肆客足球

Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Besigheidsbestuur

Die Afdeling Besigheidsbestuur behartig die doeltreffende sakebestuur van die Fakulteit ooreenkomstig algemene bestuursbeginsels. In samewerking met funksionele steundienste, is die Afdeling verantwoordelik vir doeltreffende bedryfsdienslewering aan die Fakulteit se personeel, studente en ander kli?nte.

Die Afdeling funksioneer binne die raamwerk van bestaande Fakulteitsbeleid ten einde die sakebestuurslas op die Dekaan, adjunkdekane en departemente te verlig. In oorleg met die hoofde van sentrale steundienste en hul personeel, is die Afdeling verantwoordelik vir die voortgesette verbetering van die gehalte van steundienste aan en in die Fakulteit.

 

Besigheidsbestuur

Die Afdeling is verantwoordelik vir:

  • die ontwikkeling en sluiting van diensleweringsooreenkomste met steundienste op die hoofkampus;
  • die versekering van doeltreffende en doelmatige dienslewering op Fakulteitsvlak wat betref akademiese administrasie, menslike hulpbronne, finansies, fasiliteitsbestuur, inligtingstegnologie en biblioteekdienste;
  • die versekering van goeie kommunikasie en samewerking tussen administratiewe amptenare by die Fakulteit en dié op die hoofkampus;
  • die versekering dat bestuursinligting goed geko?rdineer word en bestuursbesluitneming ondersteun; en
  • bystand met strategieformulering en -inwerkingstelling, bedryfsprosesse, kli?nte-responsiwiteit en bestuursdoeltreffendheid.

 

Finansi?le bestuur

Dít behels:

  • die opstel van 'n lopende finansi?le plan ter ondersteuning van die Fakulteit se sakeplan;
  • die versekering dat die finansi?le plan uitgevoer word;
  • die ontwikkeling van 'n stel beginsels vir die toewysing van Fakulteitsgeld aan departemente;
  • ko?rdinering van die opstel van die jaarlikse Fakulteitsbegroting;
  • ondersteuning van Fakulteitsbestuur in die uitoefening van begrotingsbeheer om te verseker dat besteding nie die begroting oorskry nie;
  • die bekostiging van nuwe voorstelle, soos nuwe programme;
  • ondersteuning vir die skep van derdestroom-inkomste;
  • bestuur van die toewysing van geld aan kostepunte ooreenkomstig Universiteits- en Fakulteitsbeleid, om te verseker dat strategiese doelwitte bereik word;
  • die opstel van verslae wat die status van departemente in die Fakulteit weerspie?l; en
  • skakeling met die Uitvoerende Direkteur: Finansies en