肆客足球

Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Versterking van gesondheidstelsels oor Afrika en Asi? heen

Die Fakulteit neem deel aan ARCADE, 'n inisiatief vir beter navorsing oor gesondheidsdienste en -stelsels in Afrika, welke projek deur die Europese Unie gefinansier word. Dit word deur die Karolinska-instituut in Swede geko?rdineer, en die US en Makerere-universiteit in Uganda dien as basisinstellings in Afrika. Die drie instellings het memoranda van verstandhouding onderteken om gesamentlike PhD-grade in Gesondheidswetenskappe aan te bied.

ARCADE gebruik innoverende opvoedkundige tegnologie om samewerkende nagraadse opleiding in gesondheidsnavorsing oor Afrika en Asi? heen te versterk. Met die klem op doktorale en nadoktorale opleiding, ontwikkel die vennootinstellings innoverende aanlynkursusse, modules van gemengde leer sowel as gesamentlike programme, wat dit moontlik maak om navorsers in lae- en middelinkomstelande op te lei wat dalk nie andersins toegang tot sulke materiaal sou hê nie.

'n Multidissiplinêre span van die US is betrokke by die ontwikkeling van die gesamentlike PhD-program. Ander vennote sluit in die Instituut van Ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Sussex, die Universiteit van Malawi, Muhimbili-universiteit in Tanzani?, en die Noorweegse Kennisinstituut vir Gesondheidsdienste.

Die US het ook deelgeneem aan die suksesvolle voorlegging van 'n soortgelyke samewerkingsvoorstel vir 'n ARCADE-projek in Asi?, wat sal konsentreer op opleiding in navorsing oor die sosiale faktore wat gesondheid bepaal.

ARCADE Asi? staan onder leiding van die Tanjing Mediese Opleidingskool in die Volksrepubliek China, en het in November 2011 'n aanvang geneem.

?