肆客足球

Doctoral Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

?

NIOS???  |  Tygerberg Doktorale Kantoor?

PhD Aansoeke

Baie dankie vir jou belangstelling daarin om vir 'n PhD-program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan Stellenbosch Universiteit aansoek te doen. Ons kampus is in die skilderagtige Tygerberg-omgewing van Kaapstad, Suid-Afrika, gele?, en huisves 'n baanbreker nuwe Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI). Die fakulteit tel onder die top 175 mediese en gesondheid onderriginstansies ter wêreld (Times Higher Education rankings 2024) – 'n versterking van ons top 200 posisie in 2022). Kandidate vanoor Suid-Afrika en die wêreld ding mee vir die beperkte aantal plekke in ons PhD-programme. Inligting oor die basiese vereistes vir toelating tot een van ons bykans vyftig doktorale programme word vervat in die Fakulteit se jaarboek, by hierdie skakel. 

Arial photo of Tygerberg campus featuring Table MountainFoto: Riaan Huysamen @SuperDroneGuy #SkyPixels.co.za

Alle studente wat tot die PhD-program toetre?,  word verwag om binne 6 tot 9 maande 'n navorsingsvoorstel aan die betrokke oorsigproses voor te lê; om binne 'n verdere 3 maande die etiek aansoekproses af te handel; en wanneer goedkeuring eers ontvang is, om die volle PhD-verhandeling binne 'n verdere twee tot drie jaar te voltooi. Die program is veeleisend, maar kan ook op 'n deeltydse basis aangepak word (een jaar vir die oorsigproses, ses maande vir die etiekproses, en 'n verdere drie jaar om die navorsing te voltooi). Die gros van hierdie werk sal die student se eie, onafhanklike verantwoordelikheid wees. Die vereiste kontaktyd sal grootliks deur die toegekende promotors bepaal word.

'n Promotor sal eers toegeken word nadat 'n student se formele aansoek tot die PhD-program aanvaar is. Nogtans mag die kanse op keuring verbeter indien 'n moontlike promotor vooraf gekontak is om 'n gesprek oor moontlike oorvleuelende navorsingsbelangstellings aan te roer. Blaai gerus deur die US Navorserprofiele of die senior personeel van die spesifieke akademiese omgewing waarin die betrokke program val, om iemand te identifiseer wat in die toepaslike navorsingsveld werk. Moet egter nie nalaat om 'n aanlyn aansoek op SunStudent (in jou Chrome blaaier) in te dien nie, aangesien vertragings met hierdie stap op 'n latere stadium struikelblokke mag veroorsaak.

Berei asb. die volgende voor om met ‘n aansoek te kan voortgaan:

  1. 'n Konsep Navorsingstelling van 2 tot 3 bladsye, wat aansluit by US & FGGW navorsingsprioriteite
  2. Gesertifiseerde kopi?e van die graadsertifikate en volle akademiese rekords (vir alle vorige kwalifikasies)
  3. Onlangse CV van die aansoeker met 1-bladsy motivering ingesluit as dekbrief
  4. In die meeste gevalle, bevestiging van 'n interne promotor se gewilligheid om die studieleiding aan te bied
  5. Genoegsame fondse vir die aansoek en studentegelde
  6. Indien van toepassing, bevestiging van 'n beurs of toekenning
  7. Lees die agtergrondinligting by www.maties.com?
Na afloop van die stappe hierbo, en ‘n aanvanklike verifikasieproses, word aansoeke van internasionale studente aan die Nagraadse Kantoor gestuur vir die sertifisering van kwalifikasies, terwyl aansoeke van Suid-Afrikaanse studente aan die akademiese departement gestuur word vir formele keuring. Eers nadat jou akademiese departement jou formeel gekeur het, sal jy 'n skriftelike aanbod van plasing in 'n akademiese program van die Universiteit Stellenbosch (registrateursafdeling) ontvang.

Aansoeke is heeljaar welkom. Die optimale tydsberekening is om tussen Julie en Oktober van die vorige jaar aansoek te doen vir die volgende akademiese jaar wat in Januarie begin.

Sodra ‘n departement 'n student aanvaar vir doktorale studies, moet die student die Tygerberg Doktorale Kantoor op tyg-phd@sun.ac.za? kontak. Hierdie kantoor moet op hoogte gehou word van alle verwikkelinge, deur die loop van die volledige doktorale loopbaan. 

?Omskakelings: In uitsonderlike gevalle kan 'n promotor 'n navorsingsmeestersgraadstudent wie se tesis reeds die omvang van meestersvlakwerk oorskry, met die ondersteuning van die akademiese omgewing en departementshoof aanbeveel vir 'n omskakeling. 'n Student word nie toegelaat om onafhanklik vir hierdie opsie aansoek te doen nie. Die formele vereistes vir sulke omskakelings word by hierdie skakel? in die Jaarboek gedek. Die departement sal die Vorm A4 Aansoek om Omskakeling? moet voltooi en die FGGW-aansoekproses wat in hierdie dokument beskryf ?word (insluitend 'n eksterne paneellid in die hersiening) moet volg. Die volledige stel dokumente moet die Tygerberg Doktorale Kantoor (tyg-phd@sun.ac.za?) voor die laaste KNN-agendasluitingsdatum? van die vorige akademiese jaar, bereik.


Jou promotor/s sal 'n sleutelrol in jou sukses speel. Dit is belangrik om dadelik 'n positiewe verhouding te vestig en gereeld die promotor se terugvoer oor jou geskrewe werk vra. Die mees dringende mylpaal ná keuring is die navorsingsprotokol, wat binne ses maande, onder leiding van die promotor, vir voorlegging aan 'n oorsigpaneel, ontwikkel word.

Volg gerus op met me Tammy Swartz (medphd@sun.ac.za?) oor enige verdere inligting wat dalk kan help. Indien jy moontlike befondsingsgeleenthede wil ondersoek, besoek asseblief ons Nagraadse Befondsing-bladsy, by hierdie skakel?, of die webblad van Navorsingsontwikkeling en -Steun, by hierdie skakel?.

Klik intussen op die videoskakel hieronder vir 'n inleiding tot ons kampus en fakulteit, met ons merkwaardige dekaan.

 

Beste wense vir jou aansoek!????????