肆客足球

Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe


Komitee vir Nagraadse Navorsing

?Amptelike naam: Die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN)

Taak/doel en tipe: Die Komitee vir Nagraadse Navorsing vergader kwartaalliks om alle aangeleenthede rakende navorsingsgrade en nagraadse navorsing namens die Fakulteitsraad van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch te oorweeg, vir uiteindelike goedkeuring deur die US Senaat, die hoogste akademiese liggaam van die universiteit.

Die toekomstige vergadering- en sakelys sluitingsdatums van die KNN is as volg:

KNN datums en sperdatums, 2024

Sakelys sluit om twaalfuur / 12:00

KNN vergadering (hibried) om 2nm / 14:00

Dinsdag, 16 Januarie 2024
Donderdag, 25 Jan?uarie 2024
Maandag, 25 Maart 2024
Donderdag, 4 April 2024
Maandag, 10 Junie 2024
Donderdag, 20 Junie 2024
Dinsdag, 1 Oktober 2024
Donderdag, 10 Oktober 2024

Hierdie datums word saam met ander kerndatums ook in die FMHS almanak gepubliseer. 

  • Persoonlike bywoning is verkieslik, maar aanlyn bywoning is ook aanvaarbaar. (Meeting attendance is preferred in person, but remote attendance is also acceptable. Attendance by a transcription tool such as Otter AI is not accommodated, since members are expected to represent their departments by participating actively in deliberations and answering ad hoc questions; since the meeting is confidential with attendance limited to members; and since an official report is presented to the Faculty Board for approval.) Bywoning deur 'n transkripsie paket soos Otter AI word nie geakkommodeer nie, aangesien daar van lede verwag word om hul departement te verteenwoordig deur aktief die beraadslagings deel te neem en ad hoc vrae te beantwoord; aangesien die vergadering vertroulik is met bywoning wat tot lede beperk word; en aangesien 'n amptelike rapport vir goedkeuring deur die Fakulteitsraad voorgelê word.

  • Stuur verskonings asb teen een week voor die vergadering aan LGR@sun.ac.za.


Mandaat:

Die Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN) oorweeg navorsingsverwante sake namens die FGGW. Dit sluit in: beleid en regulasies met betrekking tot navorsing en nagraadse studie, nuwe navorsingsgrade vir insluiting in die US Jaarboek, toelating tot doktorale navorsing, onderbreking van studies, studieleiers en eksaminatorbenoemings vir navorsingsgrade, asook die aanbeveling van nagraadse navorsingsgraadresultate.

Lidmaatskap van die KNN behels die verantwoordelikheid om

  • deel te neem aan die vertroulike, kwartaallikse vergaderings van die komitee;
  • die lid se akademiese departement in te lig oor ter saaklike besluite; en om 
  • op PhD navorsingsvoorstel / protokol oorsigkomitees te dien.

Die Tygerberg Doktorale Kantoor ken KNN-verteenwoordigers aan ongeveer ses studente per inname jaar se protokol oorsigpanele toe, hoewel die paneelvoorsitter en KNN verteenwoordiger saam 'n wedersyds geskikte datum bepaal en alle ander re?lings tref. Die hooftaak van 'n KNN-verteenwoordiger op 'n doktorale oorsigpaneel is om te verseker dat die paneel korrek saamgestel is, dat die oorsigproses korrek gevolg word, dat alle lede (toereikende geleentheid ontvang om te kan) deelneem, en dat die Vorm A3 volledig voltooi word (aangesien alle velde verpligtend is). Wanneer 'n KNN-verteenwoordiger oor die nodige vakkundigheid beskik, mag hulle ook 'n volledige oorsigverslag verskaf. Die rol van ? KNN-verteenwoordiger en van ? paneelvoorsitter mag albei met dié van kundige oorvleuel, maar die rol van voorsitter mag nie met dié van KNN-verteenwoordiger oorvleuel nie.? Die hoofrede waarom KNN verteenwoordigers sentraal toegeken word, is om 'n gelykmatige werksverdeling met betrekking tot paneeldeelname, onder KNN lede te bevorder. Die werk van oorsigpanele moet effektief gefasiliteer word, sodat studente nie vertraag word nie.

Let wel: Stuur asseblief alle voorleggings vroe?r eerder as later, aangesien finale US afsnydatums soos deur die US Senaat bepaal, op ? besondere streng tydlyn tot die twee reekse gradeplegtighede per jaar bestuur word. ??