Waarop fokus hierdie kursus?
Hierdie kursus is daarop gemik om eerstetaalgebruikers van SASL toe te rus met die kennis en vaardighede om 'n beginnerskursus in SASL vir 'n bre?r gehoor te ontwerp, te ontwikkel en aan te bied. Dit dek kursusontwikkelingsleutelkomponente soos basiese struktuur en ontleding, onderrigmetodologie, assesseringsontwerp en die grondbeginsels van sake-Engels.
Die kursus bied ook praktiese wenke oor hoe om jou kursus doeltreffend te bemark, wat nuttige raad oor advertering en hoe om deelnemers te lok insluit.
Tydens die kursus sal ons op die volgende aspekte fokus:
Week 1: Inleiding, oorsig, tydsbestuur, assesserings, verwagtinge en aflewerbare resultate
Week 2: Kursusontwerp: verskillende tydlyne, aanbiedingsplatforms (aanlyn teenoor in lewende lywe), begroting, fakturering en bemarkingswenke
Week 3: Lesplanne, aktiwiteite en verskillende soorte hulpbronne
Week 4: Verskillende soorte assesserings en rekordhouding
Week 5: Assesseringstoets in die helfte van die kursus
Week 6: Onderrigstyle, betrokkenheid van deelnemers en professionele gedrag
Week 7: Basiese besigheidsbeginsels
Week 8: Basiese skryfvaardighede vir sake-Engels
Week 9: Formele assesseringstoets
Week 10: Diepgaande onderrig oor SASL-struktuur
Teen die einde van hierdie aanlyn tienweekkursus behoort jy in staat te wees om –
- sleutelaspekte van SASL-struktuur en -ontleding te verduidelik;
- basiese sake-Engels in 'n onderrigomgewing toe te pas;
- basiese bemarkingshulpmiddels te gebruik om jou kursus te bevorder;
- 'n beginnerskursus in SASL vir 'n bre?r gehoor te ontwerp;
- relevante kursusmateriaal en hulpbronne te ontwikkel; en
- leerders se vordering te kan moniteer en kursusuitkomste doeltreffend te kan assesseer.
Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?
Hierdie aanlyn kursus is vir jou bedoel as jy 'n Dowe SASL-gebruiker is wat graag jou kennis van die onderrig van Suid-Afrikaanse Gebaretaal wil uitbrei en jou eie kursus wil ontwikkel.
Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ? aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.
Is daar enige voorvereistes?
Deelnemers sal in oorleg met die aanbieder en kursusko?rdineerders gekeur word, gebaseer op die volgende minimumvereistes:
- ?Jy is 'n Dowe SASL-gebruiker
- Jy is 'n Suid-Afrikaanse burger
- Jy het 'n Graad 12-kwalifikasie
- Jy beskik oor matige vaardighede in geskrewe Engels
- Jy het goeie rekenaarvaardighede
- Jy is vertroud met die opstel van elektroniese dokumente
- Jy het toegang tot 'n rekenaar met 'n kamera en opnamevermo?
- Jy het 'n stabiele internetverbinding vir aanlynsessies en toegang tot leermateriaal
Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?
Ons kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.
Kursusse open voordat die eerste aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer.
Die regstreekse aanlyn sessies vind plaas van 16:30 tot 18:30 op die volgende datums:
Regstreekse aanlyn sessies (16:30 tot 18:30) | Duur van die kursus (openings- en sluitingsdatums) | Skryf in voor |
16, 18, 23, 25, 30 September 2, 7, 9, 14, 16, 21, 23, 28, 30 October 4, 6, 11, 13, 18 and 20 November | 9 September tot 28 November | 26 Augustus |
Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg bestee:
- Twee regstreekse aanlyn sessies per week van twee uur elk
- Ongeveer drie uur per week vir leeswerk, of om take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi
Wie is die aanbieder?
Ingrid Parkin is 'n doelgerigte Dowe individu wat daarna streef om praktiese resultate vir mense met gestremdhede in die onderwys-, ekonomiese en sosiale sfere te bewerkstellig. Ingrid glo dat die integrasie van mense met gestremdhede in die Suid-Afrikaanse samelewing begin by onderwys – nie net in spesiale skole nie, maar in elke skool regoor die land.
Wat kos dit?
Die kortkursusfooi is R6 900 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.
Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer die minimum aantal kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.
Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.
Enige verdere vrae?
Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.?