肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Steek grense oor: US-winterkamp in China
Outeur: CISU
Gepubliseer: 19/02/2024

?Die China-winterkamp van 2023, 'n gesamentlike projek van die Confucius-instituut by die Universiteit Stellenbosch (CISU) en die Universiteit van Xiamen, het in Desember plaasgevind. Sestien studente en een opvoeder het dié transformerende 14 dae lange reis meegemaak.

 Die gasheer vir die kamp was die China-sentrum vir Taalonderwys en Samewerking (CLEC), wat 'n kernrol vervul om internasionale onderrig van die Chinese taal te bevorder en skakeling tussen China en die res van die wêreld te versterk. Die oorhoofse doel van die besoek was dus om die jongmense uit Suid-Afrika aan die Chinese taal en kultuur bloot te stel en hulle lus vir leer te bevredig.

 Die groep is by hulle aankoms deur die Universiteit van Xiamen se visedekaan vir Chinese Internasionale Onderwys, Gen Hu, verwelkom (sien foto hier onder).

Opvoedkundig en onvergeetlik

 Benewens Chinese taal- en kultuurlesse, het deelnemers ook die bekoring van die Minnan-kultuur van naderby ervaar. Besoeke aan Beijing sowel as die stede Xiamen en Quanzhou in die provinsie Fujian het hulle aan die Chinese koskultuur, musiek (veral die snaarinstrument guqin) en historiese geboue blootgestel. Die groep het ook die eilandjie Kulangsu en ikoniese bakens soos die Somerpaleis en Tiananmen-plein besoek. Die sneeubedekte Groot Muur van China is nóg 'n ervaring wat hulle nie gou sal vergeet nie 

Waardevolle lesse

 Die winterkamp in China was 'n transformerende reis wat die deelnemers se denke vernuwe en hulle kulturele begrip verdiep het.

 Johnne-Leigh was byvoorbeeld bekoor deur bekende toeriste-aantreklikhede soos die Verbode Stad, die Somerpaleis en die Groot Muur. Die blootstelling aan die opregte warmte van die Chinese mense het sy wanbegrip van dié nasie uit die weg geruim. Shieka was hoogs be?ndruk met sowel die Groot Muur as die doeltreffendheid van die Chinese vervoerstelsels, wat die sonderlinge kombinasie van ouwêreldse wonders en moderne vooruitgang in China onderstreep. Soos vele ander deelnemers, was Maxine de Lange betower deur die argitektuur in China en was haar persoonlike ervaring van die land aansienlik anders as die indruk wat die media by haar geskep het.

 Noudat Nina dieper kon delf in China se musiek, instrumente en kultuur het sy 'n selfs groter waardering vir die land en sy mense. Die skrille kontras tussen media-uitbeeldings en die lewendige, kleurryke Chinese werklikheid het sowel Hylton as Chelsea opgeval, en beklemtoon die waarde van die kamp om globale begrip te skep. Jessica Clarke en Maysoon het baie waarde geput uit die diverse ervarings van die kamp, en Jessica was veral be?ndruk met hoe skoon en veilig China is. Vir Kevin Syfert en Tamzin was dit opmerklik dat die media sekere aspekte van China oor die hoof sien, soos die land se omgewingsinisiatiewe en snelle vooruitgang. Nes baie van sy medekampeerders, beklemtoon Thomas laastens die Chinese se gasvryheid en die ryke kulturele leerervaring wat die kamp gebied het.

 In die geheel beskou, was die kamp 'n impakryke, transformerende ervaring en sal deelnemers graag in die toekoms méér oor China wil leer.