肆客足球

Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studente

Gegradueerdes in die Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is nasionaal en internasionaal bekend vir hulle etiese gesindheid, kultuur van omgee en ho?kwaliteitgesondheidsorg aan hulle kli?nte, pasi?nte en gemeenskappe.

Die Fakulteit se strewe dat die samestelling van die studente ’n weerspie?ling van die demografiese profiel van die land sal wees, maak van hierdie kampus ’n ware multikulturele tuiste. Die kampus bied ’n taalvriendelike omgewing wat verskillende taalgroepe akkommodeer.

Toegang tot voorgraadse programme in die Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is onderworpe aan ? gestruktureerde keuringsproses. Studentegetalle in die Gesondheidswetenskappe word beperk deur regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe; die gesondheidsdienste en die universiteit se beskikbare infrastruktuur en begroting; asook die ho? eise van die programme, wat gewoonlik net suksesvol deurloop word deur kandidate wat bogemiddeld op skool presteer het.