肆客足球

Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

?????????????????????????????Nominasies deur die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch vir die verkiesing van ’n Raadslid vir ’n vierjaartermyn??Untitled-1.jpg

?Ingevolge klousule 6(k) and 8(5) van die US Statuut, word lede van die Konvokasie hiermee versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van 'n lid van die Konvokasie om vir ’n vierjaartermyn (1 Oktober 2024 – 30 September 2028) in die US Raad te dien, nadat Mnr Willie Liebenberg uit die Raad bedank het. ?

Ingevolge klousule 7 van die US Statuut?, geld die volgende vereistes:
? 'n Kandidaat moet ? persoon met kennis en ervaring relevant tot die doelwitte en oorsigbestuur van die Universiteit wees;
? Kandidate mag nie reeds in ? ander hoedanigheid in die Raad dien nie;
? Kandidate mag nog nie 70 jaar oud of ouer wees op 1 Oktober 2024 waarop die termyn begin nie;
? Kandidate mag nie werknemers van, of studente aan die Universiteit wees nie; en
? Geen kandidaat mag lid van die Raad van 'n ander ho?ronderwysi?nstelling wees, of van die permanente uitvoerende bestuur op die vlak van, of ekwivalent aan, 'n dekaan of ho?r, nie. ?

Die onus is op die voorsteller, sekondante en genomineerdes om te verseker dat die nominasies geldig is en belyn is met die US Statuut en die Institutionele Re?ls: Konvokasie en dat behoorlike oorweging geskenk word aan verteenwoordiging met inagneming van ras, gender en gestremdheid. ?Sien ook die Prosedure om Konvokasielede te nomineer, te verkies en aan te wys om in die Raad en die Institusionele Forum te dien

Vind die nominasievorms hieronde:

?Nominasies open op 25 Julie 2024 om 08:00 (SAST) vir 30 (dertig) dae, en sluit op 25 Augustus 2024 om 23:59 (SAST).  Korrek voltooide nominasievorms moet die aangewese e-posadres hieronder voor 23:59 (SAST) op die sluitingsdatum bereik. Geen nominasies wat ons ná die sluitingsdatum en tyd bereik sal aanvaar word nie. 

Neem asseblief ook kennis dat ons nie verdere kennisgewings gaan uitreik om lede te herinner om nominasies in te dien nie en dat die re?ls nougeset toegepas sal word. 
 
'n Lid moet deur een (1) voorsteller genomineer word en vier (4) ander lede moet die nominasie sekondeer. Die nominasie moet vergesel word van (i) 'n verklaring deur die genomineerde dat hulle die nominasie aanvaar en die verkiesingsre?ls sal nakom, en (ii) 'n visiestelling deur die genomineerde van maksimum 100 woorde. Die nominasie kan ook 'n CV (opsioneel) insluit. 
  
Die korrek voltooide nominasievorm moet verkiesings@sun.ac.za vóór of op die sluitingsdatum per e-pos bereik. Vir enige navrae of bystand, e-pos asb vroegtydig dieselfde e-posadres hierbo genoem. 

Volgens klousule 47(1) van die Statuut (2019) is alle persone aan wie 'n kwalifikasie by 'n kongregasie van die Universiteit toegeken is, alle voltydse akademiese personeel van die Universiteit, alle voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het, lede van die Konvokasie en mag hulle genomineer word om in die US Raad te dien, mits hulle aan die vereistes in klousule 7 van die Statuut voldoen. Konvokasielede soos gelys kan ook as voorsteller optree of 'n nominasie sekondeer.

Dr Ronel Retief
Registrateur
Universiteit Stellenbosch
21 Julie 2024 ?