肆客足球

Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsings- en Internationaliseringsontwikkelin???g & -Steun (NIOS)


Tygerberg Doktorale Kantoor

Die Tygerberg Doktorale Kantoor is 'n kragbron vir PhD-studies in die Matie Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe - vanaf navorsingsvoorstel tot en met gradeplegtigheid en sukses. Die FGGW tel onder die top 150 opleidingsinstansies ter wêreld in geneeskunde en geskondheidswetenskappe, en onder die top 4 in Afrika. Ons kampus is in die skilderagtige  Tygerbergomgewing van Kaapstad, Suid-Afrika gele?. Die kantoor vervul die sekretariaat-rol van die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing; bied die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan; hanteer die eksaminering van proefskrifte in (100%) navorsingsmagistergrade; en verskaf omvangryke steun aan alle belanghebbendes by PhD-studies.?? Ons PhD-steun webblaaie bevat besonderhede oor elke stap in die doktorale proses. 'n Kort oorsig van hierdie hulpbronne is ook in brosjureformaat beskikbaar. Die spesifieke regulasies wat op doktorale studente van toepassing is, word uiteengesit in die US Jaarboek (Deel 1 - Algemeen) asook in die FGGW Fakulteitsjaarboek (Deel 12 van die SU Jaarboek). By linktr.ee/tyg_phd word ons doktorale graduandi met trots belig.

Omvangreikende steun vir alle aspekte van doktorale studies in die FGGW, vanaf formele keuring, deur die oorsig van die navorsingsvoorstel, tot en met eksaminering, word deur die Tygerberg Doktorale Kantoor gebied. Me Brigitta Kepkey verwelkom navrae by 
tyg-phd@sun.ac.za
?
.

Lees verder ?????????

Die Tygerberg Doktorale kantoor fasiliteer jaarliks die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Keuring is kompeterend en getalle word beperk. Die kursus word van 11 tot 22 Mei 2026 beplan. Rig navrae aan dr Chanelle Windvogel by 
tyg-thesis@sun.ac.za?.???????Lees verder ??????????????

Die Matie-gemeenskap baat by 'n wye  verskeidenheid van geleenthede vir akademiese, kulturele, sport-, sosiale en vaardigheidsverryking. Sien ons keur van opsies wat besonderlik geskik is om samesyn en groei binne die Tygerberg doktorale gemeenskap te bevorder.

Lees verder ?????????

KNN

Die FGGW se Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN) oorweeg alle sake rakende navorsingsmeesters- en doktorale grade namens die Fakulteitsraad.Die Tygerberg Doktorale Kantoor tree as die sekretariaat van hierdie komitee op.Skryf aan ons by ?tyg-phd@sun.ac.za?.Lees verder ?

Doktorale eksaminering kry die voorkeur-aandag van me Tamarra Adriaanse via ons toegewyde doktorale eksamenposbus by medphd@sun.ac.za. Fyner besonderhede oor die vereistes vir die verhandeling is ook beskikbaar.

Lees verder ???????????????

Dr Chanelle Windvogel ontvang navorsings-meesters tesisse vir eksaminering by tyg-thesis@sun.ac.za. Stuur 'n enkele epos met die finale proefskrif, Turnitin-verslag, vrystellingsvorm, en waar van toepassing, die merkraamwerk.?Lees verder ?

?
???Vir inligting oor PhD-studies in 'n ander US-fakulteit, besoek asseblief die blad oor 
nagraadse programme
.

Die Tygerberg Doktorale Kantoor is een van die sewe FGGW kantore vir Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS). Klik hieronder om ons organogram te bekyk.

Lees verder ??????

As die span by die Tygerberg Doktoral Kantoor, betoon ons kollegialiteit; beperk ons koolstof-voetspoor; beywer ons vir volle deelname aan US aktiwiteite deur personeel en studente wat met 'n gestremdheid saamleef; en streef ons inklusiewe onderrig na.

Lees verder ??????????