肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gemeenskappe en jeug moet die pas aangee om MIV/vigs te oorkom
Outeur: Stellenbosch 肆客足球's Africa Centre for HIV/Aids Management
Gepubliseer: 22/02/2024

?DIE 2023-TEMA vir Wêreldvigsdag ─ “Laat gemeenskappe lei" ─ het die kritieke rol wat gemeenskappe in die vordering met oorwinning oor MIV/vigs speel, beklemtoon. Hierdie erkenning van die strategiese posisie van gemeenskappe om mense te verbind, vertroue te bou, verandering te fasiliteer en verantwoordbaarheid af te dwing was ook die tema van die onlangse jaarlikse somerskool vir die vlagskipprogram van die Afrika-sentrum vir MIV/vigsbestuur aan die universiteit. 

Elke jaar begin studente wat ingeskryf is vir die nagraadse diploma in MIV/vigsbestuur by die Afrika-sentrum die akademiese jaar met 'n week lange somerskool waar kenners die jongste insigte en kundigheid oor die epidemie deel. Om 'n tema vir vanjaar se geleentheid (5 tot 9 Februarie) te kies was 'n natuurlike keuse. Bykomend tot die Wêreldvigsdagfokus, het die Afrika-sentrum se direkteur, dr. Munya Saruchera, daarop gewys dat baie van die huidige struikelblokke om die epidemie te be?indig ─ insluitend stigma, houdings, gedrag, uitsluiting en ongelykhede ─ tekenend is van die historiese verwaarlosing van gemeenskappe in MIV/vigsleierskap en betrokkenheid. 

Inleidende sprekers fokus op samewerking en uitdagings 

Die aanbieders het verskeie aspekte van 'n gemeenskapsgeleide MIV/vigsrespons verken, beginnende met twee prominente sprekers. Anne Githuku-Shongwe, streekdirekteur van UNAIDS vir Oos- en Suider-Afrika, het gesels oor huidige samewerking tussen UNAIDS en gemeenskappe en het geleenthede en uitdagings beklemtoon vir wanneer gemeenskappe met rolspelers saamwerk. Terwyl Githuku-Shongwe glo dat gemeenskapgeleide benaderings deurslaggewend is om die mees gemarginaliseerde mense te bereik, het sy gewaarsku dat daar steeds baie gedoen moet word: “Gemeenskapsleierskap is 'n bate; tog kry dit nie genoeg finansiering, vergoeding, steun of erkenning nie, en kom selfs onder skoot." 

Die tweede spreker, Gideon Byamugisha (medestigter van ANERELA+ en beskermheer van INERELA+, netwerke van godsdiensleiers wat met MIV leef of persoonlik deur MIV geraak is), het gefokus op die rol van geloofsgebaseerde organisasies (GBO's) om die gemeenskapsgesondheidsagenda te stel en by te dra tot MIV/vigsdoelwitte. Dit behels onder meer om klem te lê op spirituele deugde en gemeenskapswaardes wat nodig is vir regverdige, holistiese en volhoubare gesondheid en welstand, en wat uiteindelik infeksies, stigma en onreg sal verminder. 

Terwyl GBO's hulle reaksies op die epidemie aanpas soos kennis en wetenskap rakende MIV/vigs ontwikkel, sê Byamugisha liefde bly die filosofiese, spirituele en morele grondslag van hulle MIV/vigsintervensies. “In gesinne, gemeenskappe en lande waar liefde vir mense wat liefde kort, troos vir mense wat ontsteld is en vuurmaak onder mense wat te gemaklik is óf ontbreek óf onbeduidend is, is toenames in nuwe MIV-infeksies, oordrag, siektes en sterftes duidelik." 

Aksie in gemeenskappe en onder jong mense het 'n impak op die akademiese omgewing 

Gemeenskapsimpak strek ook tot by die akademiese omgewing. Volgens dr. Burt Davis, senior dosent by die Afrika-sentrum, skep die gesamentlike ontwikkeling van kennis tussen universiteite en gemeenskappe groter betrokkenheid en vertroue tussen gemeenskappe en die akademie, wat die grondslag is van vrugbare gemeenskapsinisiatiewe. “Die wetenskaplike antwoorde wat ons as akademici soek, lê dikwels opgesluit in gemeenskappe se stories en optrede, veral wanneer dit kom by belangrike maatskaplike kwessies soos MIV/vigs. Om gemeenskappe te laat lei, is 'n doeltreffende manier om hierdie narratiewe in te samel en in empiriese oplossings te vertaal." 

