肆客足球

Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch
?
?FGGW Navorsings- & Internasionaliseringsontwikkeling & -Steun (NIOS)
?

Navorsers en studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch word uitgenooi en aangemoedig om gebruik te maak van die navorsings- en internasionaliseringsmeganismes wat deur die FGGW-afdeling vir Navorsing en Internasionalisering Ontwikkeling en Ondersteuning (NIOS) aangebied word.

NIOS werk onder leiding van prof Nico Gey van Pittius, Visedekaan: Navorsing en Internasionalisering. NIOS het ten doel om 'n vriendelike, professionele en doeltreffende diens te lewer vir die bevordering van navorsing in die FGGW. Bre? gebiede van navorsingsontwikkeling en -steun wat deur NIOS gedek word, sluit in: ontwikkeling en versterking van navorsingskapasiteit onder personeel en studente; ko?rdinering van navorsingsbefondsingsaansoeke en -toekennings van die US en nasionale en internasionale befondsingsliggame; voldoening aan regulatoriese vereistes soos die etiese goedkeuring van navorsing; en samewerking met die Kantoor vir die Bestuur van Navorsingstoekennings.

NIOS bestaan ??uit sewe kantore: die Navorsingskapasiteit-ontwikkeling en -befondsingskantoor, die Tygerberg Doktorale Kantoor, die Kliniese Assistent-Navorsingsteunkantoor, die Voorgraadse Navorsingskantoor, die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek, die Dierenavorsingseenheid, en Tygerberg Internasionaal. ?Saam bedien hierdie eenhede die navorsing, befondsing en etiekverwante behoeftes van die fakulteit se personeel, studente, en navorsingsvennote; en handhaaf nou bande met die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) van die US om 'n aantal ander navorsingsverwante kwessies aan te spreek.

Die Kantoor vir Navorsings-kapasiteitsbou en -befondsing. Die kantoor ontwikkel aktiwiteite om die navorsingskapasiteits-ontwikkeling van personeel en nagraadse studente te steun, en versprei inligting oor befondsingsgeleenthede vir gesondheidsnavorsing. Dr Tania Brodovcky bestuur die kantoor. Lees meer ?

Die Kantoor vir Gesondheids-navorsingsetiek steun US-navorsers ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing. Me Charmaine Khumalo bestuur hierdie kantoor.

Lees meer ????

Tygerberg Internasionaal bevorder uitruil; ondersteun internasionale besoekers; hanteer die registrasie van internasionale kollegas by gesondheidsberoepe liggame; en fasiliteer 'n ho?kaliber akademiese ervaring van voorgraadse tot op navorsingsvlak. Dr Nyambura Mwagiru lei hierdie portefeulje.

Lees meer ?

Die Tygerberg Doktorale Kantoor gee strategiese leiding en logistieke steun aan die FGGW se doktorale studente, promotors en programleiers, bied 'n Predoktorale Kortkursus aan, fasiliteer die eksaminering van navorsingsmagisters, en bied 'n kontakpunt aan postdoktorale genote. Dr Liela Groenewald is aan die stuur.


Lees meer ?

Die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente (KNKA). KNKA verskaf steun aan kliniese assistente binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing as deel van hulle spesialisasie- (MMed) en subspesialisasieprogram (MPhil) moet verrig. Dr Emmanuel Obasa neem die leisels. ?


Lees meer ????????

Die kantoor vir Voorgraadse Navorsing steun voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing onderneem, deur navorsingskapasiteit uit te brei, etiekbeoordelings te fasiliteer, en befondsing te verkry. Me Inge Sonn bestuur die kantoor. 


Lees meer ?