. So, ons het die jongmense nodig om na vore te tree en hierdie plekke te vul," het De Villiers gesê.

Hy het genoem dat die SUNRISE-program ge?nspireer is deur die hoogs suksesvolle nasionale Toekomstige Professore-program (TPP). “Ons is dankbaar vir akademici soos prof Sibosiso Moyo en prof Jonathan Jansen wat ? deurslaggewende rol as leiers van die TPP gespeel het."

Tot dusver is 10 van die US se akademiese personeellede gekeur vir die TPP, wat deur die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding gefinansier word.

Dit was die sukses van die TPP en die duidelike voordele daarvan vir die US en die Suid-Afrikaanse universiteitsektor oor die algemeen, wat gelei het tot die strategiese besluit deur die US om die TPP se reikwydte en impak te verbreed deur befondsing en die skep van ? soortgelyke program wat spesifiek op die US se akademiese personeellede gerig is.

Oor die volgende drie jaar sal tot 120 genote by die SUNRISE-program ingeskryf word en daar sal jaarliks ? nuwe groep van sowat 40 genote ingeneem word, het De Villiers verduidelik. Dié program sal ? hupstoot verleen aan middelloopbaan-akademici wat intellektuele en navorsingsuitnemendheid getoon het en wat verbind is tot ? loopbaantrajek wat tot die professoraat kan lei.

Dis nie maklik om ? professor te word nie, het De Villiers gemaan. “Dit verg toewyding. Dit is nie ? naelloop nie, dit is ? marathon. Dit verg nuuskierigheid, energie en moed. En dit verg deursettingsvermo?. So, aan ons eerste SUNRISE-genote, hartlik geluk. Julle is die voorhoede van ? nuwe inklusiewe en ondersteunende akademiese gemeenskap. Ek het volle vertroue in julle, julle kan dit doen! Ek wil ook die Universiteit se dekane en die visedekane bedank vir hulle teenwoordigheid vandag en vir hulle ondersteuning."

Meer as ? opleidingsprogram

Prof Sibusiso Moyo, die US se Adjunk-visekanselier: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, het meer besonderhede verskaf oor die SUNRISE-program, wat oor twee jaar strek. Die eerste jaar bestaan uit ? maatstafstellingsoefening, wat sal lei tot ? verpersoonlikte ondersteuningsplan vir die ontwikkeling van ? gefokusde akademiese projek, afrigting en ? reeks gesamentlike geleenthede. Die tweede jaar ondersteun toepaslike geleenthede vir internasionale uitruiling of samewerking, gegrond op die aanbevelings van die maatstafpaneel van kundiges en die vereistes van die individu se intellektuele projek.

Moyo het benadruk dat die SUNRISE-program nie net nóg ? opleidings- of ontwikkelingsprogram nie. “Ons het reeds verskeie ontwikkelingsprogramme by die US, maar ons het ? vraag na verpersoonlikte akademiese mentorskap en afrigting ge?dentifiseer. Die basiese beginsel van SUNRISE is dat ons genote in hulle besluitneming lei en hulle ondersteun om enige geleenthede aan te gryp wat hulle identifiseer, skep of inisieer," het sy gesê.

Leiding en ondersteuning deur die SUNRISE-program sal die hulp van akademici behels om ? gefokusde intellektuele projek te ontwikkel, bestaande netwerke uit te brei, geskikte finansiering te vind, relevante onderrigervaring op te bou, asook die raadsaamheid en tydsberekening van internasionale blootstelling en samewerking. Besondere klem word geplaas op die ontwikkeling van ? intellektuele projek wat oor vyf tot agt jaar strek.

“Ek is vol vertroue dat julle met hierdie ondersteuning die geleenthede vir professionele groei in die akademiese gemeenskap sal kan aangryp en julleself optimaal vir toekomstige loopbaanvordering sal kan posisioneer," het Moyo gesê. Sy het bygevoeg dat die SUNRISE-program nie ? outomatiese vordering tot professorsvlak waarborg nie, aangesien dit uiteindelik deur die US se bevorderingskriteria bepaal word. Sy het egter benadruk dat die program gewis akademiese graderings en uitnemendheid sal verbeter.

? Sleuteldeel van die program is gereelde aanlyn afrigtingsessies in klein groepe wat deur dr Mothomang Diaho en Chantelle Wyley gefasiliteer sal word. Hulle het albei uitgebreide ervaring in vroe?- tot middelloopbaan-afrigting in die ho?ronderwyssektor.

Prof Moyo het verduidelik die SUNRISE-program is die verantwoordelikheid van die Afdeling Navorsingsontwikkeling en Innovasie aan die US en val onder haar leierskap, met die bystand van dr Therina Theron, Senior Direkteur van Navorsingsontwikkeling en Innovasie. Ronel Steyn is die SUNRISE projekbestuurder en prof Jackie du Toit is die akademiese raadgewer in diens van die program. SUNRISE sal nou saamwerk met 'n verskeidenheid akademici en kenners van regoor die Universiteit asook uit die bre?r plaaslike en internasionale akademiese gemeenskap.

“Ons sal ook staatmaak op die kollektiewe kundigheid van huidige senior akademici om julle te lei. ? Groot dankie ook aan prof Jansen en ander lede van die TPP-program wat bereid is om hulle insigte te deel," het Moyo gesê.

Inspirerende boodskap

Jansen, uitgelese professor in opvoedkunde en hoofspreker by die SUNRISE-bekendstelling, het ? positiewe perspektief geskets oor wat dit beteken om ? eersterangse professor te wees. Die top-universiteite in die wêreld is bekend vir hulle akademici, het hy gesê.

“Ons waarde as ? universiteit spruit uit die gehalte van ons professors. Ons het geen ander waarde nie."

Die beste professors het ? onge?wenaarde werksetiek en hulle het ? passie vir hulle vak, het Jansen die jong akademici herinner. “? Professor weet iets meer en beter as die res van ons. As jy regtig ? goeie professor wil wees, moet jy ? wêreldkenner word. Jy moet ernstig wees oor die akademiese werk – oor die kwaliteit daarvan, maar ook oor die kwantiteit."

As professor moet jy so passievol oor jou vak wees dat jy vreemdelinge wil voorkeer en jou navorsing met hulle wil deel, het Jansen aangeraai. “Ek wil hê jy moet gedrewe en opgewonde en aangevuur wees. Tensy jy passievol is oor wat jy doen, sal jy dit nie tot in jou sestigs kan doen nie.

“Wat ek ook van werklik avontuurlike en suksesvolle professore opgemerk het, is hulle ryk netwerk van internasionale kollegas. Die sinvolle roete na professorskap hang af van die gehalte van jou internasionale netwerke. Dit is maar hoe die wêreld werk."

Jansen het die eerste groep SUNRISE-deelnemers gelukgewens en gesê hy hoop hulle word uitstaande professors op hulle gebied.