肆客足球

Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

?Ons Korporatiewe Identiteit

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se standaard- korporatiewe identiteit is in ooreenstemming met Universiteit Stellenbosch se korporatiewe handelsmerkidentiteit. Ons handelsmerkstrategie is gegrond op US se Visie 2040 en sy splinternuwe posisioneringstrategie. Vir hierdie doel word US en FGGW se visuele identiteit en handelsmerkposisioneringstrategie duidelik en doeltreffend ge?mplementeer vir ‘n gunstige handelsmerkervaring onder personeellede, studente, bedrywe, akademiese en regeringsvennote asook voornemende studente – plaaslik, kontinentaal (Afrika) en internasionaal.

Die FGGW se hulpmiddels verskaf ‘n inleiding, gebruiksriglyne en toegang tot die belangrikste hulpbronprofielvorms. Besoek die FGGW se bemarkings- en kommunikasie-inhoudswebwerf om FGGW en US-verwante bemarkingsmateriaal af te laai.
 
 

HANDELSMERK-ONDERSTEUNING

Die Fakulteit se Bemarkings- en Kommunikasie-afdeling is beskikbaar indien u leiding nodig het. Ons adviseer studente en personeellede (asook eksterne entiteite wat namens die Universiteit Stellenbosch werk) oor waar en hoe die visuele identiteit gebruik word. Dit sluit in die ontwerp van bemarkingsmateriaal waar die Universiteit Stellenbosch se logo of visuele identiteit vir byvoorbeeld t-hemde, lêers, baniere, korporatiewe geskenke, algemene geleenthede, programme en voorleggings gebruik word.

Kontak Florence de Vries by florenced@sun.ac.za asseblief voordat u met die ontwerp van enige bemarkingsmateriaal begin.  


ALGEMENE BEMARKINGSONDERSTEUNING

Klik hier?? om die universiteit se handelsmerkhandleiding af te laai. Stuur asb.n e-pos aan tygermar@sun.ac.za indien jy algemene navrae het oor bemarking en kommunikasie,

 

AKADEMIESE DRAG 

Daar word van studente by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe verwag om akademiese drag (soos bv.spesiale higi?niese kleredrag/scrubs) volgens hul akademiese programme te dra. Die dra van hierdie klere en ander akademiese drag word gereguleer deur die Fakulteit se klere-handleiding. Klik hier?.??



Kontak ons

  • Vir alle korporatiewe handelsmerkverwante navrae, kontak asseblief Florence de Vries by florenced@sun.ac.za of 021 938 9505.?????