Navorsers en studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, word genooi en aangemoedig om gebruik te maak van die navorsingsontwikkelings- en -steunmeganismes wat deur die FGGW afdeling vir Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS) gebied word. Die afdeling bestaan uit die volgende gefokusde kantore:
Die Kantoor vir Navorsings-kapasiteitsbou en -befondsing. Die kantoor ontwikkel aktiwiteite om die navorsingskapasiteits-ontwikkeling van personeel en nagraadse studente te steun, en versprei inligting oor befondsingsgeleenthede vir gesondheidsnavorsing. Dr Tania Brodovcky bestuur die kantoor. Lees meer ?
Die Kantoor vir Gesondheids-navorsingsetiek steun US-navorsers ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing. Me Charmaine Khumalo bestuur hierdie kantoor.
Lees meer ????
Tygerberg Internasionaal bevorder uitruil; ondersteun internasionale besoekers; hanteer die registrasie van internasionale kollegas by
gesondheidsberoepe liggame; en fasiliteer 'n ho?kaliber akademiese ervaring van voorgraadse tot op navorsingsvlak. Dr Nyambura Mwagiru lei hierdie portefeulje.
Die Tygerberg Doktorale Kantoor gee strategiese leiding en logistieke steun aan die FGGW se doktorale studente, promotors en programleiers, bied 'n Predoktorale Kortkursus aan, fasiliteer die eksaminering van navorsingsmagisters, en bied 'n kontakpunt aan postdoktorale genote. Dr Liela Groenewald is aan die stuur.
Die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente (KNKA). KNKA verskaf steun aan kliniese assistente binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing as deel van hulle spesialisasie- (MMed) en subspesialisasieprogram (MPhil) moet verrig. Dr Emmanuel Obasa neem die leisels. ?
Die kantoor vir Voorgraadse Navorsing steun voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing onderneem, deur navorsingskapasiteit uit te brei, etiekbeoordelings te fasiliteer, en befondsing te verkry. Me Inge Sonn bestuur die kantoor.