肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gene speel 'n belangrike rol in TB-vatbaarheid
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Sue Segar
Gepubliseer: 25/03/2024

Nuwe navorsing toon dat genetika 'n belangrike rol speel in mense se vatbaarheid om tuberkulose (TB) te ontwikkel.

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) is deel van 'n wetenskaplike konsortium wat genetiese vatbaarheid vir TB ondersoek het en gevind het dat genetika ongeveer 26% bydra tot die waarskynlikheid vir iemand om TB op te doen.

Die studie, wat gedoen is deur die International Tuberculosis Host Genetics Consortium onder leiding van dr Haiko Schurz van die US se Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, dr Vivek Naranbhai, wat aan die Universiteit van Oxford in die Verenigde Koninkryk verbonde is, asook talle ander instellings, het mense van verskillende agtergronde bestudeer om algemene genetiese faktore te vind wat TB-risiko wêreldwyd be?nvloed. Die navorsingsartikel, getiteld “Multi-ancestry meta-analysis of host genetic susceptibility to tuberculosis identifies shared genetic architecture", is onlangs in die joernaal eLife gepubliseer.?

“Ons het data van 12 studies in nege lande regoor Europa, Afrika en Asi? ingesamel, insluitend meer as 14 000 mense met TB en byna 20 000 wat nie TB gehad het nie," sê prof Marlo M?ller van die US se Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, wat ook by die studie betrokke is. "Deur mense van verskillende agtergronde te bestudeer, het ons gehoop om algemene genetiese faktore te vind wat TB-risiko wêreldwyd be?nvloed."

Almal wat aan Mycobacterium tuberculosis (die bakterie wat TB veroorsaak) blootgestel word, sal nie daarmee besmet word nie, en van diegene wat besmet is, sal nie almal aktiewe TB ontwikkel nie.

“Baie studies is gedoen om uit te vind hoe ons gene ons kanse om TB te kry be?nvloed. Soos wat hierdie studies groter word of nuwer, beter maniere gebruik om na gene te kyk, is dit belangrik om al die data bymekaar te sit om te sien watter geenvariasies aan TB-risiko gekoppel is," verduidelik M?ller.

Vorige navorsing wat op klein groepe mense gedoen is, het óf niks gevind nie óf resultate kon nie na ander groepe ge?kstrapoleer word nie. Die samevoeging van data van verskillende studies in 'n meta-analise verhoog die waarskynlikheid om betekenisvolle resultate te bekom.

“In ons studie het ons datastelle van verskillende voorgeslagte gekombineer, wat ons in staat gestel het om ons resultate te vind – dat 26,3% van die waarskynlikheid om TB te kry aan ons gene te wyte is. Dit geld vir verskillende agtergronde, wat wys dat ons gene 'n groot rol in die siekte speel," sê M?ller.

Wetenskaplikes stel al lank belang in hoe gene mense se kans om TB te kry, be?nvloed. “Meer as 100 gene is bestudeer, maar slegs enkele verbande is in verskillende studies bevestig. Dit kan wees omdat die studies nie genoeg monsters ingesluit het nie, verskillende metodes gebruik is, of omdat mense in verskillende gebiede verskillende genetiese agtergronde het," verduidelik M?ller.

“Voor ons meta-analise het 17 studies genetiese variante oor die genoom heen met betrekking tot TB-vatbaarheid bekyk en slegs twee streke van die genoom het in meer as een studie opgeduik. Een is gevind in mense van Ghana en Gambi? en is ook in Suid-Afrika en Rusland gesien. Nog 'n genetiese streek wat in Rusland gevind is, is ook in ander studies bevestig."

Volgens M?ller beplan die konsortium om die datastel verder te gebruik, en is ten minste twee ander manuskripte in die vooruitsig.

“Omdat TB kompleks is en die uitwerking van gene gewoonlik klein is, het ons groter groepe mense en verskillende maniere nodig om genetika te bestudeer. Die generering van genetiese data met behulp van meer gepaste mikroskikkings [instrumente wat vir geenontleding gebruik word] wat inligting van 'n groter verskeidenheid mense insluit, tesame met beter tegnieke om ontbrekende genetiese data in te vul, kan ons help om groter en meer betroubare stelle inligting vir toekomstige studies in te samel.

“Die gebruik van nuwe tegnologie? soos langleesvolgordebepaling om spesifieke gene wat met TB-vatbaarheid verband hou, noukeurig te bekyk, kan ook nuttig wees. As ons meer genetiese data het, sal ons die genetiese vatbaarheid vir TB meer akkuraat kan ontleed en ondersoek hoe verskillende gene saamwerk om die siekte te bekamp.

M?ller sê die studie demonstreer “hoe samewerking en die deel van data ons kan help om moeilike probleme te verstaan en uit te vind wat mense meer geneig maak om komplekse siektes soos TB te kry".

Onderskrif: Dr Haiko Schurz en prof Marlo M?ller.