STELSELS & PROSESSE |
Befondsing wat gerig is op die skepping, instandhouding of opgradering van stelsels of prosesse, regoor die groter institusionele ruimte. Stelsels is 'n versameling elemente of komponente wat vir 'n gemeenskaplike doelwit of doelstelling georganiseer word. Prosesse is 'n stel progressiewe en interafhanklike stappe waarvolgens 'n eindpunt bereik word; 'n bepaalde volgorde van die stappe en 'n metode om werksaamhede regoor die institusionele ruimte of binne spesifieke komponente daarin uit te voer. |
UITBREIDING, BEWUSTHEID & KAPASITEITSBOU |
Befondsing wat gerig is op aktiwiteite, programme of aksies wat lei tot uitbreiding, bewustheid of kapasiteitsbou, regoor die groter institusionele ruimte of binne spesifieke komponente daarin. Uitbreiding behels die aksie om die grootte, getal of belang van iets uit te brei of te vergroot. Bewustheid behels 'n bre?r of beter begrip van 'n situasie, onderwerp, stelsel, proses, mandaat, ens. Kapasiteitsbou kan omskryf word as die proses waardeur die vaardighede, instinkte, vermo?ns, prosesse en hulpbronne wat die instelling en/of spesifieke komponente daarbinne in 'n snelveranderende wêreld nodig het om te oorleef, aan te pas en te floreer, ontwikkel en versterk word. |
NUWE AKADEMIESE PROGRAMME EN VERWANTE SAKE |
Nuwe akademiese programme verwys na programme, planne, prosedures en stelsels met betrekking tot die opvoedkundige onderrig en opleiding wat óf in persoon, aanlyn of via hibriede programme regoor die bre? institusionele ruimte gelewer word. |
NAVORSING, SENTRUMS, INSTITUTE EN SKOLE (SIS) EN VERWANTE SAKE |
Navorsing verwys na die stelselmatige ondersoek na en studie van materiaal, bronne, inligting en kennis om feite te bepaal, nuwe gevolgtrekkings te maak en tot die algehele kennisbank by te dra. SIS word omskryf in die Universiteit Stellenbosch se re?ls oor akademiese entiteite binne en parallel met departemente en fakulteite. |
INFRASTRUKTUUR & TOERUSTING |
Infrastruktuur: Die hoofdoel van die befondsing hou regstreeks verband met die oprigting, konstruksie, opknapping en uitrusting van fisiese ruimtes en fasiliteite wat vir die bedryf van die omgewing of instelling benodig word. Toerusting: Die hoofdoel van die befondsing hou regstreeks verband met die aankoop, opgradering of vervanging van 'n tasbare item(s) wat vir 'n bepaalde doel beoog word of wat 'n operasionele noodsaaklikheid is om 'n spesifieke doelwit(te) te bereik of 'n taak (take) uit te voer. |
KOMMERSIALISERING / ENTREPRENEURSKAP |
Kommersialisering is die proses waardeur iets hoofsaaklik of gedeeltelik vir finansi?le wins bestuur of beheer word. Dit is die proses om nuwe produkte of dienste na die mark te bring, intern of ekstern tot die institusionele ruimte. Entrepreneuriese aktiwiteit word gekenmerk deur berekende finansi?le risiko's wat met 'n winsoogmerk geneem word. Dit is die proses om 'n nuwe besigheid te ontwikkel, organiseer en beheer om 'n wins te maak, hoewel 'n finansi?le risiko geneem word. Entrepreneuriese aktiwiteite kan oor die langtermyn tot volwaardige kommersialiseringsaktiwiteite lei. |