Die somerskool het verder gefokus op die rol van jeuggemeenskappe as die groep wat die grootste belang by die toekoms het. Die jeug is veral kwesbaar as dit kom by die risiko van MIV-infeksie, maar hulle dra energie, aanpasbaarheid en kreatiwiteit tot die stryd by. Die inspirerende jeugleiers wat hulle perspektiewe gedeel het, was Zanele Cekiso (gehalteko?rdineerder by SEAD Consulting), Teboho Mohloai (streeksprogrambeampte van SAT en sekretaris-generaal van AfriYAN), en Nyasha Phanisa Sithole (programbeampte vir jeugleierskap en betrokkenheid by MenEngage Global Alliance en medestigter van die Development Agenda for Girls and Young Women in Africa Network). 

Cekiso meen die kenmerkende eienskappe en ervarings van die jeug ─ soos hulle handigheid met digitale platforms ─ is van kardinale belang om nuwe benaderings tot die hantering van MIV/vigsverwante uitdagings te vind. Mohloai het bygevoeg dat die jeug 'n kernrol in die volhoubaarheid van beleide kan speel: “Jeugbetrokkenheid waarborg dat beleide die ontluikende waardes en prioriteite van die samelewing weerspie?l en relevant vir toekomstige generasies is." 

Sy is ook 'n voorstander van die jeug as agente van verandering, aangesien jong mense “dikwels oor die passie en idealisme beskik wat nodig is om die status quo uit te daag". Met die jeug wat dikwels nie ernstig opgeneem word nie, is daar generasiegapings wat oorbrug moet word. “Om 'n meer inklusiewe en produktiewe samelewing te bou, moet ons oop kommunikasie, begrip en samewerking tussen generasies aanmoedig," het Cekiso verduidelik. Dit is makliker gesê as gedaan. 

Sithole het verskeie aksies beklemtoon wat nodig is vir betekenisvolle jeugbetrokkenheid, waaronder finansi?le en tegniese hulpbronne, leergeleenthede onder eweknie? asook mentorskap. “Vir 'n lang tyd was jong mense net ontvangers van projekte, maar daar is 'n geleentheid dat hulle ook as navorsers betrokke kan raak," het sy gesê. “Potensi?le vennootskappe kan die formalisering en akkreditering van eweknie-opvoedingsopleiding insluit en jong mense ondersteun om hulle ervarings en werk te dokumenteer. Dit sal in 'n groot mate help om die narratief te verander en daartoe bydra dat jong mense aktief by die bestuur van MIV/vigs betrokke kan word." 

MIV/vigs op die wêreldagenda 

Ondanks die tendens dat MIV/vigs wegskuif van die prioriteitslys van globale kwessies weens ander krisisse, beskou die jeug dit steeds as 'n ernstige openbare gesondheidsuitdaging. “Die epidemie vereis volgehoue aandag en hulpbronne vanwe? die impak op openbare gesondheid, die ekonomie, die samelewing (waaronder onderwys en indiensneming) en wêreldwye gesondheidsekuriteit," het Mohloai gesê. 

Ander onderwerpe wat gedurende die week gedek is om die gemeenskapsrol uit te lig het die epidemiologie en beheer van MIV/vigs, die makro-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak van die epidemie en praktiese gemeenskapsmobilisering ingesluit. Sprekers het ook gefokus op die verhouding tussen MIV/vigs en verskeie faktore soos migrasie en armoede, vrees, stigma en isolasie, seksualiteit en geslagsgelykheid, sowel as kultuur. 

Om teorie in praktyk om te skakel, is daar reeds gesprekke oor samewerking tussen die Afrika-sentrum en organisasies wat by die somerskool verteenwoordig is. Dit beklemtoon die onbenutte krag van 'n verenigde benadering. Soos Mohloai gesê het: “Deur saam te werk, kan die jeug en gevestigde instellings innoverende oplossings skep vir die uitdagings wat Afrika en die wêreld in die geheel in die gesig staar, en 'n blywende impak maak op gemeenskappe se gesondheid, welstand en welvaart."

Foto: Van links is Anne Githuku-Shongwe, Gideon Byamugisha en Zanele Cekiso.