肆客足球

Institutional Forum
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Samestelling

???Die samestelling van die IF is in die US se Statuut? soos volg uiteengesit: 


Par 29. (1) Die IF bestaan uit 23 lede uit elk van die volgende groeperinge: beheer- en bestuursektor, personeelsektor, studentesektor en gemeenskapsektor.

(2) Hierdie verteenwoordiging sien soos volg daar uit:

(a) Beheer- en bestuursektor:

(i) Een persoon uit eie geledere deur die Raad verkies;

(ii) Twee persone uit eie geledere deur die Senaat verkies;

(iii) Die Registrateur of 'n persoon deur hom of haar aangewys;

(iv) Die Senior Direkteur verantwoordelik vir gemeenskapsverhoudinge of 'n persoon deur die senior direkteur aangewys; en

(v) Die Direkteur wat verantwoordelik is vir diensbillikheid of 'n persoon deur die direkteur aangewys.

(b) Personeelsektor:

(i) Twee persone uit eie geledere deur die permanente nie-professorale akademiese personeel verkies;

(ii) Twee persone uit eie geledere deur die professionele en administratiewe steundienspersoneel verkies;

(iii) Een persoon uit eie geledere deur die tegniese ondersteuningspersoneel verkies?; en

(iv) Een persoon uit eie geledere deur die dienspersoneel op posvlakke 14 tot 19, uitgesluit professionele en administratiewe steundienspersoneel en tegniese ondersteuningspersoneel?, verkies.

(c) Studentesektor:

(i) Twee persone uit eie geledere deur die Studenteraad (SR) verkies;

(ii) Een persoon uit eie geledere?? deur die Tygerberg SR verkies;?

(iii) Een persoon uit eie geledere? deur die Primkomitee verkies?;

(iv) Een persoon uit eie geledere?? deur die Studenteverenigingsraad verkies;? en

(v) Een persoon uit eie geledere?? deur die Akademiese Belangeraad (ABR) verkies?.

(d) Gemeenskapsektor:

(i) Een persoon uit eie geledere deur die Konvokasie verkies, wat nie 'n werknemer of student van die Universiteit is nie; en

(ii) Vier persone, wat nie werknemers van die Universiteit? is nie, onderskeidelik aangewys deur verteenwoordigende liggame van die burgerlike samelewing, soos van tyd tot tyd deur die IF in samewerking met die Senior Direkteur verantwoordelik vir gemeenskapsverhoudinge, ?ge?dentifiseer.