?????????? | Bestuur van die US Strategiese Fonds |
? |
Die US Strategiese Fonds fokus op inisiatiewe wat direk belyn is met die visie, missie en kern strategiese temas van die Universiteit, soos vervat in Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024. Die toekenning van fondse geskied ten opsigte van die ses kern strategiese temas van die Universiteit en die gepaardgaande institusionele doelwitte. Beide die Strategiese Fonds se sekretariaat en prosesbestuurder is in die Strategiese Inisiatiewe Afdeling gesetel. Sodoende neem die afdeling verantwoordelikheid vir die bestuur en administrasie van die Fonds en ondersteun die Universiteit se bestuur in die belyning van strategiese befondsing met die Universiteit se strategiese doelwitte. |
2024-Tydlyn (word tans hersien)
1. | 17 April 2024, 13:00 | Dien Kategorie A- en B-aansoeke (Ronde 1) asook Kategorie C-aansoeke in |
2. | 22 April - 8 Mei 2024 | Die graderingspaneel evalueer die aansoeke |
3. | 22 Mei 2024 | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter Kategorie A- en B-aansoeke gaan deur na Ronde 2, en watter Kategorie-C aansoeke word goedgekeur |
4. | 29 Julie 2024, 13:00 | Dien Kategorie A- en B-aansoeke (Ronde 2) asook nuwe Kategorie C-aansoeke in |
5. | 1 - 23 Augustus 2024 | Die graderingspaneel evalueer die aansoeke |
6. | 2 September 2024 | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter projekte befonds word (Kategorie A, B en C) |
Belangrike Strategiese Fondsdokumentasie
Strategiese Fonds-kategorie |
Raadpleeg die
Strategiese Fondsregulasie op SunRekords (Klik op die woord "regulasie" hieronder, of op die betrokke bylae om die dokument oop te maak) | Dekbladsytemplate | |||
Ronde 1 | Ronde 2 | ||||
A | Regulasie | + | Bylae A | Klik hier |
Klik hier |
B | Regulasie | + | Bylae B | Klik hier |
Klik hier? |
C.1.1 | Regulasie | + | Bylae C | Klik hier |
Klik hier |
C.1.2 | Regulasie | + | Bylae D | Klik hier | N.v.T |
C.2 |
Regulasie? | + | Bylae E | Klik hier | N.v.T |
Kontakpersoon: Mnr Martin de Abreu??
Bestuur van die US Strategiese Fonds