????
RIDS | Tygerberg Doktorale Kantoor
Keurgeleenthede
Keurgeleenthede
Maties het die keuse van 'n ryk verskeidenheid stimulerende akademiese en sosiale byeenkomste. Vind hieronder die besonderhede van 'n keur van geleenthede wat besonderlik aanbeveel word vir die PhD- en postdoktorale gemeenskap op Tygerberg-kampus.
|
![]() PhD Besprekings- groep |
SU-wye
gebeure
|
Spotlight-reeks
Die tweejaarlikse seminare van die Spotlight-reeks gee akademici die geleentheid om hul navorsing te koppel aan die
sleutel temas van
aktuele nasionale en internasionale gedenkdae. Ons gebruik hierdie geleentheid om gemeenskaplike mylpaaldae te herdenk en kameraderie uit te bou. Registreer asseblief vir die geleentheid sodra uitnodigings gesirkuleer word. Alhoewel die geleentheid sedert die pandemie in hibriede formaat aangebied word, word persoonlike bywoning sover moontlik verkies. Beide opsies vir bywoning vereis registrasie.
Die Spotlight-reeks word reeds vir etlike jare deur
Tygerberg Internasionaal aangebied. In 2025, werk
die Tygerberg Doktorale Kantoor trots vir die eerste keer saam aan hierdie projek.
-
Dinsdag, 27 Mei 2025, ter herdenking van Afrika-dag
Die Afrika-dag tema vir 2025 is 'Toekomstige Afrika: Innoverings, Groei, en Ontwikkeling' -
Dindsag, 2 September 2025, ter herdenking van Internasionale Vredesdag
te same met Suid Afrika se Vrouedag en Erfenisdag
Doktorale Besprekingsgroep
The FMHS Doctoral Discussion Group was founded by Prof Susan van Schalkwyk of the Department of Health Professions Education. From 2025, the group is being convened by Dr Liela Groenewald, head of the Tygerberg Doctoral Office. The group meets about once a month, from 12:30 to 13:45, and provides a platform for PhD students to reflect on the doctoral journey. Meetings will take place on the 6th floor of the Clinical Building, at the Department of Health Professions Education, Room 6054.
RSVP essentialDie FGGW Doktorale Besprekingsgroep is gestig deur prof Susan van Schalkwyk van die Departement van Gesondheidsberoepe Onderwys. Vanaf 2025 word die groep byeengeroep deur dr Liela Groenewald, hoof van die Tygerberg-doktorale kantoor. Die groep vergader ongeveer een keer per maand, van 12:30 tot 13:45, en bied 'n platform vir PhD-studente om oor die doktorale reis te besin. Vergaderings sal plaasvind op die 6de vloer van die Kliniese Gebou, by die Departement van Gesondheidsberoepe Onderwys, Kamer 6054.
RSVP noodsaaklik - teken in by hierdie skakel of skandeer die QR kode. |
![]() |
Datum | Tema | Fasiliteerder |
---|---|---|
Woensdag, 19 Februarie | Setting goals: planning for success, getting the year started | Dr Rhoda Meyer |
Dinsdag, 18 Maart | Scoping the literature, reading for success and related thoughts on using literature | Dr Rhoda Meyer |
Woensdag, 16 April |
Powerful writing: How coherence, golden threads, and conceptual frameworks can work for you | Prof Susan van Schalkwyk |
Dinsdag, 13 Mei | Doctoral attributes and your professional identity | Dr Mari?tte Volschenk |
Woensdag, 11 Junie |
Tips for becoming a successful academic writer: Getting Published Before, During, and/or After the PhD | Prof Susan van Schalkwyk |
Dinsdag, 29 Julie | TBC | |
Woensdag, 27 Augustus | TBC | |
Dinsdag, 30 September | TBC | |
Woensdag, 29 Oktober |
Taking stock: milestones, timelines, challenges and successes | Dr Rhoda Meyer |